|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 96
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Helena se gedagtes oor die wysheid van die mens
96 Ouran sê: "Weet jy, beste vriend, baie goed, en so moet dit met ons mense ook wees en gebeur. As dit so nie was nie en dit sou anders moet gebeur, dan sou jy nie hierdie mate van wysheid verwerf het nie!
[2] Ook jy is stellig eers opgevoed in die duistere onderwêreld van jou liggaam, vervolgens het jy ook liggaamlik in jou siel gesterf en nou in die ligpaleis van jou gees en in dié se Elisiese velde gaan wandel. By jóu het die enkelvoudige druppels van vroeër later `n see geword, maar by my is dit seker nog lank nie te verwagte nie. En ek verstaan daarom die sin van elkeen van jou afsonderlike woorde, maar die groot samehang sal vir my ook eers dán duidelik word as my siel die duistere katakombes van die liggaam sal verlaat en binnegevoer word in die ligpaleis van haar gees en in sy tuine, waar die hemels gegeurde vrugte in die lig en die warmte van die ewige lewenson sal rypword.
[3] Kyk, `n sekere, soet vermoede van hoe dit kan wees en seker ook sal word, begin ek wel in my te voel, maar vir die 'wanneer' is daar g’n bepaalde termyn nie en `n mens het ook geen herkenningsteken in jouself waardeur `n mens ook maar `n paar dae vooraf sou kon weet wanneer die arme siel uit die duistere katakombes gelei sal word nie!
[4] Maar wat kan `n mens daaraan doen? Niks behalwe om jou heel geduldig oor te gee aan die wil van die Almagtige Leier wat ook jou siel, sonder om dit vooraf aan die liggaam meegedeel te hê, opgewek het in die ligpaleis van jou magtige gees.
[5] Maar nou sal ek ook van my Helena wou hoor hoe jou gelykenis haar geval het en watter oorweginge sy daaroor het!"
[6] Dadelik sê Helena: "O, die beste van die wêreld! Die gelykenis was skitterend en baie treffend, en as die Egiptenare sulke opvoedkundige skole gehad het, dan was hulle sekerlik geen dom mense nie, daarvan lê hul geweldige werke in hierdie opsig `n baie sprekende getuienis af. Dit sou slegs nie wenslik gewees het as hulle sulke wyse skole verder vir die hele volk sou uitgebrei het nie. Ek kan my naamlik nie voorstel dat dit die plan van die groot, wyse Skepper kan wees om `n deel van die mensdom, en wel die grootste, gedurende die lewe dom en totaal blind te hou nie. Maar dit is in die wêreld nou eenmaal so, op één wyse vind jy altyd meer as tienduisend dommes en blindes; oral is dit so. Maar waarom dit so moet wees, is natuurlik `n ander en beslis baie moeilike vraag om te beantwoord.
[7] Ons is hier op hierdie breë heuweltop nou seker saam met ongeveer vierhonderd mense byeen, maar daarvan sal skaars vyftig werklik wyses wees, alle ander kan min of meer toekomstige leerlinge van die wysheid genoem word! Die Romeinse soldate en die talryke dienaars van die opperstadhouer sal selfs nie by die aller geringste leerlinge getel kan word nie!
[8] Hiervandaan kan `n mens baie goed tot by die nabygeleë stad kyk en die oog ontdek massas mense, wat na die steeds op één plek blywende, skitterend skynende skynson staar en beslis nie weet wat hulle van die verskynsel moet dink nie. Onder hierdie massas mense is seker nie één wyse nie, hoewel menigeen van hulle hulleself miskien verbeel dat hulle is, en dit is eintlik nog slegter as wanneer so iemand hom heel nederig in sy hart inbeeld dat hy van al sy metgeselle die aller domste sou wees. Wat moet die mense van so `n ongewone verskynsel dink!? Wat sal hulle nou links en regs in die rondte vra: 'Wat is dit?! Wat beteken dit?! Watter gevolge sal dit hê?!'
[9] Maar wie sal al hierdie vrae beantwoord? Dom en blind kom hulle uit hul huise, en nog dommer en blinder sal hulle weer daarin terugkeer! Moet dit nou so wees, moet die mense dan werklik dom en blind bly?!
[10] Die mense wat hier aanwesig is, ook al is dit geen leerlinge nie, het ten minste die wetenskap dat dit nie die egte, maar slegs `n deur die aan hul reeds bekende mag van die groot Heer opgeroepe skynson is en hulle trek by hierdie verskynsel, soos `n mens kan sien, baie vrolike en opgewekte gesigte. Hulle begryp die verskynsel weliswaar ook net so min soos ek, maar hulle weet dat dit `n gevolg is van die wonderbaarlike mag van die wil van die aan hul bekende groot Heer. En as Hy oor ongeveer `n uur die groot lig uitdoof, sal niemand hom daaroor bekommer nie, want almal sal weet wie die lig gedoof het.
[11] Maar as die ander mense, wat niks van dit alles weet nie, hierdie son oor ongeveer `n uur plotseling sien uitdoof op die plek waar dit nou staan, sal groot skrik, vrees en vertwyfelde angs hulle aangryp, en almal sal vas daarvan oortuig wees dat die gode baie kwaad geword het en die aarde verskriklik gaan straf!
[12] Dit lyk vir my daarom selfs aanbevelenswaardig om, ter gerusstelling van die mense, bodes hiervandaan te stuur wat die opgewonde gemoedere baie beknop kan uitlê wat daar sal gebeur, en dat dit slegs `n skynson is. - Wat dink u daarvan, goeie, beste vriend?"
|
|
|
|
|