|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 139
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Cyrenius gee uitleg oor die aarde en die maan
139 Cyrenius sê: "Luister dan! Die maan is `n hemelliggaam wat ongeveer vyftig maal kleiner is as ons aarde en die aarde altyd begelei op haar groot baan om die son. In die tyd dat die aarde eenmaal in die 365 dae die baan deurloop, wentel die naburige maan ongeveer dertien maal om die aarde.
[2] Tydens hierdie omwentelinge verander die maan natuurlik altyd van plek. Omdat sy `n donker hemelliggaam is soos die aarde, kom haar lig ook, netsoos by die aarde, van die son. As die aarde byna tussen die son en die maan staan, sien ons die maan heeltemal verlig, en is dit volmaan. As die maan egter na ongeveer veertien dae, as gevolg van haar vinnige beweging, byna tussen die son en die aarde te staan kom, sodat ons daardeur slegs baie min van haar verligte oppervlak te siene kry, is dit nuwemaan.
[3] Kom die maan egter toevallig presies tussen die son en aarde te staan, wat gister die geval was, dan bedek sy die son en hou die sonlig vir `n bepaalde deel van ons aarde teen. Dit wil sê vir die deel, van waar af `n regte lyn getrek kan word deur die maan tot aan die son. Dan ontstaan daar op `n baie natuurlike wyse `n sonsverduistering. Maar die dele van die aarde wat nie presies, soos vroeër beskryf, in `n reguit lyn lê nie, kry niks van so `n verduistering te siene nie, en met name die, wat hulle op ons teenoorgestelde halwe bol van die aarde bevind. Want hierdie aarde waarop ons woon, is netsoos die son en die maan, `n bol, en daar ontstaan slegs dag en nag omdat sy in vier en twintig uur om haar as draai, gedurende watter tyd sy langsaam maar seker al haar lande en seë vanaf noord- tot suidpool onder die lig van die son bring, en laat verlig en verwarm.
[4] Volgens die wyse, wat aan die hand van geheime berekeninge tot hierdie slotsom gekom is, is dit die waarheid. Dit leek weet natuurlik niks daarvan af nie, omdat die nodige vooropleiding ontbreek om dit te verstaan. En met sulke leraars soos u móet hierdie hulle ook wel ontbreek, want wat u self nie het, kan u `n ander ook nie gee nie. En al sou u die kennis gehad het, dan sou u hierdie tog aan geen leek deurgegee het nie, omdat die domheid van `n leek u meer oprig as die mees fundamentele wysheid! Nou het ek u duidelik aangetoon wat die nuwemaan is, laat ons nou maar eers sien wat u onder nuwemaan verstaan!"
[5] Die owerste sê: "Edele meester en gebieder, wat u ons nou vertel het, het ons ook al langs geheime weë te wete gekom, en ek persoonlik is heeltemal eens daarmee. Maar neem u daarenteen die skeppingsgeskiedenis van Moses, dan is daarin geen spoor te ontdek van alles wat u my nou uitgelê het nie, en wat aan my al twintig jaar bekend is nie.
[6] Ons sit egter vir die volk, natuurlik noodgedwonge, as leidende aanhangers en verkondigers van die leer van Moses, wat teengesteld is aan hierdie begryplike en korrekte opvatting, op die stoel van Moses en Aäron. Wat kan ons in die geval andersins doen as hoogstens in stilte die beter uitleg vir onsself te hou en die volk slegs dit te vertel wat Moses ons nagelaat het!?
[7] Gestel dat één van ons vandag sou probeer het om die volk `n ander leer te verkondig as die Mosaïese, in watter opsig ookal, dan waarborg ek u dat hy gestenig sou word!
[8] Sommiges sê weliswaar dat wat Moses gesê het, het `n baie ander betekenis het en wys op iets heeltemal anders as wat daar letterlik staan. Ook dit gee ek, wat my betref, baie graag toe. Maar hoe sou die breë laag van die bevolking, wat nie deur ons, maar reeds deur ons voorouers, so dom as moontlik gehou is, sonder nadelige gevolge bygebring moet word?! Ten eerste lê die geestelike betekenis so diep verborge dat `n mens dit waarskynlik self nie duidelik genoeg kan ontdek nie, en ten tweede is dit `n vraag hoe `n mens `n baie agtergeblewe, dom, baie bygelowige volk, waaraan alle elemente van die hoë wetenskap nog onbekender is as die noordpool, iets moet bybring, waarvan `n mens, eerlik gesê, homself nog nooit `n baie duidelike voorstelling van kon gemaak het nie!
[9] Daarom is dit tog die verstandigste om niks anders te doen as om die volk by die oue geloof te laat nie, en self as leier van die ou leer en wette, tenminste ten aanskoue van die volk, die leer en wette streng na te volg. As `n mens alleen is, sonder dom getuies, kan `n mens dit self aanhang en glo wat `n mens as `n vaste waarheid sien! Doen `n mens dit anders, dan sal u die mooi land maar al te gou in `n vreeslike opstand gewikkel sien! - Nou is u weer aan die woord en u kan my teregwys as ek iets verkeerds gesê het!"
|
|
|
|
|