Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 181

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Gedagte van Philopold oor die skepping

181 Philopold rig hom dan tot Kisjonah wat langs hom sit en sê aan hom: "Het jy, netsoos ek, nou ten einde laas `n korrekte begrip van `n engel van God? Kyk, ek het ook altyd gesê dat die engele eintlik geen persone nie, maar met God se wil vervulde idees is, en slegs dan `n sigbare, bepaalde vorm aanneem as God dit noodsaaklik vind. Omdat God egter `n enorm aantal idees van verskillende grootte en so nou en dan ook kleinere, aanvullende idees sal hê, is dit verseker dat hierdie idees, op watter manier dit ook uitgevoer moet word, vervul moet wees van die Mag en die Krag van die goddelike onveranderlike wil, omdat dit andersins nooit in werking gestel of tot stand gebring kan word nie.

[2] Alle duursame skeppings, wat vir enige tyd, of ook wel vir altyd, `n bepaalde, sigbare vorm het - soos byvoorbeeld `n hele wêreld en alles wat daarin en daarop is, en alles waaruit sy bestaan – is idees wat van God uitgegaan het wat hulle reeds in `n gerealiseerde bestaan bevind. Maar om dit tot stand te bring, moet daar van God ook voortdurend, merendeels vormlose, heeltemal vry werkende idees uitgaan, wat ook met Sy Wil vervul is, maar wat alleen daar is om te werk en vorms te maak. Hulle is nie daar om self `n vorm te wees waarin krag en intelligensie saamgaan, om so op `n aan God gelyke wyse, vanuit die eie sentrum op die objektief uitgestuurde idees dusdanig in te werk, dat hulle binne `n sekere planmatige orde sinvolle vorms moet oplewer nie. Nee, hulle bly self altyd sonder vorm en bevorder die maak van vorms, soos die wyse Plato reeds beweer het oor die oorspronklikheid van die menslike siel.

[3] Hierdie engel het nou natuurlik wel `n vorm, maar hierdie vorm is eintlik op sigself niks nie, omdat dit nie blywend is nie. Tog staan hy soos hy is, byna op die punt om as `n selfstandige, groot gedagte uit die oorspronklike idee van God, vry en alleen van homself onafhanklik te bestaan en selfstandig te werk, gedeeltelik met die nuut afgeskeide eie materiaal en ten dele met wat maar altyd uit God binnestroom.

[4] Ek glo dat die groot idee vir die eintlike, ware kindskap van God ook daarin lê. Want solank `n idee identies bly aan die Godheid, omdat dit nie afgeskei is nie, kan daar aan geen selfwerksaamheid, en daardeur ook aan geen selfstandigheid gedink word nie. Eers wanneer die idee heeltemal identies is met ons mense van hierdie aarde, kan dit ook dit word en wees, waartoe ons mense geroep is.

[5] Sê my eers of my mening korrek is of nie?!"

[6] Kisjonah sê: "Ja, ja, ek vind geen verkeerde beoordeelde dinge daarin nie! Ek is weliswaar absoluut geen filosoof nie, maar tog sê my natuurlike, wêreldse verstand vir my dat jy nou baie wys gepraat het, en ek is bly dat ek in jou so `n wyse vriend en broeder in die Heer het. Tuis sal ons nog baie daaroor kan praat, maar nou sien ek tog weer uit na `n lewenswoord uit die mond van die Heer!

[7] Die engel het al wel iets aangekondig, maar daar gebeur nog niks nie en die Heer het, soos wat ek kan sien, tydens ons wysheidsgesprekke ietwat ingesluimer, en daar sal dus nog nie veel daarvan kom dat Hy binnekort Sy heilige mond sal open om iets te sê nie.

[8] Die wyse meisie wat Cornelius soveel gegee het om oor te dink, het ook ingesluimer en ook die opperstadhouer, en ek merk nou dat daar al meer aan ons tafel slaap, maar aan die ander tafels gaan dit nog baie lewendig! Dit lyk vir my dat hierdie tafel deur die wysheid wat die engel, en veral wat jy ten beste gegee het, so slaperig geword het!?

[9] Weet jy, geliefde Philopold, ek luister besonder graag na jou as jy oor dinge bokant ons begripsvermoë begin te praat, maar hier in die teenwoordigheid van die allerhoogste Wysheid gee jy byna te veel van die goeie! Toegegee, die engel het ook lank met ons gepraat, maar hy spreek die suiwer woord van die Heer, en daarom het dit in `n sekere sin gelyk of Hy, die Heer Self, praat. Maar toe jy daarna begin te praat, was dit slegs maar jou mening volgens alles wat jy van die engel gehoor het, en dit het, glo ek, die slaperigheid aan ons tafel veroorsaak! - Glo jy dit self nie ook `n bietjie nie?"

[10] Philopold sê: "Ja, ja, jy sou wel gelyk kan hê! Dit spyt my nou ook werklik dat ek my sover deur my verstand laat verlei het. Maar ek kan dit nou nie meer ongedaan maak nie, hoewel ek tog ook daarvan oortuig is dat ek geen ongeregtigheid begaan het nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205