Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Hooftrekke van die leer van Jesus

53 Ek sê vir Ribar: "Hoe oordeel jy nou oor dit wat jy gesien het?"

[2] Ribar sê: "Dit het ek al vir Suetal gesê, en ek erken nou dat die wyse Mathael in alles gelyk het. Die toets is gedoen, en verder is daar nou niks meer nodig nie! Dit is nou geen kwessie van glo meer nie, maar ek het dit met my eie oë gesien en sou nou die groot Heer self wou leer ken!"

[3] Suetal sê: "Ja, dit sou ek ook wou as dit so eenvoudig gerealiseer kon word, hoewel ek nou nie meer so baie haas daarmee het nie. Want wat ek nou gesien het, is genoeg vir my hele lewe! Méér as God kan Hy nie wees nie, maar na wat ek gesien het, is Hy ook nie veel minder nie! En dit is voldoende vir my, ek sou net nog iets meer oor Sy nuwe leer wou hoor!"

[4] Ek sê: "Daarvan het Mathael julle ook al `n aantal hooftrekke meegedeel. Vir alles verder kan `n mens Sy leer baie kort as volg saamvat: `n Mens moet God bo alles liefhê en jou naaste soos jouself.

[5] Maar om God bo alles lief te hê, beteken natuurlik: Om God en Sy geopenbaarde wil te erken en vervolgens uit ware innerlike liefde tot die erkende God daarvolgens te handel en tewens, ter wille van God, hom teenoor elke medemens so te gedra soos elke verstandige mens hom ten opsigte van homself gedra. Daarby gaan dit hier natuurlik om die suiwere en die hoogs moontlike onbaatsugtige liefde, sowel ten opsigte van God as teenoor elke naaste.

[6] Soos wat die goeie slegs wil dat `n mens dit liefhet omdat dit goed en daarom waar is, so wil God ook dat `n mens Hom liefhet omdat Hy alleen volmaak, goed en waar is!

[7] Jou naaste moet jy daarom eweseer liefhê, omdat hy, net soos jy, die ewebeeld van God is en ook net soos jy `n goddelike gees in hom dra.

[8] Kyk, dit is die eintlike kern van Sy leer en dit kan `n mens maklik in ag neem, baie makliker as die talle wette van die tempel, wat merendeels gevul is met die eiebelang van die tempeldienaars.

[9] Deur hierdie nuwe leer so nougeset as moontlik na te volg, word die gees in die mens wat aanvanklik erg gebonde was, vryer en vryer, groei en deurdring dit uiteindelik die hele mens en betrek op hierdie manier alles by sy lewe, wat `n lewe van God is en daarom ewig moet duur en wel so gelukkig moontlik!

[10] Elke mens wat so, in `n sekere sin geestelik wedergebore word, sal geen dood ooit sien nie, nóg voel of smaak nie, en die aflê van sy liggaam sal vir hom die hoogste geluk beteken.

[11] Want as die gees van die mens so volledig één is met sy siel, sal hy lyk soos `n mens in `n stewige gevangenis wat deur `n smal liggat oor die mooi velde van die aarde kan kyk en kan sien hoe totaal vry die mense daarop vreugde vind in allerlei nuttige aktiwiteite, terwyl hy nog in die gevangenis moet versmag. Hoe bly sal hy wees as die gevangenisbewaarder kom, die deur open, hom bevry van alle boeie en aan hom sê: 'Vriend, jy is vry van enige verdere straf, gaan en geniet nou van die volle vryheid!'

[12] So lyk die gees van die mens dan soos die lewensvrug van `n voël se embrio in die eier. As dit deur die broeiwarmte ryp geword het binne in die harde omhulsel wat sy vrye lewe gevange hou, verbreek hy die omhulsel en verheug hom oor sy vrye lewe.

[13] Maar dit kan `n mens maar net bereik deur die leer, wat die Verlosser uit Nasaret nou aan die mense verkondig, presies en opreg na te volg.

[14] Dan ontvang die mens, as hy geestelik meer en meer wedergebore word, ook ander volmaakthede, waarvan die maar slegs natuurlike, liggaamlike mens hom geen voorstelling van kan maak nie.

[15] Die gees word dan `n mag op sigself, gelyk aan die goddelike. Wat so `n volmaakte gees in die mens dan wil, gebeur en moet gebeur, omdat daar, buite die lewenskrag van die gees, in die hele oneindigheid van God geen ander krag en mag kan bestaan nie!

[16] Want die ware lewe is alleen Heer en Skepper, Onderhouer, Wetgewer en Bestuurder van alle skepsele, en daarom moet alles hulle rig volgens die mag van die ewige, lewende Gees.

[17] Daarvan het jy by die leerling `n klein proef gesien en daarom kan jy My by voorbaat glo dat dit so is. Die begrip van die hoe, waardeur en waarom sal jy slegs kry as jy die vryheid bereik sal het van jou innerlike geesteslewe.

[18] Mathael het jou egter al voldoende getoon welke insig `n gees kan verkry as hy maar net halfpad wedergebore is. Jy het dus nou vir alles die duidelikste bewyse op hande en kan dus met die grootste vertroue jou lewe daarvolgens gaan inrig. - Is jy met hierdie uitleg tevrede?"

[19] Suetal sê: "Vriend, baie meer tevrede as met dié van die ontsettend wyse Mathael! Wat U my nou gesê het, is wel net so besonder wys as wat Mathael gesê het, en in `n sekere opsig nog wyser, maar by Mathael word iemand angstig en bang omdat jy daar die draad kan verloor. U het egter met U heel eenvoudige woorde vir my die saak ten minste só duidelik gemaak dat ek my niks duideliker kan indink nie. Ek weet nou presies wat ek moet doen en wat noodsaaklikerwys daarop moet volg. Ek is dan ook heeltemal tevrede, omdat daar by my geen verdere vrae meer oorbly nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205