Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 97

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die materialistiese denke van die priesters

97 Mathael sê: "O liefie! Dit sou nou baie ongeleë wees. Later wel, maar nou, noudat die opwinding op sy hoogste gestyg het, sou dit in die lewensfeer van die siel dieselfde teweegbring as byvoorbeeld die gooi van koue water op kokend warm olie. Die vlamme sou hoog opslaan!

[2] Maar `n paar dae ná hierdie verskynsel sal die mense uit die hele, wye omtrek wel oop wees vir die opneem van iets hoër. Natuurlik nie almal nie, maar sekerlik die oorgrote meerderheid.

[3] Die Judese priesters sal die meeste onder die indruk wees van die verskynsel. Die totale, natuurlike sonsverduistering van vandag het hulle tog al baie aangegryp, omdat hierdie mense alles stoflik opneem. Van `n innerlike, geestelike sin het hulle heeltemal geen vermoede nie, omdat hulle selfs nie eers meer die ooreenkomstige beeldspraak verstaan wat Moses en nog `n aantal ander sieners en wyse manne in hul tyd gebruik het nie.

[4] In één van die profete, wat Daniël heet, word immers gepraat van die gruwel van die verwoesting, waarmee tewens oor sonsverduistering en nog `n aantal verskrikkinge gepraat word, wat egter alles op geestelike wyse bedoel is.

[5] Maar omdat, soos reeds gesê, die Judese priesters juis nou maar net stoflik dink en sodoende die Skrif ook maar slegs letterlik opneem, bring elke sonsverduistering hulle in `n meer as paniekerige skrik vanweë die veronderstelde ondergang van die stoflike wêreld. Hoewel die ou wysgeer daarmee maar net die baie wenslike ondergang van die sedelik stoflike in die mensehart bedoel het, dink hulle aan die ondergang van die werklik stoflike wêreld en is daarom verskriklik bang as daar `n sonsverduistering aan die kom is!

[6] Dus, as hierdie son oor `n uurtjie so plotseling sal uitdoof, sal `n groot angs hulle oorval. Want die maan sal hulle vandag ook nie te siene kry nie, omdat sy al ondergegaan het. Die groot angs sal hul oë beïnvloed soos dit by die gesigsvermoë van dronk mense die geval is, en hulle sal deur hul duiseligheid die sterre sien verskuif. Dit sal hulle laat dink dat, volgens die voorspelling, die sterre van die hemel op die aarde sal val en die talle blinde domkoppe sal die dag van oordeel sien as nou al aangebroke. Jy sal heeltemal hier kan hoor hoe, na die plotselinge uitdowing van die skynson, die menigte voor die stad in `n ontsettende gehuil sal losbars. Dit sal hulle egter nie in die minste skaad nie, want daardeur word hulle weker en sagter en ontvankliker gemaak vir die suiwer waarheid.

[7] Die helder dag van môre sal hulle wel weer tot rustiger besinning bring en dan kan daar baie met hulle gedoen word! Want môre sal hulle groepsgewys see toe gaan en kyk of die seewater dalk verander is in bloed, en by dié geleentheid sal hulle baie meer vatbaar wees vir rede.

[8] Ons heilige Majesteit en Heer het die verskynsel naamlik laat plaasvind veral ten behoewe van hierdie stad, wat nou nie juis so hoog aangeskrewe staan nie! Wat Hy doen, het altyd `n oneindig veelsydige, goeie doel, maar wat die mense sonder Hom doen, deug nie en het geen nut nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205