Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 211

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Uitleg van die vierde gebod

211 Toe gaan ons almal vinnig aan tafel en gebruik die maaltyd. Tydens die ete word daar nie gepraat nie, maar na die genotvolle wyn begin die geselskap behoorlik lewendig te word. Langs die tafel waaraan Ek sit met Cyrenius, Cornelius,, Faustus en Julius, met My leerlinge, met Ebahl, Jarah, Kisjonah, Philopold, met Ouran, Helena, Mathael en sy geselle, met die engel Rafael en die knaap Josoë, was `n nuwe tafel in gereedheid gebring vir ons Perse. Al die ander reeds bekende gaste sit aan die, spesiaal vir hulle, gereedgemaakte tafels, afhangende van die wyse waarop hulle, soos bekend, as groep by mekaar hoort.

[2] Almal verwonder hulle oor die aangename warm aand na die geweldige storm en veral verwonder hulle daaroor dat die grond so kurkdroog was, terwyl die water `n paar uur gelede nog `n paar voet hoog gestaan het. Ouran vra My hoe dit nou sal wees met die nagverblyf vir al die mense. Wat sy tente kon bevat, wou hy graag opneem, maar omdat daar etlike honderde hier onderdak gegee moes word, sou sy tente nie in die verste verte toereikend wees nie!

[3] Ek sê: "Vriend! Adam en sy eerste nakomelinge het nóg tente nóg hutte gehad, of selfs gerieflik ingerigte huise. Die aardse bodem en `n skaduryke boom was alles vir hulle en hulle het baie nagte onder die vrye hemel gerus en was gesond en sterk. Hulle kon nie eers `n kombers vir hulle liggame maak nie. `n Krans van vyeblare ter bedekking van hulle skaamte was hulle hele liggaamsbekleding en almal het `n leeftyd van etlike honderde jare bereik! Huidiglik het die mense egter alle lewensgemakke uitgevind en in die plek van één verlore, aardse paradys word daar self baie honderdduisende geskape en kyk, nou het `n leeftyd van honderd jaar `n wonderwerk geword!

[4] Sien jy, dit kom deurdat die mense hulself verwen het en hulle daardeur vervreem van die natuur van die hemelliggaam, wat heeltemal bedoel is om die mense te dra en te voed en sterk en gesond te hou!

[5] Maak jy, Ouran, maak jou dus maar geen sorge oor die nagverblyf vir hierdie baie gaste nie; die goeie en gesonde bodem sal hulle almal goed herberg! Wie deur slaap oorval word, rus baie goed uit op `n kussing van klip. As die klip onder sy hoof hom hinder, is die mens nie moeg nie en nie baie rusbehoewend nie en dan kan hy maar weer opstaan en aan die werk spring!

[6] Sagte beddens maak die mens week en ontneem hom die nodige krag vir die ledemate, en te veel slaap verswak die siel en die spiere van die liggaam. Die natuur van die mens is soos `n suigeling wat die beste gevoed word deur die moederbors. Die kinders wat lank gevoed word aan die bors van `n sterk moeder – met voorbehoud dat sy van nature so gesond en onbedorwe is soos `n Eva - word reusagtig sterk en die stryd met `n leeu sal hulle nie vermoei nie.

[7] In dieselfde mate is die natuur van hierdie aarde ook `n ware moederbors vir die mense as hulle hulleself nie deur allerlei onnodige verwennery van haar af verwyder nie. Maar as die mens hom eenmaal verwyder het van hierdie groot moederbors en hom geïsoleer het van haar versterkende werking, vergaan hy natuurlik, en wanneer hy as `n volwasse man aan haar melkryke bors kom, soos wat hy by `n moeder die melk moet drink, dan walg hy daarvan en hy moet oorgee. Wat hom as kind krag gegee het en baie goed gevoed het, dit sal hom, as man wat die moederbors reeds lank ontgroei het, siek maak en `n swak maag besorg.

[8] Nou, die mens kan nie altyd aan die moederbors krag en natuurlike lewe vir sy spiere verkry nie, maar van die bors van moeder aarde moet hy hom nooit te ver verwyder as hy liggaamlik gesond, sterk en oud wil word nie.

[9] Moses sê: 'Eer jou vader en jou moeder, dan sal u `n lang lewe hê en dit sal met u goed gaan op aarde!' Daarmee bedoel Moses nie alleen die vader wat u verwek het en die moeder wat u gebaar het nie, maar eweneens die aarde met haar altyd nuwe lewe barende krag. Vir haar moet die mens óók nie die rug toekeer nie, maar mettertyd hoog in ere hou en dan sal hy die seën daarvoor ontvang wat Moses vir die liggaam beloof het. Die in ere hou van die liggaamlike vader en moeder is goed en noodsaaklik as die omstandighede hom daartoe leen en as dit ook doenlik is. As die belofte van Moses `n woord van God is, dan sal ook hierdie, net soos die sonlig, `n algemene en onstuitbare uitwerking hê!

