|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 58
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Rafael weerlê die kritiek
58 Almal gaan aan die tafels sit, waarvan daar nou deur die vlyt van ou Markus en beide sy seuns, wat ook kennis gehad het van timmerwerk, vier ekstra tafels staan. Markus het naamlik `n aardige voorraad eikeplanke gehad vir die bou van sy vissersbote, en in `n ondeelbare sekonde vergroot Rafael met My toestemming die voorraad behoorlik. Daarom kos dit Markus nie baie moeite om dadelik `n aantal eettafels met bybehorende sitbanke in sy boomtuin te vervaardig nie.
[2] Rafael gaan tussen Suetal en Ribar sit. Aan My tafel, waar ons in dieselfde volgorde langs mekaar sit as die vorige dag, word ook vir Mathael met sy vier metgeselle plek aangewys en hy moes tussen Julius en Cyrenius gaan sit. Aan My regterhand sit Jarah weer, langs haar Josoë, dan Ebahl en langs Ebahl My leerlinge, onderskeidelik apostels.
[3] Aan die ander tafels sit natuurlik die mense uit die gevolg van Cyrenius en Julius, en die dertig jong fariseërs met hul woordvoerder Hebram aan die hoof sit agter My rug aan `n lang tafel, sodanig dat hulle sowel op My tafel as op die klein tafel van die twaalf kon kyk.
[4] `n Flinke hoeveelheid goed voorbereide visse word op elke tafel gesit en daar is geen gebrek aan lekker brood en goeie wyn nie. Ons begin eet en die twaalf was vol lof oor die visse en lê flink daaraan weg, maar Rafael eet die meeste. Hy verslind so te sê die een vis na die ander, wat Suetal sodanig opval dat hy nie weet wat hy daarvan moes dink nie.
[5] Maar toe Rafael die laaste vis van die skottel af gryp en op sy bord lê, hom in stukke begin verdeel en toe die een stuk na die ander met `n sekere haas in sy mond begin plaas, word dit te veel vir Suetal en Ribar en Suetal sê, uiterlik baie vriendelik, vir Rafael: "O beste, mooi jong vriend, jy moet `n ongelooflike maag hê, dat daar soveel vis en soveel brood kan ingaan?! Daar het sekerlik twintig visse op ons skottel gelê, waarvan ons maar twaalf geëet het, en die agt grootstes het jy alleen onder dak gebring! So jonk nog en dan so baie eet?! Dit kan tog onmoontlik nie gesond wees nie! Nou, ek vind dit goed en mag JaHWeH God jou daarmee seën! - Is dit soms volgens die leer van die groot Heer miskien ook ter verryking van die wysheid en die almag dat `n mens soveel moet eet?"
[6] Rafael antwoord glimlaggend: "Nie dit nie! Maar as dit vir my lekker smaak, en dit is só, waarom sou ek dan nie soveel eet as waarvoor ek lus het nie?! Kyk na die tempel in Jerusalem, hoeveel hy in die Naam van God daagliks aan allerlei offers verslind! Sou `n mens daar nie met méér rede kon sê nie: JaHWeH is tog gewis `n egte gulsigaard, elke dag verslind hy `n aantal bulle, koeie, kalwers, skape, lammers, hoenders, duiwe, visse en varke en baie groot brode en baie sakke wyn, en by al die geweldige vraatsug het hy nog `n groot begeerte na goud, silwer, pêrels en allerlei kosbare edelstene!
[7] Het jy ooit gevra of God werklik so `n veelvraat is?! Nee, dit het jy nie gedoen nie, want jy weet dat slegs die dienaars van God die veelvrate is! Wat beteken my agt visse teenoor die honderde bulle, koeie, kalwers en so meer?! As die dienaars van God in die tempel hulle ongestraf die reg mag toe-eien om so ontsettend baie in die Naam van God te verorber, waarom sou ek dan moet vas, terwyl ek tog meer `n dienaar van God is as die veelvrate in die tempel?"
[8] Suetal sê: "Ja, ja, jy het gelyk. Ek verwonder my slegs baie daaroor dat jy, so `n besonder fyn geboude jongman, ons by die ete almal ver oortref het en heeltemal geen rekening hou met ons, of ons miskien ook nog graag `n bietjie van die lekker vis wou gehad het nie!"
[9] Rafael sê: "Het jy al ooit ervaar dat die dienaars van God in die tempel ooit enige rekening daarmee gehou het of diegene wat offer, tuis nog iets te ete het? Sonder in agneming daarvan neem hulle die offers en die tiendes van hulle af ook al sou die mense in die volgende uur van honger sterwe! En kyk, daardie noem hulleself dienaars van God, en in die oë van die blinde volk ís hulle dit ook! Jy het egter hierdie dienaars van God nog nooit, al was dit maar heel in die geheim by jouself, tot verantwoording geroep nie? Waarom bekommer jy jou nou oor my gesondheid, terwyl ek jou tog deur my dade bewys het dat ek `n egte dienaar van God is?!"
[10] Ribar sê: "Vriend Suetal, met hom moet jy maar liewer nie praat nie! Die jongeling het baie van Mathael weg en sal bes moontlik in staat kon wees om ons hele lewensgeskiedenis oop en bloot te vertel!"
[11] Rafael sê: "Jy moenie so saggies praat nie, anders verstaan ek jou gladnie en vir Suetal kennelik nog minder!"
[12] Ribar sê: "Ja, ja, ek het al veels te hard gepraat!"
[13] Rafael sê: "En jy wou eintlik tog nie deur my gehoor word nie! Wel, ek hoor en sien jou gedagtes, hoe sou ek jou woorde dan nie hoor nie?! Kyk, die dier wat ek nou net langs jou neergesit het, lyk tog wel in baie opsigte na jou! Maar ek sê vir jou, as jy nie eers net so nederig word soos daardie gryse dier nie, sal jy die nou poorte tot die ware wysheid nie vind nie!"
[14] Ribar sê: "Sê my eers vriend, waarom het jy my nou eintlik in die teenwoordigheid van soveel mense so blootgestel!?"
[15] Rafael sê: "Ek het julle tog duidelik gesê dat julle siele nog so blind is dat julle vanweë al die bome die bos nie meer kan sien nie. En so blind soos wat julle toe was, so blind is julle ook nou nog, ondanks die feit dat julle te min visse geëet het! Maar as julle nog vis wil hê, sê dit dan, want daar sal in die see nog gewis `n paar in voorraad wees!"
|
|
|
|
|