|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 238
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die rede vir die menswording van JaHWeH
238 Toe Mathael die antwoord in sy hart ontvang en vir die drie uitgespeek het, was hy self verbaas dat hy die waarheid hoor praat het deur die innerlike stem wat hy vroeër nog nooit so duidelik ontvang het nie.
[2] Maar Rafael sê vir Mathael: "Sien jy nou hoe wakker die Heer is, ook al slaap Hy nou liggaamlik, en hoe jy nou die stem van die Heer helder en duidelik in jou hart gehoor het en die ook nog met jou mond hardop uitgespreek het?! Kyk, op dieselfde wyse verneem ons ook die Heer se woord en wil lewendig en daadkragtig in ons en wel ook so, dat ons dan één word met Sy woord en wil! As ons dit egter is, dan word ons ook daardeur as Sy woord en Sy Wil `n volbringde daad self, dus woord, wil en daad in een vorm! - Vriend Mathael, verstaan jy dit nou heeltemal suiwer en helder?"
[3] Mathael sê: "Net sodra jy self so `n rustige oortuiging voel dat jy nou alles verstaan wat jy maar kan sien, kom daar skielik weer iets waaroor jy nog nooit gedroom het nie! Uit alles sien ek dat daar so `n onmeetlike volheid en diepte lê in die goddelike Wysheid, dat `n gees dit nooit volledig sal kan verstaan nie! Ons sal daarom vir ewig altyd `n oorvloed van nuwe dinge moet leer en verstaan! Maar dit is ook baie goed so!
[4] Ek sou dit gladnie aangenaam gevind het as alles my nou net so duidelik sou wees soos vir die Heer Self nie. As daar in die hele oneindigheid niks meer sou wees wat ek nie sou ken nie, sou ek gou genoeg van die lewe gehad het. Maar nou is daar so oneindig baie diepsinnige en baie versluierde dinge, dat ons daarmee in ewigheid nie sal klaarkry nie. Ek moet nou openlik toegee dat God se saligheid daarnaas en daarby seker nie benydenswaardig sou wees as ons as Sy skepsele en kinders alles so duidelik sou kon insien soos Hyself nie, en Sy ewige en oneindige volmaakte Wysheid sou Hom ontsettend verveel het as Hy Haar maar net vir homself kon gebruik nie!
[5] Maar daarom vul Hy die oneindige ruimte met tallose werke, wat Sy eindelose Wysheid en Mag weergee, en Hy skep denkende en ook met baie wysheid begaafde wesens. Hierdie wesens, wat altyd in `n hoë mate onder die indruk is van die diepe Wysheid en Mag van God, ondersoek en bewonder sonder ophou die goddelike wysheidsdiepte en mag van die Een Skepper en kom by elke nuwe ontdekking weer heeltemal in die baan van die bewondering en aanbidding en intense liefde!
[6] Wel dit alleen moet vir God die ware saligheid wees! Vir hom as Skepper en Vader van engele, wêrelde, mense en kinders moet dit die grootste geluksaligheid wees om almal wat Hom en Sy woorde altyd beter wil leer ken en liefhet, ook altyd saliger te maak!
[7] Om ons mense van hierdie aarde, julle engele van alle hemele, en alle skepsele van die hele oneindigheid `n des te groter saligheid te berei, kom Hy Self as Mens na ons toe op hierdie aarde om Hom letterlik Self as Mens van vlees en bloed aan die ander mense te openbaar. Vriend, skepsel of engel van ewigheid, of mens soos wat ek is, dit doen die Heer nie alleen terwille van ons nie, maar dit doen Hy ook terwille van Homself. Want Hy sou in die loop van die tye van verveling vergaan het as Hy met Sy alwetendheid Self baie duidelik gewaar moes word dat Hy as in die hoogste graad as vormlose, ewige, ofskoon volmaakte intelligensie, nooit deur Sy skepsele gesien en nog minder aangespreek sou kan word nie en daardeur ook onherkenbaar moes bly!
[8] Sou dit dan nie baie treurig vir `n aardse vader gewees het as hy byvoorbeeld twintig liewe kinders gehad het wat almal blind en doof was, sodat die liefdevolle vader dus nooit `n woord met hulle kon praat en hom ook nooit as mens deur hulle kon laat sien nie?! Stel jou so `n situasie eers lewendig voor: `n Buitengewoon welgestelde vader met twintig uiterlik wondermooi gevormde kinders van albei geslagte, maar almal doof en blind! Die vraag is dan: Sou so `n vader nie al sy geld daarvoor gebruik het om sy liewe kinders horende en siende te maak nie?! Maar wat `n verdriet sou hy hê as daar in die hele wêreld geen middel sou wees om sy kinders te kan laat hoor en sien nie?!
[9] Wel, ons mense kan mekaar weliswaar hoor en sien en belewe en aan mekaar baie plesier hê - wel selfs meer as noodsaaklik - sodat ons daardeur selfs die Skepper kan vergeet. Maar die heilige goeie Skepper, die alwyse Vader, moes die salige genoeë om deur Sy kinders herken, gehoor en gesien te word, vir altyd geheel en al mis! Dit sou by `n ewige Vader, vol van die grootste en suiwerste liefde vir Sy kinders, tog nie kan wees nie!
[10] In Hom leef sekerlik meer verlange om ons, Sy kinders, deur Sy uitverkiesing op die peil te bring dat ons volgens Sy orde in staat kan wees om Hom te sien, persoonlik lief te hê en vertroue te skenk, sonder dat dit ons bestaan sou skaad, - as om ons as kinders te sien wat nog geen begrip van die eintlike wese van die ewige Vader het nie.
[11] Ek dink daarom dat my veronderstelling nie te veel uit die lug gegryp is nie as ek sê: Die Heer het nie net vir ons nie, maar ook vir homself, vlees en bloed aangeneem en Hom so op die aarde na ons, Sy natuurlik nog erg onbeskaafde kinders, begewe! Hy het dit, wat Hy wou doen, al eeue tevore gesien en ons is nou getuies van die uitvoering van die ewige, groot plan! - Rafael, sê jy of ek nou goed of verkeerd geoordeel het!"
|
|
|
|
|