Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 228

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die toekoms van Jesus se leer volgens Mathael

228 "Ja, vir ons is die buitengewone dade ook wel `n baie sterk bewys, omdat ons verstand in soverre ontwikkel is dat ons met die eerste oogopslag die onware van die ware kan onderskei!

[2] Want ons ken intussen alle kunste van die magiërs en daar is niks wat iets nuut gebring het nie. Maar hierdie dade hier vereis meer as `n net magiër uit Egipte of uit Persië, hierdie dade vereis God se skeppende almag en Sy ondeurgronde diepe wysheid. Dit vereis die oer- en basisreg van die goddelike Gees, Wie se wil alle geeste en alle wêrelde beteuel, soos `n goeie perdetemmer sy span, wat hy meer of minder intoom, waardeur hy die nog losbandige diere sy wil ter navolging herkenbaar maak.

[3] Daar is die volle oergoddelikheid dus sigbaar, terwyl dit by die magiërs ewiglik nooit sigbaar kan word nie omdat dit nooit as te nimmer daar is en was nie. Maar ons mag ook wel aanneem dat ons aartsvaders deur hulle innerlike, goddelike krag baie wonders kon gedoen het, want sonder die egte wonders sou die onegte sekerlik nooit ontstaan het nie.

[4] Nou sien ons weer volmaakte egte wonders gebeur, maar ek sal geen slegte profeet wees as ek sê dat daar binne enkele honderde jare meer valse as egte wonders in naam van die Heer gedoen sal word nie!

[5] Dit alles is weliswaar afhanklik van die Heer, maar jy kan die volgende wel as vas aanneem: Ten eerste, dat die Heer nie altyd liggaamlik sigbaar op hierdie aarde by die mense sal bly en hulle nie, soos nou by die vestiging van die nuwe leer, persoonlik met raad en daad ten dienste sal staan nie. Ten tweede sal Hy van nou af aan die mense se vrye wil ook minder ontneem as voorheen, vóórdat die ewige gedenkwaardige tydperk sal kom waar Hy hierdie aarde vir altyd onverganklik en eendag tot sentrale punt van die hemele sal maak.

[6] Want `n wêreld wat Hy eenmaal liggaamlik met Sy voete betree het, moet ten minste vir ewige tye in `n verheerlikte staat bly. As die mense egter in die besit van hulle vrye wil bly en daarby altyd so onwetend en feitlik sonder enig verstand in die wêreld kom, sodat hulle latere kennis alleen van die oorspronklike uiterlike onderrig sal afhang, is daar werklik niks anders moontlik as dat die verduistering weer hand oor hand sal toeneem en die heerssugtige en op luukse beluste mense uit hierdie nuwe, suiwer goddelike leer `n tienvoudige heidendom sal maak wat nie sal agterbly by die Indiese heidendom nie!

[7] In ons liggame sal ons dit nie meemaak nie, maar verseker as bewoners van `n, aan ons nou nog onbekende, verligte geesteswêreld! Dit sal nog wemel van bedrog, leuens, hoogmoed, eiebelang, selfsug, vrees vir die wêreld, huigelary, skynheiligheid, vervolging, vonnis, wraak en gruwelikhede van allerlei aard!

[8] Die Heer Self sê immers dat dit alles toegelaat moet word vanweë die selfbeskikking en die ware lewensvorming van elke enkeling op sigself, waarsonder niemand `n werklike kind van God kan word en in die ewige Glansrykheid van die Vader kan binnegaan nie!

[9] As die Heer Self ons al so `n prognose gegee het, wat kan ons dan anders dink as dit presies so sal gaan soos wat ek dit nou vir julle gesê het?! Die beste beskerming daarteen is en bly nog altyd `n duidelike taal met `n wiskundige sekerheid. Want `n wiskundige bewys oorleef die tye en geld van die Indiërs net soos van die Perse en Arabiere, Grieke, Romeine en Jode!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205