Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 236

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die omgang met die Heer in die hart

236 "Vanaf daardie oomblik af het ek my helder bewussyn verloor en so ver ek my nou kan herinner, neem baie bose geeste die bestuur van my liggaam oor en so word ek die skrik van die hele omgewing! My liggaam kon deur geen lans of speer deurboor word nie en die sterkste boeie word soos strooitjies deur my hande verbreek! Dit was vir my dieselfde of ek nou met één of met `n duisend mense geveg het, hulle wat my vasgryp word lelik toegetakel en wel gedood! Maar daarvan het my siel geen wete nie.

[2] Volgens die raadsbesluit van God word ek met nog vier so kort gelede tog deur die Romeine gevange geneem en drie dae gelede hierheen gebring. Hier verlos die Heer ons van ons groot kwelling. My siel word weer die enige heeltemal by my bewussyn synde inwoonster van my liggaam en soos voorheen was Moses weer haar leidsman. Die Heer laat egter alle dwaalweë van my hart duidelik sien en - let op! - ek verstaan noú eers vir Moses en die profete!

[3] As Abraham se gees nou by my sou kom, sal ek beslis `n ander gesprek met hom voer as ongeveer vyf jaar gelede! Hoe lank dit presies was, kan ek jou in elk geval nie sê nie, maar daar het sekerlik `n aantal jare vanaf hierdie die tyd verloop. - Nou weet jy hoe ek insig in die Skrif gekry het!

[4] Ek wens egter niemand toe om via my weg vir Moses te leer en te verstaan nie, omdat daar nou `n makliker weg is. Maar omdat jy, Murel, my in `n sekere sin gevra het hoe ek tot so `n helder insig in die boeke van Moses gekom het, moes ek jou tog laat sien wat `n treurige weg dit was en die ander kan jy nou maklik vir jouself voorstel!

[5] Die ander, onvoorstelbare makliker weg is ewenwel die barmhartigheid van die Heer, wat jou dieselfde wat ek via `n angstige weg bereik het, in `n paar oomblikke kan gee.

[6] Hier staan egter die engel van die Heer, vra hom en hy sal jou toon hoe waaragtig dit is wat ek jou nou oor my en my vier metgeselle onthul het! - Wat dink jy nou van dit alles?"

[7] Murel sê: "O vriend Mathael, jy het ontsettend baie deurgemaak en moed soos die van jou sal jy nêrens anders vind nie! Jy was weliswaar `n duiwel en tog was jou hart nie bedorwe nie, want sy het verlang na waarheid, geregtigheid en liefde, en omdat sy daarna verlang het, het sy nou ook die verlangde gekry, want die Heer laat geen opregte van hart ten gronde gaan nie!

[8] Maar waarom het die Heer jou en jou vier metgeselle so hard aangevat?! Ek kan my tog nie so goed voorstel dat die uitsending na Samaria om die Samaritane tot die geloof van Jerusalem te bekeer enkel en alleen die rede sou kon wees van so `n lydensweg nie! Daar moet iets anders daaragter sit!"

[9] Mathael sê: "Dit moet seker so wees, maar ek weet tot op hede nog niks daaroor nie en eerlik gesê, - ek het ook heeltemal geen behoefte daaraan gehad nie, maar nou sou ek tog self ook iets daaroor wou weet! – As Rafael in `n goeie bui is, sal hy ons wel iets daaroor kan vertel!?"

[10] Rafael sê: "Van my en my humeur hang niks af nie, maar alleen van die wil van die Heer, want My bestaan is niks anders as die suiwer wil van die Heer nie! Rig jou daarom in jou hart tot die Heer en aan jou wens sal sekerlik gehoor gegee word!"

[11] Mathael sê: "Dit sou wel so wees as die Heer nie sou geslaap het nie, maar Hy slaap nou en dit sou tog wel baie onvanpas wees om Hom daarvoor te wek!"

[12] Rafael sê: "Jy moet ook nog ietwat leer! Sy liggaam slaap nou wel, maar Sy siel en Sy ewige, heilige Gees slaap nooit of te nimmer nie! Hoe sou dit met die hele skepping daar uitsien wanneer die Heer haar ook maar één oomblik sou vergeet?! Op dieselfde oomblik sou dit heeltemal met haar gedaan wees, geen son, geen maan, geen ster in die hele oneindigheid en geen aarde wat jou nou dra, sou nog bestaan het nie, ook geen engel en geen mens sou hom ook maar enigsins self in stand kon hou nie!

[13] Alles wat bestaan word voortdurend deur die almagtige, ewige dieselfde en onveranderlike wil van die Heer in stand gehou; sonder die wil is geen bestaan denkbaar nie.

[14] As dit nou so is en onmoontlik nie anders nie, hoe kan jy dan daarby kom om te dink dat Hy ooit sou slaap en so tydens die slaap nie sou besef wat die oneindige skepping elke oomblik van haar bestaan nodig het nie.

[15] Die Heer weet presies wat jy nou dink en wil, want omdat ek dit weet, moes die Heer dit al baie vroeër geweet het, omdat ek dit anders onmoontlik sou kon weet! Want alles wat ons engele weet en ken, weet en ken ons maar slegs deur die Heer. Ek weet nou byvoorbeeld alles oor jou beproewinge en hoe hard jy op die proef gestel was. Wie anders as die Heer sou my dit ingegee het? Nie jy nie en ook nie die mond of die gedagte van `n ander gees nie, omdat ek dit sonder die bedoeling en die wil van die Heer nie sou kon verneem het nie!

[16] Soos ek egter slegs deur die Heer alles onmiddellik verstaan, herken en weet, so kan jy dit ook - maar natuurlik altyd slegs in soverre jy daarvoor in jou hart geskik is!

[17] Vra die Heer dus in jou hart, dan sal ons sien of jy in jou hart `n antwoord gaan kry!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205