Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 187

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die storm

187 Soos die lawaai van die vinnig naderende storm altyd sterker en meer rammelend word, en daar `n bykans volledige duisternis oor die see en oor die hele streek homself begin te uitbrei, begin die meer angstiges hulle in die tente terug te trek, en het geen sin meer gehad om buite by My te bly nie. Ook die leerlinge begin onder mekaar hardop van hul besorgdheid blyke te gee. Van die vyftig fariseërs bly daar nie één buite sodra hulle `n paar haelkorrels van `n pond voor hulle op die grond sien val nie.

[2] Ebahl spoor Jarah aan, om ook met hom na `n tent van Ouran te gaan, maar sy is nie van haar plek weg te kry nie en sê: "Wie kan nou so bang wees in die nabyheid en in die volle aanwesigheid van die Heer?! Sou so `n storm tot meer in staat wees as die liefde, die almag en die ewige, hoogste gesag van die Heer?"

[3] Ebahl sê: "Natuurlik nie, maar as daar haelkorrels van `n pond val, word jy onwillekeurig tog `n bietjie bang, veral as dit in digte massas uit die wolke na benede gaan val. So `n yskeël soos wat daar nou net één voor my op die grond geval het, sou maklik jou hoof kan verpletter!

[4] Ek glo dat selfs by die digste haelbui daar nie één my of my dogtertjie sal raak of kwaad sal doen nie, maar ondanks dit word `n mens soos ek onwillekeurig deur die gebruiklike angs oorval. Maar nou sal ek tog nie bang wees nie, want ek kan my deur my eie Jarah tog nie tot skande laat maak nie!"

[5] Nou begin dit al heelwat harder te hael. Haelstene die grootte van twee vuiste val met groot krag op die grond, op die see begin huishoë golwe sigbaar te word, die een bliksem volg op die ander, en saam met die digte hael begin ook die reën in strome neer te val.

[6] Nou slaan Hebram en Risa met die dertig jongeres ook op die vlug en verskuil hulle onder die tafels. Suetal, Ribar en Baël, die vernaamstes van die voormalige twaalf misdadigers, bly, en My leerlinge bly ook, behalwe Judas Iskariot. Die Romeinse soldate soek beskutting in die huis, en in die vissershutte van Markus, en onder die oorhangende rotse.

[7] In My onmiddellike omgewing bly egter Cyrenius, Cornelius, Faustus, Julius, Philopold, Kisjonah, Ebahl met Jarah, Rafael en Josoë, dan die elf leerlinge, die ou Markus met sy twee seuns, en ook Mathael met Ouran, Rob, Bos, Miga en Sahr.

[8] Maar Helena, nou die vrou van Mathael, vlug ook met die vrou en die dogters van Herme in die tente in. Herme bly egter by My.

[9] Hoewel ons heeltemal onbeskut aan die oewer van die see staan word niemand deur die massaal vallende haelstene of plonsende reën geraak nie. Ook bly die plek waar ons staan kurkdroog. Bliksems slaan voor en agter ons in die grond, maar hinder merendeels slegs ons ore deur hul krakende slae. Maar nou begin `n orkaan ook in alle heftigheid die see te bewerk, en dadelik kom daar golwe so groot soos klein berge aangerol, wat vir mense-oë vreesaanjaend daar uitsien.

[10] Toe sê Markus: "Heer! Ek is nou tog al `n ou man en ek het in Calabrië en Sicilië onweersbuie gesien en meegemaak, maar so `n stormweer soos uit die tye van Noag nog nooit! Heer, hierdie hael sal die streek verwoes vir jare! Die verskriklike waterstrome spoel alle kosbare grond die see in! Dit sal vir die arme mense chaoties word! En die einde is nog nie in sig nie, maar dit storm altyd harder en erger! Die daar onder die tafels sal nog verdrink as dit nie ophou nie! Die tafels help tog al weinig meer, want dit lê al in stukke! - Heer, hoe lank sal die storm dan nog duur?"

[11] Ek sê: "Hy het nog nie eers behoorlik begin nie, en jy wil hom dan al beëindig sien?! As hy omslaan, sal jy eers sy krag leer ken! Origens hoef jy jou glad nie onrustig te maak oor hierdie storm nie! As hy nie noodsaaklik was nie, sou één teken van My voldoende gewees het om hom te laat verdwyn. Hy is nou egter net so nodig vir die behoud van die aarde soos wat jou oë vir jou is om te kan sien. Daarom laat ons hom heeltemal uitwoed!

[12] Aan die ander kant moet die bepaalde vriende van die glans tog ook eers iets van so `n ware glans ondervind, wat hulle by My mis! Kyk net hoe die versteektes uit die openinge van die tente gluur en nie kan verstaan hoe ons die onweer buite so opgewek kan deurstaan nie! Maar om na buite te kom het hulle gladnie genoeg durf nie. O, hoe ontsettend klein is hul geloof nog!"

[13] Markus sê: "Dit is alles mooi en goed, maar waarvan sal die arme mense nou moet lewe? Want U sien tog goed dat die onophoudelike hael alles totaal verpletter en die stromende water alle grond in die see inspoel! En duisende mense en huisdiere word nou gedood, en hulle wat lewendig hiervan afkom, sal naderhand sekerlik aan die hongerdood oorgelewer word! Dit is tog al `n harde en sware bestraffing met die allerdikste tugroede ter wêreld!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205