|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 136
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Markus kla die owerste van die fariseërs aan
136 Cyrenius was natuurlik nie op so `n reaksie bedag nie, en het skielik nie geweet wat hy die owerste moes antwoord nie. Daarom roep hy vir Mathael en sê halfluid aan hom: "Spreek jy nou maar verder, want ek is al aan die einde van my Latyn! Hierdie kêrels het meer pyle in hul boog as wat ek my aanvanklik voorgestel het!"
[2] Mathael sê: "Geëerde vriend! Ons sal dit nog moeilik kry. Want om te bewys wat hulle gedoen het, sou, as die omstandighede hom daartoe verleen het, `n moeilike taak gewees het. Ook al sou hulle, wat ek nie wil ontken nie, heimlik die slegste bedoelinge gehad het, dan het hulle tog geen poging aangewend om dit uit te voer nie. Dan is daar egter ook geen strafbare uitvoering van die bose bedoeling, wat hulle wel, maar ook moontlik gladnie kon doen nie? Watter gedagtes kan `n mensehart nie alles koester as dit van alle kante onder druk gesit word nie?!
[3] Wanneer daar `n storm in die hart woed, is geen mens maklik in staat om sy vinnig wisselende gedagtes, wat soos stormwolke dreigend jaag, te beheers nie. En as die storm na verloop van tyd in die hart gestil is, herinner die rustig geworde mens hom selde nog presies wat daar alles tydens die storm van sy hartstogte in hom opgekom het. Daar kan wel baie verdoemenis by gewees het, maar selfs ek sou myself moes afvra watter God dit sal wil veroordeel?! As hulle werklik ortodoks gelowige mense is, en die vrees van die volk om één en dieselfde rede gedeel het, en dit is iets wat ons net so lank moet aanneem totdat ons die teendeel kan bewys, dan moet hul versoek ingewillig word. Vooropgestel, dat die inwillig van sulke versoeke in sulke buitengewone gevalle, as daar een is, deur die keiser voorgeskryf is! Ons kan hier slegs oor die feite `n oordeel vorm, solank ons niks standhoudend daarteen kan inbring nie. Wat ons daaroor dink, kan egter nooit as `n teenbewys dien nie, en al sou ons die hele stad heimlik afluister, dan sal ons daarna ook nie meer weet as wat ons nou weet nie."
[4] Mathael fluister dit ietwat harop aan Cyrenius, en daarop sê Cyrenius aan My, terwyl hy homself agter sy oor krap: "En wat is U mening?"
[5] Ek sê: "Dit is nog nie My tyd nie, bespreek julle dit dus net met mekaar en met hulle. Betrek die ou Markus egter ook daarby. Hy en sy seuns ken hulle beter as julle! Ebahl uit Genesáret ken hulle ook, en Julius weet ook taamlik baie van hulle. Laat hulle roep, dan sal jy dadelik `n ander verhaal hoor!"
[6] Cyrenius laat onmiddellik vir Julius haal, wat ondertussen met Ebahl bergop na die soldate gegaan het om die brand gade te slaan, wat nog altyd baie hewig gewoed het. Die twee kom dadelik, asook die ou Markus. Toe almal wat geroep is, aanwesig was, beskryf Cyrenius hul kortliks die versoek van die ortodokse fariseërs, en lê die toespraak van hul owerste voor, asook dit wat die owerste as onweerlegbare bewys na vore gebring het.
[7] Toe Markus dit hoor, verwonder hy hom baie oor die enorme brutaliteit van die owerste en sê vir hom: "Jy opperfariseeër, wat jou so goudeerlik en ortodoksvroom voordoen! Jy het nou, teen my reeds lank gekoesterde verwagting in, as geroepene in my groot net ingekom! Dink eers terug aan minder as drie jaar gelede, hoeveel moeite jy toe gedoen het om my na jou geloof te swaai! Jy het selfs gevind dat vir my, `n oumens, die altyd ietwat vervelende en ook pynlike besnydenis nie nodig was nie. As ek my maar net met my huis laat inskryf het by jou geloof, was alles heeltemal in orde! Jy het my baie voordele in die sakelewe beloof toe ek as beswaar opper, dat ek `n gewetensvolle man was, en die godsdiens van my vaders nie graag verruil vir `n ander, waarvan ek die grondreëls heeltemal te min ken, en nie weet watter nuwe verpligtinge dit my op sou lê nie. Ek het jou baie openlik gesê dat ek weliswaar nie heeltemal daarteen was om my gebrekkige godsdiens te ruil vir `n beter een nie, maar dat ek eers heeltemal ingewy sou moet wees in die kern van die nuwe geloof.
