|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 115
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die gevolge van die natuurverskynsels in Césarea Philippi
115 Die Caesareërs was baie bang want hulle verwag verskriklike dinge wat, na hulle mening, oor die hele wêreld sou kom. Die Judeërs verwag die gerig wat deur Daniël voorspel is en die heidene die oorlog van die gode, en die gewone volk kom in opstand teen die leidinggewende figure deur hulle alle verdere gehoorsaamheid op te sê, en hulle begin selfs alles te verniel wat hulle maar teëkom. Kortom, na `n paar uur ontstaan daar in die stad `n groot chaos, waaraan egter die dom priesters die meeste skuldig was.
[2] Want `n aantal van hulle, wat opgelei was in die Egiptiese wysheid en kennis, bekommer hulle werklik nie so erg oor die plotseling verdwene skynson nie, omdat hulle uit die ou Egiptiese sages weet dat sulke verskynsels al meermale plaasgevind het, sonder verdere nadelige gevolge vir die aarde. Enkele fariseërs veronderstel egter dat daar waarskynlik `n tweede Josua opgestaan het, wat ter wille van die een of ander belangrike besigheid die son nogmaals beveel het om langer as normaal te skyn!
[3] Ook glo een bepaalde sekte van die Judeërs dat die son, ter ewige nagedagtenis van die dag van die algehele verowering van Jerigo, elke honderd jaar op die dag langer aan die hemel bly staan sonder enige verdere nadelige gevolge vir die aarde. Die fariseërs was dus ook vrywel nie bang vir die gebeurtenis wat plaasgevind het nie.
[4] `n Aantal towenaars uit die Môreland, wat as reisigers ook in die stad aanwesig was, sê dat die son altyd as dit oordag volledig verduister word, daarvoor later in die aand langer skyn om die aarde skadeloos te stel. Hulle het dus ook geen angs vir wat daar gebeur het nie. Maar almal wil die verskynsel gebruik om die volk `n werklik helse angs aan te jaag.
[5] Na die doof van die skynson stort die volk wel alle soenoffers wat deur die priesters aangeraai word, maar vir die bodemlose hebsug van die priesters was dit alles nog veels te min, want die volk offer nog nie álles wat hulle aan kosbaarhede en ander waardevolle dinge besit nie.
[6] `n Ou, eersame Griek, wat ook baie van die natuur af weet, bemerk die gemene streke. Hy versamel vinnig `n aantal meer kalm, nadenkende mense in sy huis en lê hulle so goed en so kwaad soos dit gaan, heel in kort uit dat so `n verskynsel heel natuurlik en totaal onskadelik is. Tewens maak hy hulle opmerksaam op die gewetenlose skurkstreke van die priesters deur daaraan toe te voeg: "Kyk, as daar gevaar sou dreig vanweë die seldsame verskynsel, sou die sluwe priesters nie so ywerig met hulle sakke in die strate rondhardloop om sulke ongehoorde offers af te pers nie! Wanneer oor `n paar uur die son gewoon weer net soos altyd in volle glorie sal opkom, sal hierdie mensbedrieërs wéér deur die strate hardloop om dankoffers van die mense te eis! Gaan en sê aan die arme, bedriegde volk dat die ou, wyse Griek hulle dit laat weet!"
[7] Wel, hierdie ou Griekse natuurkundige staan goed bekend by die gewone volk en sy mededeling gaan soos `n lopende vuurtjie deur die stad. In nouliks `n uur neem die jongste gerig `n wending en moes die priesters alle offers teruggee en daarna so vinnig moontlik voet in die wind slaan, want die volk word steeds kwater en geen gesalfde dienaar van die gode was sy lewe nog seker nie.
[8] Dit sien ek natuurlik vooraf al en daarom maak ek Ouran, enkele oomblikke voordat die onmiskenbare spore van die volksopstand teen die priesterdom sigbaar word, daarop attent - hoewel daar tog nog talle was wat in groot angs buite die stad op verskriklike gebeurtenisse wag.
[9] Spoedig na My aankondiging merk die mense hoe skielik verskillende geboue begin te brand en `n luide gehuil begin selfs tot ons ore deur te dring.
[10] Daarop kom Cyrenius met Julius in aller yl na My toe en vra My angstig wat daar in die stad aan die gang mag wees, want dit lyk gewis na `n volksopstand! Ek vertel hom en Julius egter heel in kort die hele toedrag van sake soos Ek dit sopas uit die doeke gehaal het.
[11] Toe Cyrenius en Julius dit hoor, word hulle weer heeltemal kalm en vra My slegs of daarvan tog geen ander, erge gevolge te wagte was nie.
[12] En Ek sê: "Vir julle nie in die minste, maar wel vir die priesters daar, want nou versoen die slimme, gewone volk die gode met die brandoffers van die woonhuise van die priesters en die tempel van die gode! Met hierdie priesters sal julle tog wel geen medelye hê nie, want die meer as slegte slanggebroedsel moet eendag uitgeroei word! Die skynson gee goeie lig, want dit maak vir die blinde volk die skanddade sigbaar van hulle priesters, wat nou hul welverdiende loon kry!"
|
|
|
|
|