Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 235

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die ontmoeting van Mathael met die gees van Abraham

235 Toe vra Murel dieselfde aan Mathael en hy sê: "Wat Moses oor die skepping gesê het, het heeltemal geen betrekking op die skepping van die wêreld nie, maar slegs op die vorming van die mens, beginnende by die wieg en voortgaande tot by sy voltooiing, en ook is dit `n beeld van die vestiging van God se gemeente op aarde tot op hede en verder tot aan die einde van die wêreld.

[2] Met 'hemel en aarde' word die nuwe, aardse mens dadelik vanaf sy geboorte aangedui. Die 'hemel' is die simbool vir sy innerlike, verborge, wat geestelik gegee is en die leë woeste 'aarde' dui op die nuwe ontstane natuurmens, wat nouliks bewus is van sy bestaan; - die eerste stadium van die mens.

[3] Geleidelik aan kom die kind tot selfbewusyn en begin te droom en om te dink. Dit is 'Daar lê sy!' in die mens, dat hy weet dat hy bestaan; - tweede stadium.

[4] En so gaan dit verder met alle skeppingsdae tot aan die rus stadium van die voltooiing van die mens! Sê my of jy al begin om iets daarvan te verstaan!"

[5] Murel sê, erg verbaas oor die Bybelse wysheid van Mathael: "Nee, geëerde vriend, die wysheid sou ek nooit as te nimmer by jou gesoek het nie! Ag, op die manier, waarvan ek nou insien dat dit die enigste ware is, sou ek graag die hele Skrif deur jou wou uitgelê hê! Ja, daarvoor is baie nodig voordat `n mensesiel so diep deurdronge is in die wysheid! Maar hoe het jy nou so ver gekom?

[6] Mathael sê: "Vriend Murel, dit is op die plek waar ons onsself nou bevind tog geen vraag meer nie! Die Heer is by ons, - en daar is `n engel uit die hemele wat beslis getuie was van die hele materiële skepping! Self was ek al vanaf my jeug `n skrifgeleerde in die tempel en dit was dan ook die rede waarom mense my as apostel na die Samaritane gestuur het. Maar voor ek nog `n woord met die Samaritane kon praat, sit JaHWeH `n streep deur my rekening: Ek val in die hande van gemene struikrowers en moes, om my lewe nie te verloor nie, self `n gemene struikrower word.

[7] Omdat ek my egter deur God so vreeslik in die steek gelaat voel, sonder dat ek daarvoor by myself `n oorsaak kon aanwys, pla dit my verskriklik. Eers sweer ek my geloof af en begin die hele Skrif vir mensewerk aan te sien, maar deur `n vreemde verskyning word ek weldra op `n ander gedagte gebring.

[8] Op `n nag moes ek alleen voor die vreeslike rowershool waghou, toe kom daar `n bitter ernstige man na my toe. Ek deurboor hom dadelik met my swaard. Hy sê egter: 'Doen geen moeite met jou ellendige wapen nie, want `n onsterflike gees kan nooit in der ewigheid deur `n wapen van `n sterfling gedood word nie! Ek is die gees van Abraham en vra jou waarom jy God wil verlaat en Sy Naam vervolg!’

[9] Daarop sê ek, Mathael, baie verontwaardig: 'Waarom vervolg God my, terwyl ek tog in Sy Naam na die Samaritane gestuur is om hulle almal vir die tempel te wen!? My bedoeling was eerlik en regverdig voor God en alle mense, omdat hulle eerlik en regverdig was vir my gewete. God het my vanaf die begin van my bestaan net my gewete as my regter saamgegee en ek leef regverdig voor hierdie innerlike, strenge regter. Ek het myself nie uitgestuur na die Samaritane nie, maar die hoëpriester as plaasvervanger van Moses en Aäron.

[10] As dit onwaar sou gewees het dat ek na die Samaritane uitgestuur is, sal God se Wysheid nie vir my moet tugtig nie, maar slegs diegene wat my gestuur het. Omdat Sy egter vir my, wat onskuldig is, gegryp het, is ek vanaf daardie oomblik die grootste vyand van JaHWeH, deur wie u, bittere gees, na my toe gestuur skyn te wees!'

[11] Toe praat die gees, met `n nog bitterder gelaatsuitdrukking: 'Ken jy God se mag en toorn? Hoe wil jy, onmagtige stofwurm, die almagtige God weerstaan?! Kan Sy mag jou dan nie gryp en ellendig vernietig asof jy nooit daar sou gewees het nie?!'

[12] Ek sê: 'Dit kan Sy mag gerus doen, want vir so `n bestaan soos wat ek nou lei, kan ek dit alleen maar ewig vervloek! Maar as ek nie meer daar is nie is dit ook vir ewig klaar met my regverdige toorn en gramskap teen die mag'.

[13] Die bittere, ernstige gees sê egter: 'Jy kan God nie gebied om jou te vernietig nie! Hy kan jou kwel, eeuelank met die verskriklikste smarte en pyne laat aanhou en dan sal dit wel duidelik word hoe lank jy die almag van God die hoof sal bied!'

[14] Toe sê ek gloeiend van toorn: 'Dit kan God doen, as dit Hom `n besondere plesier verskaf om `n skepsel vir ewig te kwel maar net om Sy almag te toon! Maar dit sweer ek vir jou, bitter ernstige gees, dat God, al sou Hy nog duisend maal almagtiger wees as wat Hy is, my geestesvermoëns met alle kwellinge wat Hy maar kan bedink nooit sal buig nie!

[15] Met goedheid, sagmoedigheid en aanwysbare regverdigheid kan Hy alles met my doen, Hy kan my `n lam van die lammers maak, maar met Sy toorn daarenteen tot `n duiwel van die duiwels! Tot nou toe het God se almag my slegs `n lewe vol kwellings gegee, waarvoor ek Hom vir ewig nie sal bedank nie. Maar as Hy Hom miskien eers in Sy volle barmhartigheid teenoor my wend en aan my goed sal doen wat Hy my in Sy almagtige humeur aangedoen het, dan sal ek Hom op daardie oomblik dankbaar wees! Maar soos die sake nou staan is ek die grootste vyand van JaHWeH! Want in Sy Naam het ek in alle ernstigheid van Jerusalem na Samaria opgetrek om daar Sy eer en Sy lof te verkondig en as beloning laat Hy my deur duiwels gryp en oorweldig!

[16] Dit is moontlik dat my sending daarheen Hom nie aangenaam en welgevallig was nie! Maar as Hy die valse profeet Bileam tereg kon laat wys deur sy esel, waarom dan my en my metgeselle nie deur ons esels, wat ons en ons bagasie gedra het nie?! Waarom laat Hy ons in die kloue van die duiwels val?!

[17] Gee my `n antwoord, of anders spreek ek `n vloek oor jou uit soos daar op hierdie aardbodem nog nooit `n vloek uitgespreek was nie!' Toe verdwyn die gees en ek val bewusteloos op die grond!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205