Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 119

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Helena word die vrou van Mathael

119 Ouran bedank My en Cyrenius baie hartlik en ook Helena, wat daarop egter vra: "Maar my vader het geen manlike nakomeling nie! Wie sal hom opvolg om te regeer?"

[2] Ek sê: "Maar allerliefste Helena, het Ek julle dan nie `n buitengewoon wyse nakomeling gegee nie, wat jou vader tot vise-koning benoem het!? Is hy nie na jou sin nie?"

[3] Helena antwoord byna huilend van vreugde: "Natuurlik is hy na ons sin! Maar ek moes dit tog vra om met sekerheid U wil, wat vir my alleen gewy is, te verneem! Heer, vergeef my dus as ek U miskien deur die vraag beledig het!"

[4] Ek sê: "Moenie jou bekommer nie, want geen mens kan My ooit beledig nie, en jy wel die minste! Maar omdat jy My nou iets gevra het, wat jy heel goed ook sonder om te vra kon weet, daarom vra Ek jou nou ook iets wat Ek sonder meer ook vóór jou antwoord al weet!

[5] Kyk eers na Mathael! Hy is nou deur jou vader benoem tot vise-koning, en as sodanig deur Cyrenius en My bevestig. Hy is `n nog jong man van nouliks agt en twintig jaar, sou jy hom as eggenoot wou hê?"

[6] Ietwat bedeesd slaan Helena nou haar oë neer en sê na `n rukkie: "Maar Heer, voor U is daar tog ook niks veilig nie, al hou jy dit hóé in jou hart verborge! U het in my hart gekyk, en beslis daarin ontdek dat ek Mathael buitengewoon aantreklik vind, en nou het U my verraai, nog voor ek dit eintlik gewil het. Maar omdat my hart nou tog reeds verraai is, kan ek U heilige vraag nie anders nie as opreg met ja beantwoord. Ek hou heel baie van Mathael, maar dit is natuurlik seer sekerlik die vraag of hy van my hou!"

[7] Ek sê aan Mathael: "Vanaf hierdie punt, vriend, kan jy nou rustig verder praat!"

[8] Mathael sê: "O Heer, hoog verhewene! U is die grootste in my hart wanneer U so menslik met ons mense praat! Sou ek hierdie reine maagd, wat met haar hele wese U toegeneë is, so intens kan liefhê soos ek U, o Heer, liefhet!? Sy is egter `n verhewe koningsdogter en ek `n arme burgerseun. Ek kom eintlik nie eers uit Jerusalem nie, hierdie groot stad wat honderd poorte het, en meer as tien maal honderdduisend inwoners tel. Ek kom slegs uit die omgewing, en die mense reken my en my familie nog nie eers tot die inwoners van die stad nie! - Daar, daar sit vir my die moeilikheid!"

[9] Ek sê: "Wel - wat dan nog? Wie was Dawid dan van huis uit? Wie was Saul? Wie het hulle dan tot konings van Israel gesalf?

[10] As Ek nou met jou doen wat Ek eens met hulle gedoen het, hoe kan jy dan nie van gelyke afkoms wees as Helena nie? Dink jy dan dat Ek nie mag genoeg sou besit om jou direk op die keiserstroon in Rome te stel nie?

[11] Die mag en krag van die een ons hier ten dienste staande aanwesige engel Raphaël ken jy, en elke oomblik staan My duisend legioene van sulke engele ten dienste. Wie sal hom met hulle durf meet?! Raphaël alleen is al voldoende om hierdie aarde in `n oomblik in stof te verander, laat staan `n keiser van Rome te onttroon, en `n ander welgemoed op die troon te stel. Maar so iets gebeur nou nie, hoewel dit My aan mag daartoe nooit sou ontbreek nie, want Ek weet waarom Ek ook die teenswoordige keiser op die troon van Rome laat. Maar op soortgelyke wyse het Ek ook die onbeperkte mag om jou te gee wat Ek wil, en jou te maak tot wat Ek wil; wie sal ons dit betwis?!

