Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 165

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die gevare van hoogmoed

165 Maar toe hy by Mathael kom, sê hy (Quran): "Vandag is daar met die Heer niks goed te praat nie! Ek het Hom baie beskeie gevra, of die aangekondigde, hoë gaste daar aankom, maar toe kry ek vanweë die woord 'hoë'  so `n stewige les, dat dit my beslis baie goed sal bybly, omdat Hy dit so hard en droogweg vir my gesê het! Vandag lyk die Heer soos `n ander mens! Gister was Hy die liefde en gemoedelikheid Self, vandag word vir elkeen wat in Sy omgewing kom, `n les uitgemeet! Daarvan verstaan ek niks nie!"

[2] Mathael sê: "Ek egter wel! Hoe sou ek dit uit my hoof durf haal om die Allerhoogste, Almagtige Heer te vra, welke 'hoë' gaste êrens vandaan sou kom?! Wat is ons mense en Wie is Hy?! Hy verbeel Hom glad niks teenoor ons nie, is vol liefde en nederigheid, en dan wil ons met Hom oor 'hoë' gaste gaan praat?! Dit, origens baie geliefde skoonvader, was baie ongeskik en die Heer kon u op die vraag onmoontlik `n ander antwoord gegee het. As u my sou gevra het, weet ek werklik nie of my antwoord daarop nie nog meer bepaald en harder sou uitgeval het nie! Maar die Heer, wat die sagmoedigste is, is ongevoelik met `n fout slegs daarom, om ons te laat erken dat ons foute het. Gaan na Hom toe en beken dit, dan sal u dadelik iets anders van Hom hoor!"

[3] Ouran sê: "Nou het jy alweer gelyk, o, as ek `n fout gemaak het, moet die fout dadelik weer reggestel word!"

[4] Met hierdie woorde verlaat Ouran dadelik weer sy tent, kom na My toe en sê: "Heer, so ewe het ek teenoor U met my ingebeelde vraag `n groot misstap begaan! Vergewe my dit, want ek doen dit nie met opset nie, maar dit kom - ronduit gesê - deur my ingeroeste domheid, wat U, o Heer, seker oorduidelik bemerk het!"

[5] Ek sê: "Vriend, `n fout, wat iemand as sodanig erken, en nie meer maak nie, is hom ook al vir altyd vergewe, en wie hom dan tot My wend, hy is dubbeld vergewe!

[6] Wie egter sy fout wel insien, maar daarmee aangaan, hy word nie vergewe nie, ook al kom hy honderd maal na My toe!

[7] Want Ek sê vir jou: "Wie na My toe kom en sê: 'Heer, Heer!, is nog lank geen vriend van My nie. Dit is alleen hy wat My wil doen. My wil vereis egter dat julle julleself vanweë `n amp nie as persoon bo die ander mense sal verhef nie!

[8] Jy moet wel altyd jou amp getrou, goed en regverdig uitoefen, - maar daarby nooit ook maar één oomblik vergeet dat hulle, oor wie jy `n belangrike amp uitoefen, jou volkome gelykwaardig en daardeur jou broers is!

[9] Die ware naasteliefde leer julle dit vanself deur die ware liefde wat julle as kinders voor My het.

[10] Gebruik, soos dit nodig is, die aansien en die eer van jou amp maar wees self vol nederigheid en liefde, dan sal jou regspraak oor jou afgedwaalde broers en susters altyd volgens My orde regverdig wees!

[11] Dit wat ek vir jou gesê het, sê ek jou maar net om jou ook daarin My orde en My wil te toon. Want Ek sê vir jou: Wie nie ook die kleinste deeltjie hoogmoed laat vaar nie, sal nie later My ryk in die gees geopenbaar word nie, en hy sal nie eerder binnetree voordat hy die laaste stoffie hoogmoed uit hom laat verdwyn het nie!

[12] Gaan nou en verkondig dit aan almal by wie jy enige hoogmoed ontdek!"

[13] Na hierdie woorde maak Ouran weer die by sy volk, gebruiklike, diepe buiging en gaan vinnig na sy eie toe. En Mathael vra hom hoe Ek dit opgeneem het.

[14] Toe sê Ouran: "Die Heer was my baie barmhartig en het my die waarheid en die orde en die geregtigheid in die ware nederigheid getoon, en ek is weer net so gelukkig soos voorheen."

[15] Mathael sê: "Ja, vader en broer in die ware nederigheid! Ons amp is weliswaar `n verhewe amp ten opsigte van miljoene van ons broers en susters, - maar ook `n swaar amp voor die aangesig van die almagtige God! `n Mens moet hom baie in ag neem om nie self deur die verhewendheid van die hoë amp meegesleep te word nie, waardeur `n mens dan baie trots en hoogmoedig word, en hom inbeeld dat hy meer werd is as maar net `n mens wat deur God gesalf is om al sy broers so goed moontlik te dien, en so in `n sekere sin `n kneg van die knegte te wees.

[16] Diegene uit ons amp en ons stand wat hom egter verhef, word seker baie verneder, soos wat ons dit baie goed kan sien in die hele ry van die konings van Judéa. Soos dit was, sal dit bly tot aan die einde van die wêreld! Dit is moeilik om goud en edelstene te dra, en daarby tog in die hart nederiger te wees as elke onderdaan! Alleen die barmhartigheid en groot erbarming van die Heer kan `n koning wat te midde van sy aardse glans leef, in staat stel om die hemelse orde te bewaar!"

[17] Ouran sê: "Ja, jy het gelyk! - Maar nou is die drie skepe al byna aan die oewer, laat ons ook daarheen gaan sodat ons die aankomelinge kan begroet!"

[18] Toe haas almal hulle na die laerliggende landingsplek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205