Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die wonder van die vis

54 Ek sê: "Goed dan, maar sê My nou eers sonder omweë of jy nou ook nie persoonlik kennis sou wou maak met die groot Heer uit Nasaret nie! As jy wil, kan Ek Hom aan jou voorstel."

[2] Suetal sê: "Eerlik gesê, hierdie man waarin God se hele Gees aanwesig is, is vir iemand soos ons in alles té verhewe, en ek is werklik bang om Hom ook maar op `n afstand te sien, laat staan nog om nadere kontak met Hom te maak! Daarom vind ek dit nou beter om Hom persoonlik gladnie te leer ken nie. Kyk, vir my pla die aanwesigheid van hierdie jong leerling van Hom my alreeds, en eerlik gesproke sal ek dit op prys stel as hy weer na sy groep sal terugkeer. Die toets het hy vir ons afgelê, en dit is voldoende! `n Tweede keer sal hy dit tog nie weer doen nie en dit sou ook onnodig wees, want wie nie volkome deur daardie een wonder oortuig raak nie, sal ook nie deur duisend wonders oortuig kan word nie. Daarom sal dit vir my beter wees as hy weer na sy eie geselskap kan teruggaan. Ons kan hom nie daarvoor beloon nie omdat ons, behalwe dit wat ons aanhet, niks besit nie. Vra hom daarom, beste Vriend, of hy nou nie weer na sy eie geselskap sal wil teruggaan nie!"

[3] Ek sê: "Ag, waarom dan?! Hy is vry en kan gaan wanneer hy wil, en hy sal ook wel gaan as hy niks meer hier te doen het nie! Jy is nou wel heeltemal tevrede gestel, maar nog nie al jou metgeselle nie, selfs nie Ribar wat dit nou tog heeltemal eens met jou was. Hy is nog steeds met die eerste wonder besig en kan nog lank nie heeltemal daaroor kom nie. En daarom, omdat daar nog tyd is, sal ons soos benodig nóg `n teken van hom vra!"

[4] Suetal sê: "Alles goed en wel, en ek sou self ook nog iets van hom wou sien, maar dit is `n vraag of Sy heilige, groot Heer dit daarmee eens is, want die aardse meesters sien meestal nie graag dat hul leerlinge te veel die aandag trek nie!

[5] Ek sê: "Wees maar nie bang daarvoor nie, want daarvoor staan Ek wel in en Ek sal dit binnekort wel weet te verantwoord as Ek daarvoor onderhande geneem mag word. Maar Ribar en die ander moet ons tog vra watse soort teken hulle verlang, andersins sal één van hulle al gou sou kon sê dat `n mens die teken al lank van tevore voorberei het en presies afgespreek het. As hulle egter sélf sê wat die teken moet wees, kan daar van `n vroeëre afspraak geen sprake wees nie. - Is jy dit daarmee eens of nie?"

[6] Suetal sê: "Dit is so wys gedink en uitgespreek soos wat `n Salomo dit doen en daarmee moet `n mens dit wel eens wees!"

[7] Ek sê: "Nou dan, laat ons dit aan Ribar vra! - Ribar, sê jy vir ons wat se teken die leerling nog moet doen!"

[8] Ribar sê: "Vriend, as hy dan nog een wil doen, laat hy dan van die klip wat ek nou in my hande hou, één van die edelste visse maak wat hier in hierdie see lewe!"

[9] Ek sê formaliteitshalwe vir Rafael: "Sal jy hierdie opdrag wel kan uitvoer?"

[10] Rafael sê: "Ons sal dit probeer, maar die vraesteller moet eers stewig op sy bene gaan staan, anders sal die vis maak dat hy omval. Die edelste visse uit hierdie water is groot en sterk, sodat `n mens dit nie maklik kan baasraak nie. As Ribar dus goed stewig gaan staan, sal `n vis van tagtig pond dadelik die plek inneem van sy skaars tien pond sware klip.

[11] Ribar sê: "O, moenie jou daaroor bekommer nie! Ek het `n bietjie van Simson weg en het al visse van honderd pond se baas gebly! En verder staan ek nou baie stewig op my bene."

[12] Toe sê Rafael: "Dit is soos jy gewens het!" - Rafael het hierdie woorde skaars uitgespreek, toe `n edelvis van ruim tagtig pond in die hande van Ribar, tot skrik en oorgrote verbasing van alle aanwesiges, `n dermate heftige sprong gee dat Ribar voluit op sy rug val. Omdat die vis met geweldige klappe in die rondte spring en hom heftig met sy stert om en om gooi, vlug die toeskouers na alle kante toe, en ook Ribar, wat gou weer op sy voete was, toon geen begeerte meer om die groot vis vas te gryp nie. Maar `n seun van Markus staan ook naby, kom vinnig met `n sterk klein handnet aangehardloop, werp dit oor die nog wild rondspartelende vis, omwikkel hom en dra hom na `n kuip wat vol water staan.

[13] Toe die vis hom in sy element bevind, word hy natuurlik rustig en almal gaan nou na die kuip en kyk vol verwondering na die groot vis, en Ribar sê: "Nou is ek met al my niks-betekenende wysheid verslae en ek glo nou beslis alles wat ek oor die groot Heer gehoor het! Hier hou alle wysheid van die mense op en die Glansrykheid van God openbaar homself op `n maar al te letterlike, werklik tasbare wyse! Mathael het met elke woord gelyk en die vriend ook, aan wie se goedheid ons die twee nooit vroeër vertoonde wonders te danke het. Daarom sê ek: Groot, groot is God en ewig geprese is Sy glansryke Naam, omdat Hy ook aan mense op hierdie wêreld so `n mag gegee het! Ons is weliswaar gladnie werd om sulke suiwere godswonders met ons sondige oë te sien nie, maar omdat God ons Self daartoe waardig geag het, is Sy glansryke Naam vir ewig geprese!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205