|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 116
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die vreugde van Markus oor die bestraffing van die priesters
116 Toe ontwaak Helena uit haar sagte en geluksalige liefdesluimer en skrik behoorlik toe sy die drukte by die mense op die berg opmerk, en tewens die brandende stad sien. Maar Jarah vat haar dadelik aan die hand en lê haar die hele toedrag uit, waarna Helena gou rustig word en sê: "In my hart voel ek `n uur gelede al dat hierdie stad direk na die skielike verdwyning van die skynson haas onvermydelik so `n lot te wagte staan, en kyk nou, daar voltrek hom reeds sigbaar en hoorbaar my vae verwagting! U, Heer, was dit beslis al van plan met die skynson en pas nou kom die ware rede te voorskyn waarom U dit laat skyn het!"
[2] Ek sê: "Ja, ja, liewe kind, dit sou wel so kon wees! `n Lig, wat Ek aan die hemel geplaas het, is altyd daar om `n aantal goeie redes en nie slegs om te skyn nie, wat eintlik slegs `n baie ondergeskikte newedoel is.
[3] Kyk maar eers na die lig van die son! Die lig op sigself het `n heel ondergeskikte betekenis, maar as jy die uiterlike van alle vrye en onvrye skepsels van die aarde bekyk, sal jy gevolge van die lig en die warmte van die son ontdek waarvan nog geen natuurgeleerde op aarde ooit gedroom het nie! Alles gevolge van die sonlig!
[4] Slegs hierdie aarde al sou jou soveel verskillende wonders as gevolg van die sonlig kon laat sien, dat jy dit in duisende jare met die liggaamlike oë nie sou kon oorsien nie, en nog minder sou kon tel nie!
[5] Maar rondom hierdie son, waarvan die lig op hierdie aarde al sulke groot wonders te weeg bring, sirkel nog talle ander en nog groter aardes. Dieselfde lig bring daar heeltemal nuwe en vir hierdie aarde onvoorstelbare wonders te weeg, en wel op elke hemelliggaam wat deur hierdie son verlig word, heeltemal nuwe, wat op geen ander hemelliggaam voorkom nie! En dit alles ontstaan deur die uitwerking van één en dieselfde lig!
[6] En so kan jy gewis met sekerheid aanneem dat Ek die skynson ook nie slegs maar laat skyn vanweë die bietjie langer blywende lig nie! -Wat dink jy daarvan, lieflike dogter?"
[7] Helena sê: "O Heer, U Magtige, U alleen Heilige, daarby skiet elke menslike mening te kort! Want U is so eindeloos groot en wys en wie kan die dieptes van U almag deurgrond?!
[8] Dit is al iets oneindig verhewe dat ek U bo alles kan liefhê en my gelukkig kan voel in die liefde, wat my hart nooit heeltemal waardig kan wees nie! Maar ek sou dit vir `n menslike hart die toppunt van dwaasheid vind om U heilige, goddelik onnaspeurbare wese nader te wou ondersoek! Dit is my mening, o Heer!
[9] Mens kan U wel bo alles liefhê en dit vind ek al die hoogste saligheid, maar U is ewig deur geen gees te deurgrond nie!"
[10] Na hierdie van groot liefde tot My nog na-trillende woorde van die mooie Helena, kom die oue Markus en sê: "Heer, deur daardie vuur sal waarskynlik al die mooi visse, wat ek aan die Judese priesters as tiende moes afstaan, ook flink gekook en gebraai word!? U weet, o Heer, dat ek van ganser harte vir elkeen soveel as in my vermoë lê, gasvry is. Helaas, wanneer ek iemand iets kan gee, doen dit my waarskynlik altyd meer plesier as die een wat iets van my kry, maar die tiende vir die fariseërs het my tot in my hart vererg! En soos wat ek sien, staan merendeels die huise van die Judese priesters nou pragtig en brand! Dit is `n beste betaaldag vir hierdie gewetenlose leeglopers en volksverleiers! Dit geval my nou beter as wanneer iemand my tien van die mooiste huise in die stad sou geskenk het! Ek is nooit `n mens gewees wat leedvermaak het nie, maar hierdie keer - vergeef my o Heer, - is ek vol daarvan!
[11] Om `n behoeftige iets te gee, is `n genot vir `n goeie mensehart, en om `n arbeider die verdiende loon en iets ekstra te gee, is die mees heilige plig van `n mens. Om `n landheer die vasgestelde, wetlike belasting te betaal, is ook `n heilige plig vir elke regskape staatsburger, want die vors het groot sorge en koste vir die orde en sekerheid in sy land, en die onderdane is deur naasteliefde verplig om alles te doen wat die landvoog heilsaam vind vir die hele staat en wat hy van die onderdane eis.
[12] Daar kan onder die vorste ook wel selfsugtige tiranne voorkom wat die volk volledig uitsuig, maar na `n tiran volg gewoonlik weer `n goeie vors en dan kom die volk weer vinnig op krag.
[13] Maar die priesterdom verander nie. Dit tiranniseer soos `n vampier talle jare lank `n volk, hef dikwels op ongehoorde, skandelike wyse belastings en gee die volk daarvoor niks terug nie behalwe die grofste bedrog, en dit so moontlik op alle denkbare maniere! Ja, dan moet `n man van eer JaHWeH God tog loof en prys as Hy eens `n oordeel oor hierdie sewevoudige mensehaters en mensebedrieërs laat kom! En daarom is dit nou egte balsem vir my siel dat ek veral die mooi woonhuise en sinagoges van die Judese fariseërs oordek sien met die pragtigste vlamme en dit nog wel op `n voorsabbat. Môre is dit sabbat en die kêrels mag niks insamel of iets anders doen nie. O, so `n goeie les het hierdie ou, onversadigbare booswigte lankal verdien!"
[14] Ek sê: "Maar hoe weet jy dan dat hierdie stadsverligting juis gerig is teen die fariseërs en ook teen die heidense priesters?"
[15] "O" sê Markus, "ek was net onder in die huis om vir môre bietjie aanwysings te gee ten behoewe van die armes wat my môre sou kon opsoek. Toe kom daar drie jong Grieke vir u, vir wie ek brood en wyn laat gee en wat my in ‘n voëlvlug vertel hoe dit nou in die stad daaraan toegaan. Ek had elkeen van hul woorde gewis met `n groot pêrel wou vergoed, so `n genoeë doen dit my! Die skynson het hierdie pragtige resultaat veroorsaak!"
[16] Ek sê: "Maar môre sal jy tog vir jou vreugde moet boet, want van die fariseërs sal daar baie by jou kom eet. "
[17] Markus antwoord: "Baie graag, vir hierdie plesier wil ek die kêrels wel agt dae lank te ete gee, miskien word daardeur één van hulle nog eendag mens; - by U, o Heer, is alle dinge moontlik!"
|
|
|
|
|