|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 201
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die opwekking van drie dooies
201 Ek sê: "Gaan en bring die twee na My toe!" - Skabbi gaan en bring altwee na My.
[2] Toe vra Ek hulle of hulle weer heeltemal gesond en sterk wil word.
[3] Beide sê: "Ja, Heer, as dit moontlik sou wees! Maar by my het die vreemde gif al my ledemate verlam en ek kan myself slegs moeisaam voortsleep en kyk tog na hierdie arme, totaal geknakte blom van `n vrou, - haar liggaam is nou vir haar hele lewe bedorwe! O Heer, waarom moes so iets ontsettend óns nou juis oorgekom het?!"
[4] Ek sê: "Ek wil, dat julle beide weer net so gesond en opgewek moet wees en daaruit sien, soos toe julle getrou het!"
[5] Toe Ek dit gesê het, vloei daar `n soort vlam deur hulle heen en hulle was dadelik so gesond en sterk asof hulle nooit iets makeer het nie en dit gebeur ook met hulle uiterlike, dat hulle selfs nog bloeiender daar uitgesien het as op die dag van die bruilof. Hulle verbaas hulleself buitengewoon, want so iets het `n mens nog nooit in Persië beleef nie.
[6] Ook Skabbi se oë word nog groter en hy glo byna nie sy eie oë nie. Maar Jurah gee hom `n por en sê saggies vir hom: "Weet jy, ek glo dat ons onsself alreeds presies op die regte plek bevind en dat ons nie werklik ver verwyderd is van Hom wat jy so baie versigtig wil verloën nie! Ek sê vir jou, dit is Hy - of in ewigheid geen ander meer nie! Beoordeel jy dit nou maar met jou eie verstand!"
[7] Skabbi sê: "Ja, jou pyl kon wel nie so ver van sy doelwit geval het nie! Die plotselinge genesing van beide deur maar slegs iets te sê, is meer as wat alle menslike wysheid kan bevat! Nou word ons redding vir my ook heelwat duideliker. `n Mens wat so `n krag in Sy Wil het dat selfs die ruwe materie hom daarna moet skik, moet hoër staan as alle ander mense op aarde. In hom moet `n oorvloed van goddelike Krag aanwesig wees en Sy siel moet die lewenskragtige afdruk wees van die goddelike wil, - of Hy is die Godheid self! Met my versigtigheid het ek miskien wel te ver gegaan, maar daarmee kon ek tog onmoontlik gesondig het, want ek wou die goddelike, wat vir die heidene wel `n verskrikking kon wees, daardeur beskerm en dit nie deur sulke onmense laat besmeer nie, wat nóg in ons belang nóg in die verhewe saak van die geloof sou gewees het!
[8] Maar na hulle Hom hier aanskou het, is die heidene tog nie so erg soos wat die mense dit in Persië geskilder het nie. Dit is tog kwalik aan te neem dat die, weliswaar oneindig trotse, opperstadhouder Cyrenius nie sou weet wat daar agter die wonderdoener skuil nie!? Maar as hy geweet het en hom dan Heer noem, dan moet hy tog wel sy grondige redes daarvoor hê! Want teen die mag van so `n wil kan alle wapens van Rome ver te kort skiet en te swak wees!
[9] Dit was geen towery en geen wondergenesing op die manier van ons magiërs en priesters wat kerngesonde mense, vir geld en beloftes of vir `n ander voordeel, laat namaak dat die dowes, lammes en blindes gesond word en hulle so `n pelgrimstog na `n afgod in `n morsige tempel laat maak om dan daar op `n afgesproke teken, siende, horend en gesond van lyf en lede te word nie. Daardeur word daar `n aantal onnoseles oortuig van en as daar dan egte lammes, blindes en dowes kom om te bid en te offer, word niemand van hulle beter nie. Dan word daar altyd gesê: 'U geloof is te swak en u te klein offer is god nie welgevallig nie!' Ja, jy weet dat ons magiërs selfs die dooie kinders van ryk ouers weer tot lewe bring, maar ons weet lankal op watter manier en ons weet ook, dat sulke kinders wat uit die dood opgewek is, geen bloedverwante is nie. Maar Hy wat hier is sal seker ook minstens die skyndooies tot lewe kan bring!"
