|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 42
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Siel en gees
42 Mathael, wat hierdie woorde wel gehoor het, sê: "Bevry jou siel soveel as moontlik van alle wêreldse bande, dan sal jy spoedig sonder baie moeite verstaan hoe `n siel op die vinnigste wyse aan die groot wysheid kan kom! Maar solank die siel nog te diep in die ou modderpoel van die dood vassit, waarby die modderpoel bestaan uit haar liggaam, kan daar nog lank geen sprake wees - en ook geen vooruitsig op - `n spesiale, goddelike wysheid nie!
[2] Daar, `n paar treë voor ons, sien jy `n boomstomp wat stewig in die grond gewortel skyn te wees. Gaan sit nou daarop, en ek verseker jou dat jy op die manier nie van hierdie plek af sal wegkom nie, ook nie binne afsienbare tyd nie. Sodra hy verrot en heeltemal vermolm is, sal julle gesamentlik op die grond val. As jy ook dán nog nie van jou lieflingsitplek kan skei nie, sal julle uiteindelik ook sekerlik tesame vergaan. Want alles wat dood is, moet eers volledig afgebreek word, as dit weer wil oorgaan in een of ander lewensfeer. As jy daarenteen na die see gaan, jou inskeep, die toue losgooi, die seil hys en die stuurwiel vasvat, sal jy nie op die plek bly nie, maar weldra `n nuwe land bereik waarin jy baie nuwe dinge sal leer ken en die skatkamer van jou ervarings sal verryk. Kyk, solank jy besorg is oor jou liggaam en sy aangename en gemaklike lewetjie, solank sal jy ook op die stomp sit en sal jy nie verder kan kom nie. As jy egter die oorheersende sorg vir jou liggaam heeltemal opgee en maar net besorg sal wees oor dit wat te make het met die lewe van die siel en haar gees, dan stap jy in die lewenskip in en sal jy weldra voortuitgang maak. - Verstaan jy hierdie vergelyking?"
[3] Suetal sê: "Wat het jy nou oor `n gees in die siel gesê? Die siel is tog dit wat mens gees noem!"
[4] Mathael antwoord: "Ja, vriend, as jy nog nie weet dat daar `n gees van al die lewe in elke siel woon nie, dan sal jy sekerlik nog lank nie kan verstaan waarvandaan daardie bietjie wysheid van my kom nie! Weet jy, op hierdie manier is dit ook moeilik om met jou te praat, want jy hoor met oop ore niks en sien jy ook met oop oë niks nie!
[5] Die siel is tog slegs `n houer vir die goddelike lewe, maar nog lank nie die lewe self nie. As die siel die lewe self sou wees, watter oerdomme profeet sou haar dan ooit met die geswets oor die bereiking van die ewige lewe, of teengesteld daaraan oor `n moontlike, of ewige dood hom kan verveel? Maar omdat die siel slegs die ewige lewe langs die weg van die ware goddelike deugde kan bereik, soos wat dit met baie voorbeelde aangetoon kan word, kan sy tog onmoontlik sélf die lewe, maar veeleer `n houer vir die opname daarvan wees.
[6] Slegs `n vonkie in die sentrum van die siel is dit wat mens die gees van God en die eintlike lewe noem. Hierdie vonkie moet gevoed word met geestelike voeding, naamlik die suiwer woord van God. Deur hierdie voeding word die vonkie in die siel groter en sterker, neem uiteindelik self die menslike vorm van die siel aan, deurdring daarna die siel volledig en transformeer uiteindelik die hele siel in haar eie essensie. Ja dan word die siel self heeltemal lewe wat sy as sodanig in haar diepste innerlike herken.
[7] Nadat die lewe haar in hierdie vorm volledig herken en sy heeltemal van haarself bewus word, herken sy die fundamentele wysheid. Maar solank dit helaas nie die geval is nie, kan daar van wysheid geen sprake wees nie!
[8] Die ware wysheid is die geestelike lig in die oog van die siel. Wanneer `n siel egter haar gees nog nie ken nie - waar moet sy dan die geestelike en lewende lig vandaan kry in haar nog blinde oë?"
[9] Suetal sê: "Vriend, ek smeek jou, hou op om op hierdie manier te praat en wag daarmee totdat ek meer ontvanklik daarvoor is. Want ek sien wel in dat ek nog heeltemal te dom en te blind is daarvoor! Maar ons sal almal so veel moontlik aandag aan hierdie les van jou skenk! Want ek sien nou in dat jy volkome gelyk het. Om jou groot wysheid egter goed te verstaan, het `n mens baie voorbereiding nodig, waarvoor ons tot op hede absoluut geen geleentheid gehad het nie! Maar soos gesê, ons sal energieke leerlinge van jou word!"
|
|
|
|
|