Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Oor die verhoging en kroning van Jesus

16 Maar Ek sê vir julle dat dit maar altyd moeilik sal wees om slegs by die suiwer, naakte waarheid te bly. Die wêreldse verstand, wat hom op verskeie plekke buitengewoon sal ontwikkel, sal nie kan insien dat EK HY IS, geestelik gesien, wat eens op Sinaï aan Moses tydens donder en bliksem die wette gegee het en hom die vyf boeke gedikteer het en wat met Sy Wysheid, Mag en Sterkte die hele oneindigheid onderhou en regeer nie! Selfs `n aantal van julle glo dit nou nog nie heeltemal nie, terwyl julle tog eerstehandse getuies is van wat hier gebeur en ook wat op ander plekke gebeur het, dat Ek heeltemal één is met die Vader in die hemel. Wat sal die groot, wêreldse geleerdes dan daarvan sê as daardie getuienis hul ore uit die duisendste hand* sal bereik?!

[*vertalings]

[2] Daarom word dit ook slegs maar aan die eenvoudiges verkondig en nie aan die wêreldse geleerdes nie; want wat groot is vir die wêreld, is vir God `n gruwel!

[3] Die eenvoudige, beskeie mens wie se hart nog so suiwer as moontlik is, het blykbaar ook `n vryer siel en in die siel `n vryer gees en neem daarom dit wat tot die gees behoort, vinnig en maklik aan. Maar `n wêreldwyse, wie se siel ontoeganklik geword het deur die talle suiwer materiële bindings en waarin daar geheel en al geen besef meer is van `n goddelike gees nie, sal nie aanneem en nie verstaan wat julle vir die grootste deel nou al maklik verstaan nie en waarvan julle die regte diepte nou gemaklik goed aanvoel nie. Maar tog verstaan ook julle nou ook nog nie baie nie; maar na My verhoging sal julle dit volkome verstaan!"

[4] Daarop vra Cyrenius skielik: "Wat se `n verhoging bedoel U dan? Word U miskien op aarde tot koning van die konings verhoog en gekroon?"

[5] Ek sê: "Ja, maar nie tot wêreldkoning nie en ook sonder `n goue kroon! Sou Ek dan nie die mag hê om vir My `n aardse koninkryk te neem wat hom tot alle eindes van hierdie aarde sou uitstrek nie? Wie sou My dit kan verhinder?

[6] Lê die bestaan van alle dinge en ook die lewe van alle mense nie in die Hand van My Vader, wat in My is soos Ek in Hom is nie? Hoeveel keer sou julle kon asemhaal sonder die wil van My Gees, wat die enigste is wat aan alles lewe gee en alles onderhou?!

[7] Wat het die mense ten tye van Noag aan al hul mag en uitgediende krygskunde gehad?! My Gees het die watervloed oor alle konings en hul volke laat kom en hulle is almal begrawe!

[8] Wat het die magtige Farao gehad aan sy geweldige groot leër? My Gees het die Israeliete droog deur die Rooisee laat trek en het die agtervolgende leër van die Farao laat verdrink!

[9] As Ek dus koning van hierdie aarde wou wees, watter mag sou My dan kan verhinder?

[10] Maar dit lê glad nie op My weg en op die van hulle wat waaragtig My volgelinge wil wees nie. Op My wag `n heeltemal ander verhoging en kroning, waaroor julle dan van naderby sal hoor net nadat dit plaasgevind het. `n Paar aanwysings het Ek julle tog al dadelik aan die begin van ons samekoms gegee, as julle julleself sal herinner, sal julle die res wel self kan beredeneer!"

[11] Cyrenius sê: "Maar Heer, ek is nou baie seker wie en wat U is en wat U alles kan doen - maar daarom verstaan ek nog steeds nie werklik die rede waarom U, ondanks al U almag, Uself tog nog skuilhou vir die agtervolging van Herodus en die tempel nie!?"

[12] Ek sê: "Vriend, hierdie vraag kon jy jouself nou tog welvoeglik gespaar het! Ten eerste, omdat Ek jou in Nasaret al meer as voldoende die uitleg gegee het, en ten tweede moes jy nou tog eindelik uit alles wat Ek gesê het, opgemerk het dat Ek nie in hierdie wêreld gekom het om die dode nog meer dood te maak as wat hulle tog alreeds is nie, maar om hulle in alles opnuut lewend te maak; daarom sal Ek nou met niemand afreken nie. Want Ek is nou hier om die hele oordeel wat oor hierdie aarde uitgespreek is, op My te neem en alle mense sal deur die oordeel wat Ek op My geneem het, die volledige verlossing van die ewige dood vind.

[13] Daarom is Ek nou nie hier om daarop los te trek nie, maar slegs om alle moontlike wonde van die mensdom wat met velerlei kwale geplaag is, gesond te maak en nie om hulle nog dieper en erger te slaan nie.

[14] Dink jy miskien dat Ek uit bevreesdheid vir My agtervolgers in `n sekere sin op die vlug bly? O, as jy dit sou dink, dan vergis jy jou baie! Kyk eers na daardie stel erge misdadigers! Helaas, volgens Moses en volgens julle wette het hulle honderdvoudig die dood verdien, maar tog laat Ek nou nie toe dat hulle gedood word nie, maar ook hulle sal die barmhartigheid van die hemele ten deel val. As hulle die barmhartigheid vir hulle tot nut maak, sal ook húlle deel aan My ryk hê; verval hulle daarna egter weer in die bose, dan sal hulle dit aan hulleself te wyte hê as die vloek en die hardheid van die wet hulle sal dood! Want weet dit dat die wet altyd daar is, maar die Barmhartigheid kom slegs so nou en dan die in die noute sittende tot hulp; as die Barmhartigheid egter nie eerbiedig word nie, moet mens weer verlief neem met die wet."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205