Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 74

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die onvermoë van Suetal om die Heer te sien

74 Terwyl Cyrenius verheugd sy rolle so vinnig as moontlik deurkyk en sy gesig daarby steeds meer respek uitdruk, sê Ek vir Rafael dat hy Jarah en Josoë nou weer kan onthef van hul tydelike, kort verbanning en hulle nou aan tafel moet roep. Die vaardige, hemelse dienaar doen dit baie vinnig en wanneer Jarah opdaag, sê sy ietwat bedroef: "Maar, o Heer, U My ewige, enigste liefde, dit was tog `n ontsettende lang gesprek waarvan ek niks mag hoor nie! Ek dag al dat dit nooit voor die nag sal ophou nie! Maar alle lof slegs aan U, dit is nou weer verby en ek het U weer terug!"

[2] Intussen gaan die engel na die twaalf, waarvan Suetal die eerste is wat hom baie oor Jarah verwonder en hy sê: "Luister nou eers, skone jongman, wat het daardie meisie, wat nouliks veertien lentes tel, nou met die wyse Griek aan? Sy skyn tot oor haar ore verlief te wees op die goeie man!? Toe jy na binne gaan, dag ek dat jy die Heer van die Heers te voorskyn sou bring, maar toe bring jy hierdie verliefde meisie! Dit val baie op! Is sy dalk ook `n wonderdoende leerling van die groot Heer en het sy dalk in die huis in `n geheime kamer les gekry? Waarlik, daar duik by julle altyd maar verskynsels op waardeur `n mens in plaas van wyser, maar net dommer word, hoe meer jy goed daaroor nadink. Aan die een kant ongelooflike wonders, aan die ander kant dadelik weer gewone, menslike verskynsels. Sê jy my nou maar hoe `n eerlike mens van ons soort dit moet opneem. Soos wat ek nou ook werklik nie verstaan waarom ons die groot Heer, wat Homself eers deur middel van die wyse Griek letterlik aan ons wou opdring terwyl ons hom eintlik, om die waarheid te sê, gladnie wil sien nie, en Hy Homself nou gladnie laat sien nie! Wat het ons dan gedoen dat ons so lank moet wag, of sal ons Hom uiteindelik gladnie te siene kry nie!"

[3] Rafael sê: "Ja, vriende, as julle so blind is dat julle in die middel van die dag nog nie eers die son sien nie, dan kan julle nie gehelp word nie! As iemand te dom is, help dit niks dat `n mens vir hom sou sê: 'Kyk, hierdie is dit of dat!' Hy sal dit tog nie glo nie, want om te glo het `n mens `n ontwaakte verstand nodig, wat hom in noodgevalle ook self kan red. Maar as die verstand van `n mens nog te vas verbonde is aan die suiwer materie, help geen enkele aanwysing nie. So iemand moet dan eers tienmaal sy neus tot bloedens toe stamp voordat hy daaroor kan begin nadink waarom hy sy neus stukkend gestamp het! En so sal dit by julle ook moet gaan! Geen God sal julle wyser maak solank julle nie self deur skade en skande wys geword het nie!

[4] Wat verwag julle dan nou van die groot Heer uit Nasaret? Mis julle iets wat Hy julle moet gee, of wil julle maar net uit pure nuuskierigheid kyk, net soos die dom mense hulle na vore dring om `n dansende beer aan te gaap? Helaas, die groot Verlosser is nie daar om Homself deur dom en ingebeelde mense uit pure nuuskierigheid te laat aangaap nie! Waarlik, as julle hart Hom hier tussen al hierdie mense nie kan vind nie, dan sal julle ingebeelde, groot verstand Hom nog baie minder vind - dit kan ek julle verseker!

[5] Word eers nederig in julle hart, anders kry julle die heilige, groot Heer nie te sien nie, want Sy Wese is selfs liggaamlik vervul met die totale Gees van God!

[6] Hy is Heer oor hemel en aarde en voor Sy Naam moet alle knieë in die hemel, op aarde en onder die aarde hulle buig, want Sy Naam is meer geheilig as heilig!"

[7] Na hierdie taamlike skerp woorde staan die engel op, verlaat die tafel van die twaalf en gaan weer aan ons tafel sit, waar Cyrenius hom nogmaals in My Naam baie vriendelik dank vir sy buitengewone hulp. Want die geskrewene bevat woord vir woord wat hy My gevra het en hoe Ek sy vrae beantwoord het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205