Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 82

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Rafael red etlike Grieke

82 Cyrenius span tevergeefs sy oë in, maar hy sien geen skip nie. Ewe-so verg dit Markus, maar andere baie skerpsiende oë sien die skepe die grootte van drie muggies op die see vaar en sê dan: "Heer! Met `n gunstige wind sal hulle eers oor `n uur of twee aan hierdie oewer wees!"

[2] Ek sê: "Bekommer julle maar nie daaroor nie, My skipper sal hulle heeltemal op die regte oomblik na die oewer bring!"

[3] Die dertig jong fariseërs vra: "Waar en wie is dit, wat dit kan doen?"

[4] Ek sê: "Julle ken tog die jong opvoeder van die pleegseun van Cyrenius? Dit is hy!"

[5] Die dertig vra angstig: "Waar lê daar dan `n skuitjie vir hom klaar?"

[6] Toe sê Rafael: "Dit het ek nie nodig nie!" en op daardie oomblik verdwyn hy. Almal skrik, in die mening dat die jongeling in die water gespring het en nou, soos `n vis so vinnig, deur die water op die skepe sal afskiet. Want talle het nog nie geweet dat Rafael eintlik `n engel en daarom `n suiwer gees is nie. Talle het hom beskou as die opvoeder van Josoë, terwyl hy maar net die opvoeder van Jarah is. Maar omdat hy hom hier meer met Josoë as met Jarah bemoei, sien talle hom hier aan as `n jong opvoeder van Josoë.

[7] Maar nog voor die vraestellers werklik na hom kon omkyk, was Rafael al met die drie taamlike groot skepe by die oewer en staan hy aan boord van die skip waar die vrome Griek hom met sy nog vromer dogter vol verbasing en ontsetting bevind. Want in die eerste plek kom die onbegryplik vinnige landing aan `n kus wat vir hom heeltemal onbekend is, vir hom soos `n droom voor, en ten tweede weet hy nie wat hy moet dink van die jong skipper nie en hy kon hom oor hierdie wonderbare verskyning ook geen rekenskap gee nie, want die verandering het te vinnig en te wonderlik verrassend gebeur.

[8] Ook die skippersknegte staan soos standbeelde vol verbasing by hul roeispane en durf dit nie weer in die water te steek nie. Maar na enige oomblikke van groot verbasing en verwondering vra die Griek baie eerbiedig aan die jongeling: "Wie is jy, magtig wese? Wie het jou beveel om ons so vinnig na die veilige oewer te bring, en waarom?"

[9] Rafael sê: "Vra nie, maar kyk na die son, wat nou weldra vir `n paar oomblikke sy ligglans sal verloor! As u op die oop see sou gewees het, dan sou die bose bygeloof van die skippersknegte u saam met u dogter oorboord in die see gewerp het, waarna hulle u saamgebringde skatte onder mekaar sou verdeel het. Dit het ons groot, goddelike Heer voorsien en daarom het Hy my gestuur om u vinnig te red. U is nou heeltemal in veiligheid, maar tog kan u nog onaangename dinge te wagte wees, en daarom moet ek gedurende die duistere gebeure by u op die skip bly, omdat u andersins nog baie ongemak van die ruwe skippersknegte sou kon ondervind. "

[10] Die Griek kyk nou na die son en merk tot ontsetting van homself en sy dogter dat daar van die son nog maar net `n baie smal randjie oorgebly het. Hy staan van sy sitplek af op en donder `n vloek omhoog na die draak, wat die son nou heeltemal dreig te verslind.

[11] Dit was by taamlik baie heidene van Klein-Asië `n vrome gebruik om, tydens `n sonsverduistering, `n aantal van die grootste vloeke na die slegte draak omhoog te stuur, sodat hy daarvan sou skrik en die verslonde son weer sou uitspoeg, waarop hy dan weer verder lig kon gee. Maar nog voordat die oue klaar was met sy vrome vloeke, word die son heeltemal deur die maan bedek.

[12] Toe ontstaan daar `n onverwagte, wilde gehuil onder die skippersknegte, maar ook aan die oewer by die Romeinse soldate, en die skippersknegte, wat byna buite hulleself van angs word, stort hulle op die Griek en wil hom met sy dogter en Rafael in die see gooi, want hulle gee hierdie drie die skuld van hierdie verskriklike gesel van die gode en wil hulle daardeur versoen. Maar Rafael tel al die skippersknegte uit die skepe op en plaas hulle aan land; die ergstes werp hy egter in die see, en hulle het as geoefende swemmers groot moeite om taamlik ver onderkant die skepe heeltemal uitgeput die land te bereik.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205