Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 91

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Mathael as afbreker van die heidense tempelmure

91 Mathael kom toe weer na My toe en vra of hy met sy gegewe uitleg van die name van die heidense gode wel reg gedoen het - of dat dit miskien te vroeg gebeur het.

[2] Ek sê: "O, gladnie! Dit het inderwaarheid baie goed gegaan, en jy het daardeur nou werklik met min woorde meer gedoen vir die verdwyning van die duistere heidendom as menige wyse leraar in vele jare! Want as jy `n mens verstandig en wys wil opvoed, moet jy eers alle ou domhede by hom laat verdwyn. As die mens daardeur `n weliswaar nou nog leë, maar skoon houer geword het, is dit nie moeilik om so `n goeie bruikbare houer te vul met allerlei wysheid uit die hemele nie, en dit sal ook met hierdie twee gebeur.

[3] Ek sê vir jou, hierdie twee sal nou in `n kort tydjie sonder moeite mense word waaroor My hart meer vreugde sal hê as oor tienduisend Judeërs, wat hulleself volgens Moses as baie regverdig beskou, maar as mense onbekender vir My hart is as hulle wat eers oor duisend jaar op aarde gebore sal word.

[4] En verder sê Ek vir jou: As jy ooit `n vrou sou wou neem op aarde, neem dan vir Helena! Maar dit is ver van My om jou dit te wil voorskryf, jou eie hart sal jou dit wel sê en dit sal jy dan ook volg.

[5] Maar gaan nou weer daarheen en wees vriendelik. Die oue, wat origens baie kennis besit, sal, soos ook sy werklik verbasingwekkende mooie dogter, nog baie uitleg van jou wil hê oor die name van die outyd. Jy is nou `n eerste van die wyses, en dit sal nie vir jou moeilik wees om albei `n oortuigende antwoord op elke vraag te gee nie.

[6] Tewens sal so `n gesprek ook op die Romeine `n goeie indruk maak, en daardeur sal die eerste werktuie gelewer word vir die afbreek van die mure van die talle heidense tempels, en daardeur sal, hoewel nog altyd met baie inspanning, binne enige tientalle jare groter resultate onder die heidendom tot stand gebring word as wat andersins nouliks in `n duisend jaar beoog sou kon word.

[7] In die nag bly dit altyd moeilik om oor die lig te preek. As `n mens egter die dag bereik het, dan is enige leer oor die daglig onnodig, want die dag gee dan al die lig vanself. Die oue sal egter met baie gewigtige vrae by jou kom, en daarom is dit jou gegewe om ook baie belangrike antwoorde te gee. Gaan dan nou in My Naam en doen jou werk goed!

[8] Ons almal sal jou bespreking baie aandagtig volg en Ek sal daarvoor sorg dat ook die wat verder wegstaan jou kan verstaan!

[9] Ek sal die skynson nou nog `n paar uur laat skyn, waardeur baie mense uit die stad na buite sal trek, ten dele uit verwondering en deels uit angs oor so `n dag wat maar net nie wil eindig nie. Maar binne dié tydsbestek sal jy met hierdie twee baie bereik het.

[10] Nadat Ek die skynson gedoof het, sal ons almal hier bo `n goeie aandete geniet, waarby dan nog baie behandel en bespreek sal word. Nou weet jy vir hierdie oomblik alles wat daar gedoen moet word, die volgende sal later aan die orde kom!"

[11] Mathael bedank My vir hierdie opdrag - en in sy hart ook vir die voorstel betreffende die mooie Helena, wat reeds by die eerste aanblik sy hart geroer het sodat hy heimlik by homself gedink het: 'By alle hemele, - so `n skoonheid is nog nie vroeër in heel Israel gesien nie!'

[12] Maar ook al die Romeine, selfs Cyrenius nie uitgesonder nie, het baie aandag aan die mooie Griekse skoonheid bestee, en dit kos hul behoorlik moeite om na iets anders te kyk as na die mooie Helena, wie se liggaam lyk of dit gevorm is uit suiwer eteriese lig en daardeur nou haas meer aantrekkingskrag besit as die hele wonderbare skynson.

[13] Mathael gebruik dan hier ook al sy selfbeheersing; maar wat hy heel heimlik voel, merk niemand behalwe Ek nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205