|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 191
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Afgevaardigdes van die reisigers spreek met die Heer
191 Toe laat Markus die reisigers alleen en gaan in die huis in om vir die aandete te sorg en om dit voor te berei. Die reisigers pleeg toe oorleg onder mekaar of hulle almal na die heuwel toe sou gaan, of dat hulle slegs iemand uit hul midde sou afvaardig. Hulle kom spoedig ooreen om slegs `n paar van die verstandigstes uit hul midde daarheen af te vaardig. So geskied dit en die twee begewe hulle dadelik na die heuwel.
[2] Toe hulle by ons aankom, buig hulle baie diep voor ons, en sien eerstens hulle hul loods daar staan, aan wie hulle dadelik baie vriendelik vra wat hulle aan hom verskuldig is.
[3] Die loods verklaar egter: "Ek is slegs `n dienaar van my Heer, van Wie ek alles kry wat ek nodig het. Daarom neem ek ook absoluut van niemand `n beloning aan nie, want dit kom slegs my Heer toe!"
[4] Die afgevaardigdes vra toe aan die loods: "Waar en Wie is dan die gelukkige Heer van u?"
[5] Rafael wys met sy regterhand na toe My en sê: " Dit is Hy, gaan na Hom toe en vra vir Hom en Hy sal u sê wat u Hom verskuldig is!"
[6] Beide buig voor die engel en kom dan dadelik na My toe. By My gekom, val hulle volgens Persiese gebruik op hul aangesigte en sê, terwyl hulle op die grond lê: "Heer, wie se stralende gelaat ons nie durf aankyk nie! U het U baie vaardige, en roekelose loods in die grootste gevaar na ons toe gestuur, terwyl ons andersins sekerlik verlore sou gewees het! Ons is egter geen armes nie, wat niks het om so `n diens na behore te beloon nie. Ons is baie ryk mense en verlang van niemand iets vir niks nie, en sekerlik nie so `n onbetaalbare diens nie. Wat is ons U verskuldig vir ons redding uit die hoogste lewensgevaar?
[7] Ek sê: "Ten eerste, dat julle as mense nie bly lê nie maar soos óns sedes dit voorskryf, regop en opreg voor ons sal staan; want ons is geen ydele en hoogmoedige grotes uit die slaafse Persiese ryk nie Dan eens sal ons met mekaar `n woordjie kan spreek oor die vergoeding vir die redding!"
[8] Na hierdie woorde gaan beide staan en vra My vriendelik dankend om hul die loon vir die redding mee te deel.
[9] Maar Ek sê: "Ek weet waar u vandaan kom en waarom u hierheen gekom het. Ek weet dat u so ryk aan goud, silwer en edelstene is as wat maar weinig Judeërs in die groot Jerusalem is. Ek weet dat u vir u redding soveel sou wou betaal het soos u in hierdie nou verwoeste stad by die Griekse koopliede uitstaande het, en dus te vorder het, maar waarvan u waarskynlik nooit meer iets sal ontvang nie!
[10] Die loon wat Ek van u sou kan vra, sou dus, omdat u Perse is en ons verwante, gevolglik net so uitermate hoog kan wees as u gewisse verlies hier by hierdie Griekse handelaars wat nou in die boshutte is en wat onderdak soek. Wat sal u daarmee bereik? U sou dit daar kollekteer en weer netjies hier afgee! En dan sou u weer na u huis gaan soos wat u hier gekom het!
[11] Ek vra u vir die redding egter niks, en gee u selfs die versekering dat die oponthoud hier, en selfs die tog hierheen, en van hier na Genésaret terug, vanwaar u per skip hierheen gekom het, u geen stater sal kos nie! (Want die skip was van Ebahl en dit was ook sy skippers) Is u eens daarmee?"
[12] Beide afgevaardigdes sê: "Heer, U, wat nog die volle krag van die bloeiende jeug besit, maar daarnaas ook vol egte wysheid van Salomo skyn te wees, en dit ook waaragtig is, - dit wat u nou as prys vir ons redding genoem het, wil ons tog al die een helfte aan die tempel te Jerusalem, en die ander helfte aan die arme Judeërs in hierdie omgewing skenk, as die kooplui van hierdie plek ons nie die geringe som kan betaal het.
