Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 186

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Voorbereidings vir die naderende storm

186 Intussen gaan Herme, die boodskapper en sanger uit Caesarea Philippi, eers op die berg kyk hoe dit daar met die afgebrande stad gaan en hy sien dat geweldige brande nog hier en daar woed. Maar hy ontdek ook dat daar juis `n geweldige onweer vinnig uit die rigting van die stad nader kom, wat na sy mening nie so lank meer op hom sou laat wag nie.

[2] Soos `n weerprofeet kom hy nou die berg af en sê aan die ou Markus: "Beste buurman, daar is so baie gaste hier, en binne `n halfuur sit ons almal in `n rasende storm met onweer! Het jy wel voldoende onderdak om ons almal teen moontlike ongemak te beskerm? Want met so `n storm sal dit nie veilig wees om buite te bly nie! Die wind en die reën is nie die ergste nie, maar haelstene en bliksems is nie so aangenaam om in die ope lug mee te maak nie! As jy dalk te min onderdak het, moet ons voorsorgmaatreëls tref!"

[3] Markus sê: "Solank die Een wat hier is, niks sê of opdra nie, is daar beslis ook geen gevaar nie! Hierdie Een is ons beste en betroubaarste veiligheid. As Hy egter vind dat daar voorsorgmaatreëls getref moet word, sal dit ook so vinnig moontlik getref word! Beste vriend en buurman, bekommer jou dus maar gladnie, alles sal gou in orde wees!"

[4] Ek roep beide en sê aan Markus: "Die storm wat ons weldra sal bereik, sal ons behoorlik baie ongemak besorg! Daarom sien Herme dat `n paar afdakkies geen kwaad sou doen nie, maar hier is gladnie materiaal daarvoor nie! Waar kan jy dit in so `n kort tyd bymekaar kry?"

[5] Markus sê: "Heer, solank U by en met ons is, sê ek, soos ek al vroeër aan vriend Herme gesê het: U is ons beste beskerming en ons het ewiglik geen beter en sterker nodig nie!"

[6] Baie omstanders herhaal hierdie woorde van die ou Markus hardop en vol vertroue en Ek sê: "Goed dan! Maar as daar nou dalk `n harde haelbui sou kom met bliksems en `n wolkbreuk daarby?"

[7] Almal sê: "Heer, ook al sou daarby `n ongehoorde aardbewing alle berge op `n hoop gooi, en sou alle sterre van die hemel val, dan sou ons in U teenwoordigheid tog nog uitbundig lag. Wat kan ons skaad, as U magtige hand ons beskerm?!"

[8] Ek sê: "Soos nou, moet julle ook in die storm en die gevaar nie net met julle monde spreek nie, maar ook met julle harte, dan sal julle deur julle geloof en deur julle lewende vertroue My beskerming geniet. Maar as julle in die gevaar sou begin om terug te deins, sou My beskerming julle nie so baie baat nie!"

[9] Almal sê: "O Heer, wie sal wankel in die geloof en die vertroue op U?! Vóór alles verlaat ons onsself op U Liefde en U almagtige Wil, want as U, o Heer, sou ophou om te wil, sou dit vir ons met al ons geloof en vertroue sleg daar uitsien! Maar U is baie goed en regverdig en U sal ons vertroue nie tot skande maak nie!"

[10] Ek sê: "O, verseker nie, - julle sal juis op hierdie aand God se Mag en Glansrykheid leer ken en voel! Bowendien móet hierdie storm kom terwille van die nog brandende stad, omdat sy andersins nog `n paar dae sou bly brand. Die storm sal wel ongeveer drie uur lank duur, en dit sal `n storm wees soos julle nog nooit beleef het nie, maar hy sal tog meer baat, as skade doen.

[11] Maar laat ons nou na die see gaan, want daar sal ons aanwesigheid die mees noodsaaklikste wees! Ook sal julle daar die woedende elemente die beste kan sien, en die Glansrykheid van God sal julle daar ook beter ondervind as onder `n dak!"

[12] Na hierdie woorde trek elkeen na die see wat baie rustig was. Maar daar sien `n mens ook al die swart wolke naderkom, en ook oor die oostelike en suidelike berge toring die wolke massaal omhoog, en dit word vir almal nou duidelik dat daar `n geweldige storm aan die kom is. Bokant die see is `n massa stormvoëls te sien.

[13] Ouran begin daarom besorg te word oor sy mooi, kosbare tente. Hy kom na My toe en vra My of Ek die reisgeselskap ook sou wou beskerm, want met so `n reuse storm sou die tente baie sleg daarvan afkom!

[14] Ek sê: "Sê Ek dan nie aan julle dat die Glansrykheid van God hom juis hier die duidelikste sal openbaar nie? Hoe kan julle dan ondanks dit so besorg wees oor julle armsalige tente, asof die heil van die wêreld maar enigsins daarvan sou afhang?! Kyk, die tente is groot en baie ruim. Laat, as die storm in alle heftigheid oor ons los sal bars, alle vroulike gaste daarin gaan, en ook die manlike, wat miskien tog deur `n te groot vrees bevange sou word! Want die storm sal seker nie mee te spot wees nie, maar met jou markiestente sal niks gebeur nie, behalwe dat dit ietwat nat sal word."

[15] Ouran sê: "Ek dank U vir hierdie belofte, wat nou al byna heeltemal in vervulling gegaan het. My tente, wat selfs by die grootste wolkbreuk geen druppel water deurlaat nie, staan nou almal ten dienste wie daarvan gebruik wou maak. Self sal ek egter ook by U, o Heer, wou buite bly."

[16] Ek sê: "Is jy dan nie bang vir die hael nie?"

[17] Ouran sê: "Ek het daar al saam met alle ander my mening gespreek en sê dit nou nogeens met die wyse spreuk van die Romeine: Si fractus illabatur orbis, impavidum ferient ruinae!"* (*As die hemelgewelf instort, sal die puinhope `n onversadigde aantref; hy sal hom deur niks laat afskrik nie!)

[18] Ek sê: "Goed so, maar nou begin die stormwolke van beide kante mekaar die vogtige hande te reik, en dit sal dus wel gou losbars! Ook op see vertoon daar al hier en daar groot rollers (golwe), en dit is dus vir die vreesagtiges tyd om die droë plek op te soek!"

[19] Visse spring uit die water om die laagvlieënde muggies te vang. Ook is daar `n altyd groeiende swerm seemeeue en swaweltjies bo die wateroppervlakte, en help die visse om die aantal muggies te verminder. Die water word op verskillende plekke erg onrustig, en hoog in die lug dwarrel die wolke altyd digter en wanordeliker deurmekaar. In die weste word die rol van die donder ononderbroke gehoor, en die stormvlae bo die volle see begin met hul vreesverwekkende, rasende, en loeiende stryd.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205