[10] Maar as die belofte van Moses sodanig beperk was dat hy slegs ‘n lang lewe en welsyn op aarde kan verwag as hy sy liggaamlike ouers eer, dan sien dit kennelik sleg daaruit vir diegene wat dikwels hul ouers reeds in die wieg verloor het en daarna deur vreemde mense opgevoed is! Hoe moet hy sy ware ouers eer wat hy nooit geken het nie?!

[11] Baie kinders word wel op weë en strate gevind. Ontaarde moeders wat hulle in hulle geilheid ontvang het en gou na die geboorte êrens te vondeling gelê het. Sulke vondelinge word deur ‘n innemende barmhartige persoon aangeneem en versorg; aan hierdie weldoeners is daar dan ook alle liefde en eerbied skuldig. Moses sê niks oor sulke pleegouers nie, maar net oor die egte ouers!

[12] Die goed opgevoede vondeling kan egter sy ware ouers onmoontlik eer nie, omdat hy hulle in die eerste plek nie geken het nie, selfs al wou hy hulle ken, en in die tweede plek voor God en alle mense tog werklik geen verpligting teenoor hulle het nie, hulle wat hom in hulle sondige geilheid verwek het en toe na die geboorte dadelik aan die dood oorgegee het. Maar het so `n mens dan geen aanspraak op die belofte van Moses, omdat hy volgens Moses sy egte ouers onmoontlik kan liefhê en eer nie? O, dit sou tog ietwat mooi wees en `n baie goeie indruk maak as wyse woorde van God!

[13] Ook is daar ouers wat hulle kinders opvoed in alles wat maar sleg genoem kan word. Hulle bring al in die wieg al `n werklike sataniese hoogmoed aan hulle en leer hulle om teenoor elkeen hard en gevoelloos te wees. Sulke tierkatouers leer hulle kinders al om tydig en ontydig brutaal, leuenagtig en oneerlik te wees! Moet Moses ook vir sulke kinders, wat hulle ouers met allerlei slegtigheid en verdorwenheid eer omdat die ouers dit van hulle kinders eis, sy goeie belofte bestem het?

[14] Wat is die kinders van diewe, rowers en moordenaars hulle werklike ouers skuldig? Hulle kan hulle ouers vanselfsprekend alleen eer deur in hoë mate dit te wees en te doen wat hulle ouers ook is en altyd doen, dus: deur diefstal, roof en moord op reisende vreemdelinge! - Kan die belofte van Moses ook op sulke kinders betrekking hê?

[15] `n Klein bietjie begrip moet jou tog wel duidelik maak dat `n belofte wat so verstaan moet word by die gebod van Moses, `n eerste klas smaad sou wees vir die goddelike Wysheid! Hoe kan God, die Alwyse, `n gebod gee wat eis dat ook `n geïnkarneerde engelgees sy ouerpaar, wat uit die onderste hel in die vlees kom, liefde en eerbied skuldig moet wees?!

[16] Jy sien dus dat die gebod van Moses vanuit `n realistiese oogpunt gesien- die grootste en dwaaste onsin sou wees!

[17] Dit is dus enersyds duidelik en nou meer as bewese, dat alles wat Moses gespreek en verklaar het, die suiwer woord van God is en daarom in ewigheid geen onsin kan bevat nie. Andersyds egter, as `n mens die wet van Moses op die ou, gewone, dom manier só uitlê en in ag neem, soos wat dit tot nou toe uitgelê en ook in ag geneem word, moet dit voor die regterstoel van elke beter menslike verstand klinkklare onsin wees!

[18] Waar staan dit dan dat die wet van Moses, soos wat sy tot nou toe in ag geneem was, ondanks die suiwer goddelike oorsprong, onsinnig moet wees? Dit lê in die geweldige misverstand oor dit wat Moses eintlik met die gebod bedoel het: Die algemene ouerpaar van God se groot natuur, naamlik die aarde, met die voor die mensegeslagte geskape hemelligaam as vader, en haar skoot, waaruit altyd maar tallose kinders van allerlei soorte en geaardheid gebore word, as die egte moeder! Die liggaamlike mens moet die oeroue ouerpaar dus altyd eer en ag en hy moet nooit, omdat hy te verwen is, hulle die rug toekeer nie, dan sal hy met `n gesonde liggaam `n lang lewe verkry en dit sal met hom ook werklik goed gaan.

[19] Van die ou ouerpaar kan `n vlytige mens ook die goeie, groot en ware leer neem en vir hom daarmee `n leer bou, waarop aartsvader Jakob die engele van die hemel op en af sien gaan het. Wie vlytig en met groot erns in die natuur soek, sal baie seën vir die welsyn van homself en sy broers tot die daglig bring.

[20] Beste Ouran, wees jy dus maar nie bang as jy maar net één nag in die skoot van jou ou oermoeder moet deurbring nie, - dit sal jou geen kwaad doen nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205