Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 98

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Ouran se gedagtes oor die Heer

98 Na hierdie woorde van Mathael sê Ouran: "My steeds agtenswaardiger vriend, ek moet nou tog ook eerlik aan jou beken dat by die gedagte aan die plotselinge verdwyn van hierdie son, `n bepaalde vrees my tog self ook bevang. Want dit herinner my aan die totale menslike onmag in vergelyking tot die onbegrensde almag van Hom wat weliswaar in ons midde is, maar eintlik tog te heilig en te oneindig verhewe is dat mense soos ons, wat weet wie Hy is, Hom sou kon benader! Of dat ek met Hom, net soos met u of ander mense, as vriende onder mekaar sou durf praat!

[2] Dit is `n baie vreemde gedagte en dit gaan deur jou murg en been as jy bedink dat Hy alles in alles is en dat ons, met Hom vergeleke, niks is nie!

[3] Dan troos dit ons natuurlik wel weer dat Hy Self die hoogste en suiwerste Liefde is en daarom met ons armsalige, sterflike mense die grootste geduld, begrip en medelye het.

[4] Maar Hy is nou eenmaal God en vir altyd onveranderlik en volkome onsterflik, en die hele oneindigheid hang met sy bestaan aan Sy Wil soos `n doudruppel aan `n enkele grassprietjie. Die geringste sug uit Sy mond sou die hele oneindigheid kon vernietig, soos wat slegs die ligste suggie van die wind die loshangende doudruppel van die punt van die grashalm sou kon afblaas.

[5] Weet jy, as jy dit met `n nugter hart heel rustig by jouself oordink, kan jy onmoontlik die gedagte van jou afkeer dat jy in die sigbare aanwesigheid van die Almagtige enersyds die hoogste saligheid ondervind, maar dat jy andersyds tog liewer nie so naby by Hom sou wou staan nie. Om Hom op `n sekere afstand te aanbid, sou vir siel en gees `n groot genot wees en sou die hele mens baie stig, maar hier so vlakby kan jy dit tog maar net ietwat heimlik in jou hart doen.

[6] So sou ek nou byvoorbeeld ook graag met Hom wou praat. Daarna verlang ek baie, maar deur Sy onvoorstelbare, geestelike grootte kan jy geen moed daarvoor bymekaar skraap nie, hoewel Hy uiterlik as `n heel beskeie en gemoedelike mens daar uitsien! Sy uiterlike behou ewenwel daardie bepaalde suiwer goddelik almagtige, en dit is duidelik aan Sy oë en Sy voorkop te sien dat hemel en aarde voor Sy Wil moet buig. Uit Sy oë skiet letterlik ligstrale en deurlopend roep Sy voorhoof dit wat nooit was nie, tot lewe.

[7] Ja, vriend, dit verpletter jou as jy die Skepper van die wêrelde en hemele in die persoon van `n eenvoudige en heel beskeie mens voor jou sien staan! Helaas, dan moet daar nie meer geskerts word nie! Maar, dit is nou eenmaal so, en die Heer alleen sy alle lof dat dit nou so is, want sonder Hom sou ons onder die huidige omstandighede baie sleg daaraan toe gewees het!"

[8] Mathael sê: "Dit is verseker, en vir my en jou heel besonder, want vir my sou die duiwels gewurg het, en die sonsverduistering sou jou dood gewees het! Maar nou moet ons weer oplet, want nou sal dit werklik nie meer so lank duur met die skynson nie, en as hierdie seldsame son plotseling uitdoof, sal daar `n spektakel losbreek!"

[9] Toe word almal stil en kyk na die skynson.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205