|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 145
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die losse taal van die owerste
145 Die owerste talm en kan nie besluit of hy wél met die waarheid te voorskyn sal kom of nie. Na `n geruime tyd sê hy: "Geëerde gebieder! Baie honde is van die hase dood! Ek raak altyd meer daarvan oortuig dat die getuienis teen my nou uit die grond skiet soos paddastoele na vogtige weer. Waarom sal ek dan nog verdere, oortuigende bewyse toevoeg aan hulle wat wel weet, en volgens u alles weet?! Ek kan geen ja sê op iets nie, wat teen my oortuiging ingaan en my nee help my nie! Neem u daarom maar rustig die getuienis teen my aan, ek sal geen moeite meer doen om die beskuldigings van die talle getuies teen te spreek nie! As u my skuldig vind, goed dan, u het tog alle mag om my daarvoor te tugtig en te straf as u wil. Ek, ongelukkige mens, kan my nie daarteen verweer nie!"
[2] Cyrenius sê: "In u boeke staan: 'Wee hom wat hom vergryp aan `n gesalfde van God!' Daarom probeer ook ek, solank dit maar moontlik is, hierdie wet van u in ere te hou.
[3] Saul, u eerste gesalfde koning, was later iemand wat baie kwaad gedoen het, en Dawid, wat deur Samuel as tweede gesalf was oor Israel, het die lewende Saul wel heeltemal in sy mag gehad en kon hom vernietig het. Maar God se Gees het in die hart van Dawid gepraat: 'Wee jou, as jy jou sou vergryp aan die hoof van My gesalfde!'
[4] En, alhoewel ek `n Romein en tewens `n heiden is, hoor ook die stem van dieselfde Gees wat sê: "Ondersoek gerus elkeen van My gesalfdes en lei hulle, as hulle vir jou op duidelik herkenbare dwaalweë geraak het, met raad en daad terug op die regte weg, maar pas op as jy ook maar één van hulle sal oordeel!'
[5] As selfs `n aartsengel soos Migaël dit nie aangedurf het om die satan na die verloor van die driedaagse stryd, sélf te oordeel nie, maar hom aan die oordeel van die Heer oorgelaat het, hoe kan ek dit dan aandurf om u voor die aangesig van God te oordeel. Maar ek wil u wel ondersoek, u wys op die omvang van u gewetenlose, en liefdelose handeling teenoor u broers, en u daarna op die lewensweg plaas! As u egter weet dat ek maar net dit wil, waarom is u dan nie eerlik teenoor my nie?"
[6] Die owerste sê: "As u tog alreeds alles weet, sien ek werklik nie in waarom u nog `n openlike bekentenis van my verwag nie! So pas het ek gesien dat u warm onder die kraag geraak het omdat ek openlik te kenne gegee het dat ek nie dieselfde gunstige getuienis oor die Násarener kon gee soos u nie, wat hom al leer ken het. Daarom laat ek dit wel uit my kop om nog meer dinge openlik te sê! Ek het u trouens tog al alles gesê, en u sê ook dat u alles weet, waarom sal ons dan nog meer woorde daarmee vuil maak?!
[7] Wat origens my uitlatings oor die Násarener betref, die mening is nie van my nie, ek kon u slegs dit sê wat ek self van ander van Hom gehoor het! Noudat ek egter van u `n ander mening gehoor het, dink ek ook anders oor Hom! Of word daar nog iets anders van my verwag?! Wie kan my dan voorskryf om iets goeds van `n mens te sê, as ek voorheen maar net bose en geen goeie berigte oor Hom te hore gekom het? Maar omdat u die enigste is wat my nou eers baie goeie nuus oor die Násarener vertel het, kan ek Hom nou self ook eers goeie getuienis gee soos u, en ofskoon ek met Hom nog nie dieselfde ervaring as u opgedoen het nie, is u getuienis tog vir my voldoende, en ek dink nou oor die Násarener soos u. - Is dit nou ook nog nie goed nie?"
[8] Cyrenius sê: "Ja, dit sou seker goed gewees het as u hart dieselfde gesê het as u mond, maar u hart sou wel, as mens haar kon hoor, `n heeltemal ander taal praat! Want ek ken die fariseërs maar al te goed! Ek weet maar al te goed dat u net soos die Essene eintlik gladnie aan iets glo nie, maar die blinde volk terwille van u materiële welvaart alles wil laat glo wat u maar kan bedink om daarmee voordeel te behaal.
[9] As daar dan `n man kom wat `n innerlike, waaragtige lig uit God het en die mense, wat in `n stikdonker nag en groot duisternis ronddwaal, die ware en ligte weg van die lewe wys, waarby dit natuurlik onvermydelik is dat u ou bedrieëry daarby openbaar moet word, word u woedend vir so `n ligprofeet van God en probeer u om Hom op elke moontlike wyse heeltemal te vernietig. U is naamlik berug daarvoor dat u behalwe EliJaH en Samuel, byna elke profeet wat deur God gestuur is, gestenig het en daarby aan die volk verkondig het dat u God `n goeie diens daarmee bewys het.
[10] Maar na honderd jaar het u die profete - nooit terwille van uself, maar slegs omdat u hul voorspellings wat waar geword het, baie goed kon gebruik om die volk die skrik op die lyf te jaag - opgeneem en het u begin om hul grafte, werklik of nie, dit maak nie saak nie, wit te kalk en te versier!
[11] Sien u, dit was altyd u manier van doen, wat ek maar al te goed ken! Maar as dit met u tot nou toe nog altyd so gaan met die waarheid, hoe sou ek dan ook enige waarde aan u woorde kan heg?! Sê my maar of u uself soms na waarheid anders gedra het! Glo u werklik ook maar `n jota van dit wat u vir die volk gepredik het om te glo?" -
[12] Nota Bene: Dat Cyrenius hier so kon praat, was omdat Ek hom die woorde in die hart en die mond gelê het. Wat hy gepraat het, was feitlik My eie woorde, aangepas vir Cyrenius se manier van praat.
|
|
|
|
|