Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Ontstaan en verklaring van die Griekse gode-name

90 "Sodat jy weet waar jou gode vandaan kom, en waarom hulle op sigself glad niks voorstel nie, sê ek vir jou in die Naam van die Heer, wat hier te midde van ons is, dat dit nou slegs leë, en vir julle betekenislose name is. Hier dui hulle egter op kenmerkende eienskappe van die Een, alleen ware God, wie se Gees tans in al Sy rykdom heers in hierdie Heer wat nou voor julle staan.

[2] 'Ceus' is die aanduiding wat, ten tye van die aartsvaders, altyd vir `n gegewe wet gebruik was wat afkomstig was van die gees van God wat in die harte van die vaders binnegestroom het en beteken soveel soos: 'Die Vader wil dit!' Want met 'Ce', ook wel 'Ze', dui mens die begrip aan van die vaste, onwrikbare wil, en met 'us', of liewer 'uoz' of 'ouza', die begrip van die altyd skeppende en alles regerende Vader in die hemel.

[3] 'Jupiter', of liewer 'Je u pitar' is ook so `n begrip, waarmee die ou vadere vir die nageslag `n ooreenkomstige houer uitgebeeld het ter opname van die liefde en die wysheid van God. Want 'Je u pitar' beteken soveel soos: die 'u', die teken wat die lyn skets van die omtrek van `n oop hart, is die ware lewenskelk. Want 'pit' beteken drink, 'pitas' is iemand wat drink, en 'pitar', ook wel 'pitara', `n heilige houer om uit te drink, en 'pitza', ook wel 'piutza' `n gewone drinkglas.

[4] Soos wat julle Ceus of Jeupitar maar net `n naam sonder betekenis vir julle is omdat julle geen kennis het van die oorspronklike betekenis van hierdie benaming nie, ewe-so en dikwels eintlik nog niksseggender en sodoende nog meer betekenisloos, is die leë name van al julle ander gode en godinne.

[5] Byvoorbeeld julle Venus of Aphrodite, wat by julle `n godin van die vroulike skoonheid is, dui volgens die baie betekenisvolle begrippe van die ou vadere wel op `n baie mooi vrouepersoon, maar dit was bepaald nie in haar geestelike voordeel nie. Want die ervaring het ook die oudstes al geleer dat, op enkele uitsonderinge na, `n baie mooi vrou meestal dom is en wat kennis betref nie baie besit het nie, omdat sy ydel is en altyd besig is met die bewondering van haar eie skoonheid en daarom weinig tyd vind om ander nuttige kennis te verwerf. Daarom het die ou vaders so `n vroulike skoonheid `n egte 'Ve-nuz' genoem, ook wel 'Ve-niz', wat so ongeveer beteken: 'Sy weet niks!' of 'Sy ken niks!'

[6] Die uitdrukking 'A-v-rodite' betekende byna dieselfde. As êrens 'O-v-rodite' staan, dan beteken dit soveel soos: die reine, goddelike wysheid baar, en 'slou rodit': die menslike wysheid baar. A-v-rodit beteken egter: die aardse domheid baar en 'Avrodite' beteken dan so iets soos `n mooi, opgesmukte vrou, wat altyd domhede baar, omdat sy meestal self dom is.

[7] 'V' was by die oudstes altyd die teken vir `n vat. As daar nou `n heilige 'O' voor die 'V' staan, waarby hierdie 'O' die omtrek van die son en ooreenkomstig dan ook God in Sy oerlig voorstel, dan beteken die 'V' die opname van die lig van die wysheid. Staan daar egter `n 'A', waarmee die oudstes alles wat geheel en al aards was aangee, voor die 'V', dan beteken hierdie vatteken die opname van die nuttelose, aardse domheid. 'Rodit' beteken egter: baar, en 'A-v-rodit' beteken dus niks anders as: die domheid baar.

[8] Sê my eers of die eintlike wese van jou gode nie nou vir jou langsamerhand begin duidelik word nie?!"

[9] Die gesigte van Ouran en Helena begin baie opklaar en Helena het nou geen angs meer in haar liefde vir My nie.

[10] Toe sê Ouran vir Mathael: "Vriend! Jou wysheid is groot! Want wat jy nou met so min woorde by my teweeggebring het, sou aan alle skole van Egipte, Griekeland en Persië in geen honderd jaar geluk het nie! Jy het nou met één veeg alle gode van Egipte, Griekeland en Persië uitgewis, behalwe die een, onbekende God, wat ek egter, soos dit vir my nou steeds duideliker word, hier gevind het en hopelik nog altyd meer en meer sal vind. Kortom, jy is vir my nou `n man wat met geen goud te betaal is nie! Voorlopig dank ek jou as mens en vriend uit my hele hart - al die ander sal nog volg." - Ook Helena dank Mathael vir hierdie wyse les.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205