[12] Kyk, God se mag gaan verder as die mag van `n aardse koning! Of lê die lewe van `n koning nie ewe goed in My hand as die van `n bedelaar nie? Eén suggie van die wil van My gees, en die hele skepping bestaan nie meer nie! Vriend, bekommer jou dus maar nie! Wat Ek sê, is vir die ewigheid gesê, en waarvoor Ek iemand uitkies, dit is en bly hy onbetwis en onaantasbaar. Ek alleen is die Heer, en doen alles volgens My heeltemal eie liefde en wysheid, en niemand kan met enige reg aan My sê: 'Heer, waarom doen U dit of dat?' nie. Ja, wie My in die liefde van sy hart vra, die sal Ek in sy hart wel `n bevredigende antwoord gee, maar wie met My sou wou redetwis, kry geen antwoord nie, maar slegs `n oordeel! Wees jy dus maar rustig. As Ek jou koning maak, is jy ook werklik `n koning, en wie teen jou te velde sou trek, sal vermorsel word! Neem daarom die hand van Helena en besef dat sy jou liewe vrou is en bly!"

[13] Toe staan Ouran op en sê, vervul met groot dank: "O Heer, Ewige Almagtige, hoe sal ek arme, sondige mens my U ook maar enigermate ooit op waardige wyse dankbaar kan betoon? U oorlaai my met die grootste genade en weldade! Wat `n groot en voortdurende sorg het U van my hart afgewentel!

[14] Hoe moeilik is dit vir `n meelewende vader om vir sy enigste, liewe dogter `n man te kies waarvan mens met enige sekerheid vooruit sou kon beweer dat hy vir sy dogter heeltemal deug, en dat sy met hom gelukkig sal wees! Hoe dikwels het ouers in die huwelikstempels geoffer het vir die welsyn van hul gehude dogters, en gedag dat hulle daardeur `n geseënde huwelik sou verkry, maar al te dikwels egter was alle offers verniet! Die huwelike word tog ongelukkig en die getroude dogter word maar al te gou `n egte slavin in plaas van `n vriendin en troue metgesellin van haar man.

[15] Maar hier gebeur wat ek van die oudstes gehoor het, naamlik dat die egte huwelike deur die gode in die hemele gesluit word. Dit spreek vanself dat die onjuiste begrip 'gode' heeltemal weggelaat moet word, want as mens eenmaal die een en alleen ware God gevind het, bestaan die gefantaseerde gode nie meer nie.

[16] Hierdie huwelik is dus hier deur U, o Heer, Self bepaal en bevestig, en ek kan nou met `n geruste hart verwag dat dit ook U seën, o Heer, nie sal ontbeer nie, hoewel dit natuurlik deur die regte navolging van U heilige wil verdien moet word, omdat dit anders nie gegee sou word nie.

[17] Helena, lieflike dogter, het jy gedag, toe ons ons verre reis begin het, met die doel om die ware wysheid en die onbekende god aller gode te soek, en dan dit alles ons volk te leer, en hulle daardeur so gelukkig moontlik te maak, dat ons beide hier op hierdie verlate, woeste en baie onaansienlike plekkie so onuitspreeklik gelukkig gemaak sou word?

[18] Sien jy, dogter, hoe nou my spreuk wat ek jou so dikwels laat hoor het: 'Wie alles wil vind, soek slegs God alleen!' heerlik in vervulling gegaan het! Jy sug toe ons ons stad verlaat met die geheime bedoeling in die hart om nie vroeër terug te gaan as wanneer ons die waarheid en die alleen ware God sou gevind het nie, en jy sê weemoedig: ‘Vader, ons sal ons stad en hierdie mooi land gewis nooit weer sien nie!' En ek sê aan jou: 'Wees gerus, my dogter, ons gaan tog nie op roof uit nie, en ook nie om een van ons bure met oorlog te dreig nie, maar ons gaan om vir ons en ons land die hoogste geluk te soek! Geen god en geen mag ter wêreld kan hierdie plan van ons sleg noem nie!' Toe word jy rustiger en ons gaan vol goeie moed op reis. Maar ek vra jou of jy vanaf daardie oomblik ook maar die geringste vermoede had van al die oorweldigend goeie en die grote geluk wat ons hier gevind het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205