Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 95

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die opvoedingsmetode in die ou Egipte

95 Mathael sê lughartig, omdat die steekhoudende opmerking van die oue hom baie diep aanspreek: "Beste vriend Ouran! Jy het nou as mens volgens jou natuurlike verstand so wys en so waar as moontlik gepraat. Met die verstaan van nuwe waarhede, wat nooit voorheen daar was nie, gaan dit presies soos jy dit vertel het. Maar daarop moet ek die volgende kommentaar lewer: Kyk, in Egipte, en wel in die ou skole van daardie ryk, het die mense by die kinders wat tot die priesterkaste behoort, `n heel eienaardige manier van opvoeding gebruik, wat eintlik glad nie so sleg was nie.

[2] Die pasgebore kinders word dadelik in onderaardse, baie ruim vertrekke ingebring, waar die daglig nie kan indring nie. Hulle word daar goed versorg en sien geen ander lig as die kunslig van `n goed ontwerpte naftaleen lamp nie, in die maak waarvan die ou Egiptenare, soos bekend, onnavolgbare groot meesters was. In hierdie onderaardse vertrekke moet die mens dan tot sy twintigste jaar bly en mense gee hom daar onderrig oor die mooi bo- of eintlik buitewêreld, wat hy nog nooit gesien het nie.

[3] In sy fantasie maak hy hom, so goed en so sleg as wat dit gaan, voorstellings daarvan. Maar van die groot uitgestrektheid van die landstreke, van die groot lig wat hom in `n onmeetlike diepe en vrye ruimte bevind, naamlik van die son, die maan en die tallose sterre, asook van die sterkte van die lig en sy warmte kan hy tog onmoontlik nie vir homself `n regte begrip vorm nie.

[4] So `n baie gevoelige leerling uit die onderaardse, donker skoollokale het daarom ook slegs brokstukke van waarhede oor die bowe-wêreld en die omstandighede wat daar heers in sy kop, maar kan dit ondanks al sy vlyt en al sy oplettendheid tog nie, soos mense lief is om te sê, onder één noemer bring nie.

[5] Daardie was dus ook louter afsonderlike, soliede en egte boustene, waarvan die samevoeging tot één groot paleis nog baie lank op hom moet laat wag en wat natuurlik in die onderaardse lokale heeltemal onmoontlik was.

[6] As so `n leerling dan uit die onderwêreld volgens die oordeel van sy leraars die gewenste graad van ontwikkeling bereik het, word hy meegedeel dat hy nou weldra deur die barmhartigheid van God onverwags na die verligte bowe-wêreld sou gaan, in die lig waarvan hy in één oomblik meer sou ondervind en leer as in talle ure in die donker onderwêreld.

[7] Die leerling uit die onderwêreld het hom natuurlik besonder verheug daaroor, hoewel hy eintlik nog eers op `n baie merkwaardige manier sou moes sterwe. Daardie sterwe het bestaan uit `n baie diep slaap waartydens die mense die leerling in `n pragtige paleis in die bowe-wêreld ingebring het.

[8] Hoe groot is die verbasing van so `n leerling nie as hy daarna vir die eerste maal uit sy slaap ontwaak en hom in die goddelike lig van die son bevind! As hy homself sien in wit klere, wat met rooi en blou stroke versier is! As hy die vriendelike, eweneens pragtige geklede mense van albei geslagte kan sien! Hoe smaak die heerlik voorbereide, nuwe kosse nie vir hom nie! Maar wat moes sy siel dan gevoel het, toe hy deur baie vriendelike mense na buite gebring word, daar deur die heerlike tuine wandel en hul hemelse geure inasem, en met sy, bo alle menslike begrip uitgaande geluksdronk oë, vir die eerste maal die hele natuur in al haar uitbundigheid deur die son beskyn voor hom sien!

[9] Kyk, uit hierdie skildering, wat jy in jou fantasie self nog verder kan aanvul, sien jy nou hoe jou eie, teenwoordige begrip se verhouding is tot al die nuwe waarhede wat hier vir jou ontsluier word!

[10] Wat jy nou verneem in die duistere lokale waarin jou siel haar nog bevind, is natuurlik maar brokstukke en dit kan geen geheel vorm en op sigself volledig wees nie. Maar as jou gees deur die ware liefde tot JaHWeH God, en uit hierdie liefde ook deur die liefde tot die naaste, in jou siel opgewek sal wees, sal jy in die helderste lewenslig van jou gees dit alles as één samehangende geheel sien en dáár `n onmeetlike ligsee aanskou waar jy nou skaars enkele druppels kan sien.

[11] Ons eerste en beste werk sal daarom wees om die gees in die siel vry te maak en die siel in sy lig te bring. As ons dit bereik het vriend, sal ons geen druppeltjies meer hoef te versamel nie, maar sal ons dadelik in verbinding staan met onmeetlike seë vol van God se hoogste wysheidslig.

[12] Dan, vriend, sal jy my sekerlik nie meer na die gesteldheid van die maan, ons aarde, die son en al die sterre vra nie, want dit alles sal vir jou by die eerste aanblik vanself duideliker word as die son in die middel van die dag.

[13] Maar dan begin daar vir ons `n ander skool, waar jy nou natuurlik nog geen idee van kan hê nie. - Sê eers, vriend, of jy hierdie vergelyking nou so ongeveer verstaan het! Wat dink jy daarvan?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205