Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 49

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

God se beeldspraak oor Moses

49 Mathael, wat daar langsaan staan, sê nou op versoek van Julius, waarop Suetal geen antwoord kan gee nie: "Wie sê dan nou vir julle of julle dit werd is om hierdie plek te betree, en of dat julle dit nie werd is nie? In watter wysgerige boek staan dit geskrywe dat `n sieke nooit `n dokter werd is nie? Luister, dié gedagte van julle is afkomstig van die skaapswysheid van die tempel, wat ook iemand wat met `n hand wat nie geheilig is nie, die drumpel van die Allerheiligste aanraak, straf deur sy hande in die vuur te laat verbrand! Maar as die hoë fariseërs teen ryklike betaling heimlik in daardie selfde Allerheiligste elke dag vreemdelinge rondlei en hul alles laat sien en geskiedkundig uitlê, dan word die hande van die vreemdes helaas nie in die vuur gehou nie!

[2] Wat wou God eintlik aan Moses duidelik maak toe Hy hom sy skoene laat uittrek?

[3] Wel, God sê daardeur vir Moses: 'Maak jou los van die liggaamlike en sinnelike, gebruik jou wil om jou te distansieer van die ou, vleeslike Adam en staan as `n suiwer geestelike mens voor My, anders sal jy My Stem nie kan hoor en Ek jou nie tot leier van My volk kan maak nie!'

[4] Maar wat beteken die klim van die berg dan?

[5] Kyk, Moses het gevlug vir die vervolging van die Farao omdat hy `n hoë beampte van die koning vermoor het wat vir die koning soos `n seun was.

[6] Moses was hoog aangeskrewe by die Farao, sodat dit selfs `n ernstige vraag was of hy nie, net soos Josef, die heerskappy oor Egipte sou kry en so sy volk sou verhef nie.

[7] Hierdie omhoog strewe toon God hom in die woestyn deur die klim van die berg, waarvan hy die top egter nie mag bereik nie, want die brandende braambos verhinder hom dit.

[8] En in ons woorde word daar verder gesê: 'Jy sal wel die redder van My volk word, maar nie op die wyse soos wat jy dit dink nie, maar soos wat Ek, JaHWeH jou God, dit vir jou sal uitstippel!

[9] Jy sal geen koning van Egipte word nie en My volk, wat Ek tot nou toe in nederigheid vir My opgevoed het, sinnelik, selfingenome en arrogant maak nie, maar die volk moet die land verlaat en saam met jou hierdie woestyn intrek! Daar sal Ek die volk wette gee en Ek Self sal Heer en Leier van die volk wees en as hulle aan My trou sal wees, sal Ek hulle die land van Salem gee, waar melk en heuning in die spruite vloei!'

[10] Kyk, in die sin van die beeldspraak van toe, wou God vir Moses sekerlik nie sê dat hy sy voetbekleding werklik moes aflê nie, (skoene moes uittrek nie) maar dat hy die ou Adam, of te wel die begeerlikheid van die uiterlike, sinlike mens moes aflê. Want dit staan in dieselfde verhouding tot die eintlike lewensmens net so, soos die skoene aan die voete van `n mens, wat ook die onderste, uiterste, en laaste is, en die eerste is waarsonder die mens kan gaan.

[11] Die plek wat God heilig noem, het betrekking op die toestand van die siel, wat baie nederig moet wees omdat dit andersins nie kan bestaan voor die aangesig van die Ewige Liefde nie, want Sy is `n ware vuur van die lewenselemente.

[12] Die brandende doringstruik is `n teken dat die weg van die profeet met baie dorings besaai sal wees. Maar sy groot liefde tot God en sy broers, wat hy as `n vlam bo en deur die hele doringstruik laat sien, sal die punte van die dorings verskroei en daarna die hele, stekelige struikgewas verteer en `n pad sonder dorings baan.

[13] Kyk, dit is die betekenis van dit wat julle nou net aangehaal het! As julle dit weet, hoe kan julle dan `n aardse plek meer of minder heilig noem?

