Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 172

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Cornelius en Jarah se wysheid

172 Cornelius vind die wysheid van die meisie egter onbegryplik groot. Ook Faustus en Philopold was baie verbaas en Cornelius vra My of hy nou aan tafel met die meisie oor `n aantal dinge mag praat. Ek staan hom dit toe. En dit verheug beide Cornelius en die meisie, en ook almal aan tafel, en Ek raai hom aan om wyse vrae te stel.

[2] Maar Cornelius begin, noudat hy die meisie `n vraag kan stel, om diep na te dink oor wat hy nou eintlik wou vra. Omdat Ek gesê het dat hy maar net wyse vrae die meisie moet stel, dink Cornelius, dat dit nie sommer `n doelloos tafelgesprek mag wees nie, maar `n gesprek met `n goeie inhoud, en daarom soek hy na iets wat geskik sou wees vir `n geselskap wat altyd in die posisie was om die hoogste wysheid aan te hoor.

[3] Hoe langer en dieper hy daaroor nadink, des te minder vind hy `n onderwerp van gesprek wat hy die moeite werd vind om met die meisie gedagtes daaroor te wissel. Hy peins hom suf en vind niks wat vir hom belangrik genoeg lyk nie.

[4] Na `n betreklike lang nadenke, sê hy (Cornelius) aan My: "Wel, wel, ek het gedink dat dit makliker sou wees, maar hoe meer en hoe dieper ek nou nadink, des te minder vind ek iets wat geskik is vir so `n wyse kind!"

[5] Ek sê: "Wel, as jy niks buitengewoon kan vind nie, vra die meisie dan die eerste en beste!"

[6] Cornelius sê: "Daarmee is ek eens, maar ook daar haper dit! Want oor iets wat te alledaags is, kan ek tog nie vra nie, en van die beter dinge wat hier al goed aan die orde sou gewees het, sou ek tog niks vanaf weet nie!"

[7] Die meisie, wat wel die verleentheid van Cornelius bemerk, sê: "O geëerde, beste vriend. As u geen vraag vir my het nie, staan my dan toe dat ek aan u `n vraag mag stel, want vrae het ek genoeg, - elke vraag roep dadelik tien ander op!"

[8] Cornelius sê: "Daarteen het ek niks nie, my liewe kind! Maar as jy `n vraag aan my sou stel, moet ek natuurlik ook `n antwoord gee. Maar as ek dit nie eers sou ken nie - wat nie so denkbeeldig is nie, omdat jy `n kind met `n helder verstand blyk te wees - wat dan?"

[9] Die meisie antwoord: "Nou, wat dan?! Dan beantwoord ek my vraag self, en dan beoordeel u die vraag én die antwoord, en dan kan u my vertel of ek my nie êrens vergis het nie! Helaas, dit is vir my hier ook heeltemal geen kleinigheid nie, om vrae te stel en te beantwoord nie, maar die Heer, wat my enigste, ewige liefde is, steur my daarby nie in die minste nie, omdat `n vergelyking tussen Sy oneindige, en ons baie beperkte wysheid heeltemal geen sin het nie.

[10] Of ons nou ietwat meer of minder dom dinge sê, dit verander die verhouding tussen ons en die Heer nie in die minste nie, want ons is self in alles glad nie te vergelyk met die Heer nie, en dat daar in ons iets vir Hom is, kom omdat Hy deur Sy barmhartigheid in ons harte is.

[11] Maar daar is `n aantal wyses onder ons, en wel hier aan hierdie tafel, wat ek baie hoog ag. Met hulle beter jy nie swaarde kruis nie!

[12] Daar is wel baie wat, buiten my, Rafael en natuurlik die Heer, tot op die oomblik geen mens kan weet nie, omdat niemand ook maar enige ervaring op die ongelooflike terrein kan hê nie. Maar wat het ek daaraan om tuis te voel op die verste sterre, as ek daarteenoor onbekend is met ons vaderlandse aarde?! Dan weet jy tog nog maar baie min!"

[13] Cornelius sê: "Wie aan ons tafel is hulle dan vernaamlik, vir wie jy menslikerwys so `n besondere eerbied het?"

[14] Jarah sê: "Die vise-koning daar, wat nou saam met die ou Ouran oor die hele Pontus sal heers! Hy heet Mathael. Hy sou my die vuur wel na aan die skene kan plaas! Ek glo dat ek op honderd vrae van hom, nie één verstandige antwoord sou kan gee nie!"

[15] Mathael sê: "O my liewe kindjie, jy is nou opeens baie beskeie! By my sal jy nog lank nie in verleentheid kom nie, want ek ken jou skerp verstand maar al te goed! As Rafael homself, veral by jou, al goed moet konsentreer, hoeveel te meer nie één van ons nie! En owerste Cornelius doen baie goed daarmee om diep na te dink waaroor hy met jou wil praat! Want jy is één van weiniges van jou geslag! Dit is wel waar dat ook ek baie verstaan en baie weet, maar ondanks dit sou ek my tog nooit met jou in `n soort wysheidswedstryd wou meet nie, wat ook louter dwaasheid sou wees! Maar om baie dinge van jou te leer, sal ek altyd baie pragtig, waardevol en dierbaar vind."

[16] Jarah sê: "So gaan dit nou met `n arme meisie; as sy óók iets weet, durf niemand met haar praat nie! Daarom sou dit vir haar haas beter gewees het om ietwat minder te weet, om nie lastig te wees vir die wyser vriende nie! Maar wat kan ek nou doen?! Om minder te weet as wat ek nou weet, is onmoontlik, want ek kan die lig van my hart nie swakker maak as wat sy is nie. Die lig gee my in altyd oorvloediger mate die liefde tot JaHWeH, die mees heilige Vader van die vaders van alle aardse vaders! Ja, as dit vir my moontlik was om my enige en uitsluitende liefde ooit ook maar iets te laat afneem, dan sou ek ook seker dadelik dommer geword het, maar so iets is vir my onmoontlik! En wat ek daarom deur die lig weet, is nie ek nie, maar die goddelike kennis in my hart, en niemand hoef daarvoor terug te deins nie; soos wat ek ook niemand hoef te vrees nie! Daarom moet u, edele vriend Cornelius en u, edele Mathael, ook met my praat!"

[17] Cornelius sê: "Ja wel, ja wel! Maar, liefste Jarah, weet jy, dit is juis daarom ietwat moeilik, omdat, soos ek al baie duidelik begin te voel, jou hart werklik te veel suiwer wysheid bevat. O, verder is jy uitermate aanvallig en liefdevol, en `n mens sou dae lank na jou kon luister, maar om vrae aan jou stel of vrae van jou af te kry, is tog iets heeltemal anders. Die vra gaan vinnig genoeg, maar daarna kom die antwoord, en dit sien daar by my nog maar power uit!

[18] Ook is eiedunk nie geheel en al vreemd nie, en ek is vir niks ter wêreld banger as vir een of ander skande nie, wat natuurlik ook nie reg is nie, maar daaraan kan ek niks doen nie. Ek is van kleins af so opgevoed, en van `n ou gewoonte raak jy nie so gou verlos as wat jy sou dink nie.

[19] Maar wees nog geduldig met my, dan sal iets sinvol my wel te binne skiet, en dan sal ek opregte vreugde daaraan belewe om goeie, wyse dinge van jou te hoor!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205