[8] Toe sê jy egter dat dit gladnie by jou godsdiens nodig was nie. Elke geloof was tog niks anders as `n wiegfilosofie vir die kinders nie, wat ook vanweë die kinders in stand gehou moes word. As `n man eenmaal sy ontwikkelde verstand het, dan het hy geen behoefte meer aan `n wiegfilosofie nie, en hou hy hom maar net uiterlik daaraan, terwille van die kinders. `n Mens sou hom `n blinde dwaas moet noem as hy hom in alle erns daaraan sou hou! `n Man soos ek sou tog ook wel kan beoordeel of dit nie verstandiger was om uiterlik `n aanhanger te wees van `n godsdiens, wat iemand die minste hindernisse in die sakelewe sou oplewer.
[9] Ek het daarop ingegaan en het my saam met my hele huis laat oorskryf na jou godsdiens. Maar spoedig daarna word my oë wyd geopen, toe ek gou deur julle veroordeel word tot die betaal van allerlei onaangename belastings, en toe begin ek beter in te sien watter ellendige ruil ek gedoen het deur jou geloof aan te neem.
[10] Van alles moes ek julle die tiende, en van alle vrugte die eerstelinge gee. Ek het wel beswaar aangeteken by die Romeinse instansies, maar dit het niks gehelp nie, want `n mens werp my altyd voor die voete: 'Volenti non fit iniuria!'(Wie dit self gewil het, ly geen onreg nie). Waarom het jy, as `n ou, verstandige Romein, jou laat vang? Boet maar vir jou ondeurdagte onnoselheid!'
[11] Wanneer ek egter by jou gekom het en my ellende aan jou voorgelê het, het jy gladnie geluister nie en het altyd in jou groot hoogmoed gesê: 'So staan dit geskryf!', en ek kom onverrigtersake met `n treurige en `n verergde gesig en gemoed weer druipstert daarvan af.
[12] As ek van julle meer oor die Skrif wou hoor, word aan my gesê: 'Ons is die skrif en die lewende woord van God! Daarom hoef niemand meer êrens iets te vra nie, maar elkeen moet doen wat ons leer en eis! Niemand het verder iets nodig nie!'
[13] Kyk, ou, kwaadaardige Joodse orakel uit Césarea Philippi, dit is jou woorde en so is jou gedrag! En wil jy jou nou skielik wit was?! Ek sweer jou by alles wat my nou gewyd is, dat jy nie hiervandaan gaan kom voordat jy my elke onregverdige skade vergoed het nie! Die waardige opperstadhouer kan jou op my verantwoording die kruis op die rug laat vasmaak, en daarmee word jy geen onreg aangedoen nie! – Verstaan jy, ou, slegte orakel?!"
[14] Cyrenius sê: "A ha, is dit hoe die sake daar uitsien?! Wel, wel, ons het al iets! - Nou, wyse meesterowerste van die duistere volksonderdrukkers, wat het u daarteen in te bring?"
[15] Die owerste sê: "Ken u Moses heeltemal en alle profete wat deur God verlig is?"
[16] Cyrenius antwoord: "Moses ken ek so ongeveer, maar die profete ken ek slegs by naam."
[17] Die owerste sê: "Die beste is, gaan heen en leer eers om al my bittere verpligtinge daarin te onderskei, en straf my, as u vir my kan bewys dat ek één hiervan nie nagekom het nie! As u wil lees, - ons het die Skrif by ons. As daar gevaar vir vernietiging bestaan, is dit die enigste besitting wat ons op hierdie hoogtydag van die Heer by ons mag dra!"
|
|
|
|
|