[14] Trek julle ook julle wêreldse skoene heeltemal uit en verootmoedig julle in alle lewensopsigte, dan sal julle ook net so waardig hier staan soos ons. Want ons almal hier is as mense heeltemal gelyk voor God en voor die Een wat hier is, en niemand word bo die ander voorgetrek nie!"

[15] Nadat Suetal hierdie woorde van Mathael gehoor het, sê hy: "Ja, as jy eenmaal so tot oorlopens toe vol wysheid is, kan jy wel baie maklik sonder vrees wees. `n Siende kan nou eenmaal maklik voorwaarts gaan, maar `n blinde moet vooraf altyd uitsoek of sy volgende stap wel veilig is en ondanks alle versigtigheid en onophoudelike ondersoekende behoedsaamheid, stamp hy tog altyd êrens teen iets. Maar as jy `n wegwyser het, soos wat jy, liewe broer Mathael, een is, dan kan `n mens as stokblinde ook nog vooruit kom! O, nou sal ons wel bly, en ons buitengewoon verheug om so spoedig moontlik nader kennis te maak met Hom waaroor jy om voor die hand liggende redes so `n uitstekende getuienis gegee het!"

[16] Julius sê, terwyl hy Mathael vriendelik die hand druk: “Ewige dank aan die Heer wat jou en jou vier broers so geweldig genees het! Wat het ek nou nie al alles van julle geleer nie en so helder en goed verstaanbaar, - en ek merk by myself op dat dit nou behoorlik begin dag word in my siel en as dit so aangaan, hoop ek om binnekort ook in jou voetspore te tree!"

[17] Mathael sê: "Iets anders sou ook gladnie kon werk nie! Want daar is maar één God, één Lewe, één Lig, één Liefde en maar één ewige Waarheid; ons lewe hier op aarde is die weg daarheen. Uit die liefde en uit die lig het ons deur die wil van die Ewige Liefde in God voortgekom om `n selfstandige liefde en `n selfstandige lig te word; en dit kan ons doen, dit moet ons doen!

[18] Maar hoe? Kyk, geëerde broer: slegs deur die liefde tot God en deur haar nooit versakende werksaamheid! Want ons liefde tot God is die Liefde van God Self in ons en Sy lei ons siel in die altyd verhoogde bedrywigheid van die ware, ewige lewe, wat Self die algehele Waarheid en die helderste Lig is. As dit dus in `n mensesiel begin dag word, dan is sy al digby die ewige lewensdoel en kan onmoontlik nie meer iets anders as die doel van die ewige lewe bereik nie en dit is alles wat die volmaakte lewe in alle vryheid en totale selfstandigheid ooit sal kan bereik!

[19] Wees daarom bly en opgewek, geëerde broer, weldra sal ook u siel die Een te siene kry wat myne nou in steeds helderder lig sien! Sodra dit volledig dag sal word in u siel, sal u die grootheid besef van die Een wat u nou nog sonder skroom die 'Verlosser van Nasaret' noem.

[20] As mens is Hy gelyk aan u en my - maar Sy Gees! Dit deurdring met Sy Krag en met Sy Lig die ewige oneindigheid! - Het u, geëerde broer, my verstaan?"

[21] Julius sê, tot trane bewoë: "Ja, liewe en eintlik baie hoër staande broer as ek. Waarlik, van liefde sou ek jou haas kon dooddruk en die Verlosser Jesus uit Nasaret kan ek nou gladnie meer sonder trane van liefde aankyk nie en ek verstaan nou eers die groot liefde van daardie meisie, wat byna nie meer van Hom weggeslaan kan word nie!"

[22] Suetal sê: "Goddank, nou sal dit nie so moeilik meer wees om Hom te herken nie! Ons hoef maar net te kyk by wie daardie bepaalde meisie haar bevind, dit sal Hy wees!" – Daarna let hulle op.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205