[13] Maar omdat so `n harde lot hulle getref het, het ons glad geen moeite met die verlies nie, en is ons bereid om hulle met `n tweemaal so groot bedrag, sonder teenprestasie, en sonder rente behulpsaam te wees. U wou ons daarnaas nog vir ons redding met die grootste genoegdoening ter wêreld die genoemde tienduisend pond as loon skenk! Want weet U, Heer van hierdie streek, ons is baie ryk. Ons sou ons aardse skatte tog op geen honderdduisend kamele hierheen kan bring nie, ook al dra elke kameel `n las van vierduisend pond*, bowendien besit ons baie landerye en baie groot kuddes. Daarom doen dit ons nou eintlik niks; verlang maar wat U wil, en dit sal ons maar net `n genoegdoening gee om U wil en U besluit uit te voer! Want in die stede van Judéa beloop ons goedere nog wel tienmaal soveel! Ons gee u dadelik skoon geld of gedekte wissels. (*`n Persiese pond sou teenwoordig `n waarde hê van 5 tot 6 lot. J.Lorber)
[14] Wat U die beste sal skik, o Heer van hierdie streek, sal ons uitvoer. Want vrekkig en suinig was ons nog nooit gewees nie! Ons weet die beste dat rykdom sigself altyd in die hand van die Almagtige bevind, wat aan `n mens van die een na die ander dag gegee word, maar ook geneem kan word! Ons is maar net sakewaarnemers, die enige Heer daarvan is JaHWeH, die God van Abraham, Isak en Jakob!
[15] Hieraan kan U wel sien met watter soort mense U te doen het. Sê U dus maar wat U wil, dan sal ons U wens, wat sekerlik wys sal wees, uitvoer!"
[16] Ek sê: "Dit bly by wat Ek reeds gesê het! Want Ek ken julle en al julle omstandighede, en julle doen genoeg as julle aan My verlange voldoen. As julle egter die werklike armes nog meer wou help, sal niemand julle iets in die weg lê nie. Maar hier kan julle iets kry wat onnoemlik baie meer werd is as julle haas onmeetlike, aardse skatte! - Daaroor praat ons egter later verder!"
[17] Beide afgevaardigdes sê: "U skyn `n vreemde Wyse te wees! Die skatte van hierdie aarde skyn niks vir U te doen nie, en ook skyn U geen spesiale vriend te wees van `n miskien ietwat oordrewe weldadigheid nie! Geestelike skatte is vir U beslis meer werd as al die goud van die aarde! In daardie opsig het U ook heeltemal gelyk, want die geestelike skatte duur vir ewig, terwyl die aardse vir elke mens slegs duur tot die graf, en dan is dit daarmee gedaan vir diegene wat van hierdie aarde weggeneem word!
[18] Ja, wyse Heer, gee U ons maar die skatte van die wysheid, - dit sal ons eerder wil hê as al ons geld, ons edelstene en sware massas silwer! - Maar nou gaan ons weg om dit alles getrou en presies aan ons broers oor te dra!"
[19] Ek sê: "Ja, ja, gaan en vertel alles aan u broers, en kom dan weer saam met hulle terug. Sonder die skippers is u maar net twintig man en daar is hier genoeg plek vir u!"
[20] "Ja wel!" sê die verheugde afgevaardigdes, "plek genoeg vir ons, dit is alleen die vraag of U ook so vriendelik sal wees om ons wysheid saam te gee. By ons in Persië word die egte wysheid altyd seldsamer, en in stede daarvan brei die toorkuns van die heidense priesters homself altyd meer uit. Die sal eersdaags nog selfs alle wysheid van die Judeërs wat daar woon tot niet maak, - veral as die koning die heers- en hebsugtige priesters en afgodedienaars sal mag gee, wat baie te vrees is, omdat hulle die vuur na aan die skene van die koning lê, en hom dag en nag probeer oortuig. Ons het hulle tot nog toe nog as vriende gehou deur ons groot rykdom, maar hierdie kwaadwillige mense is ook in staat om onmeetlike skatte te vergaar, en by elke geleentheid help hulle die verkwistende koning uit die nood daarmee. En daarom sal hulle dit wel sover bring dat die origens goedhartige koning onverdraagsamer sal word. - Maar meer daaroor later, nou moet ons eers die wagtende broers vertel wat ons hier gehoor het!" - Na hierdie woorde buig hulle en gaan vinnig na hul broers toe. Daar aangekom, bring hulle waarheidsgetrou verslag van alles wat hulle gehoor het, en praat met hul geselle en gesellinne oor baie dinge.
|
|
|
|
|