[10] Ek gaan na hulle toe en sê: "Ja, dit kan Hy sonder offers, olie en kruiedranke doen! Kyk eers na benede aan die oewer. So ewe het beide die seuns van ons gasheer drie drenkelinge, een man en twee meisies uit die water gehaal.
[11] Daar is die arme vader met sy twee dogters, `n arme Judeër. Sy vrou het haarself met behulp van `n boom wat in die water gelê het, haar naakte lewe gered. Maar haar man en beide die dogters, wat die moeder wat in groot gevaar verkeer het, te hulp wou kom, was deur die altyd sterker wordende watervloed in die see ingespoel, en het in die woeste golwe verdrink. Die see het hulle heeltemal lewensloos op die oewer uitgewerp en die twee sterk seuns van ons gasheer het hulle gevind waar hulle nou daar doodlê, en het hulle sopas hier benede aan land gebring.
[12] Maar die ongelukkige vrou, wat haar nog skreeuend bevind en om hulp roep en aan die boom vashou, wil Ek ook hier hê.
[13] Daarvoor sal Ek weer My loods gereed kry. Dadelik daarna sal julle God se Glansrykheid aanskou en Hom loof, omdat hulle almal gered sal wees!" Toe roep Ek vir Rafael, gee hom slegs `n teken wat hy verstaan en geen minuut later nie bring hy die steeds weeklaende vrou, wat haar voorlopig gladnie laat troos nie, na My toe op die heuwel.
[14] Maar Ek raak die vrou aan en sê: "Wees stil, vrou, en glo en vertrou, want by God is alle dinge moontlik!"
[15] Toe word die vrou rustiger en sê: "Ek weet wel dat alle dinge by God moontlik is, maar ek weet ook dat ek as sondares nie die barmhartigheid van God waardig is nie! O, hoe rein moet `n mensehart tog nie wees om ook maar die geringste van God se uitgaande barmhartigheid waardig te wees nie! Hierdie deur van barmhartigheid is egter beslis vir my gesluit. God sal nou in my nood beslis ook weinig aandag aan my skenk, omdat ek, toe ek gelukkig was, baie weinig aandag vir Hom gehad het. Maar God bewys my al deur my tugtiging `n egte barmhartigheid!"
[16] Ek sê: "Hoe sal dit dan wees, as ek jou man en beide jou dogters weer vir jou sou teruggee?!"
[17] Die vrou sê: "Op die jongste dag sal slegs God hulle vir my kan teruggee, want hulle lê in die golwe begrawe en is dood! Die dode sou U my wel kan teruggee, as dit êrens deur die seuns van Markus uit die see uitgehaal is, - maar nooit meer lewend nie, want hulle moet al etlike ure lank dood wees!"
[18] Toe sê Ek vir die engel: "Bring die drie lyke hier!" En die engel bring die drie dadelik na die heuwel toe en lê hulle aan My voete.
[19] Die vrou herken dadelik haar man en beide dogters in die drie lyke en begin hartverskeurend te huil.
[20] Maar Ek sê: "Vrou, wees tog kalm, jy sien tog wel dat hulle maar slegs slaap!"
[21] Die vrou sê: "Ja, hulle slaap die ewige slaap, waaruit `n mens nog nooit ontwaak het nie!"
[22] Ek sê: "Vrou, jy vergis jou. Daar is geen ewige slaap soos wat jy dink nie, omdat jy nie `n onvoorwaardelike geloof in die lewe in die hiernamaals het nie! Ek sal hierdie drie egter opwek sodat jy en vele ander sterker mag word in die geloof en die vertroue in die lewende Naam van God."
[23] Toe sê Ek hardop vir die lyke: "Verhef julle en staan op uit die dodeslaap!"
[24] Dadelik begin die drie lyke te beweeg en hulle rig hulle weldra heeltemal verbaas op. Met wydgesperde, onverstaanbare oë kyk hulle om hulle heen, want hulle weet nie wat daar met hulle gebeur het en waar hulle nou was nie.
[25] Toe sê Ek vir die vrou: "Gaan daar heen en lê vir hulle uit waar hulle hulle nou bevind en wat daar met hulle gebeur het! As julle jul kalmte weer herwin het en mekaar weer ken, sal ons daar verder oor praat!"
[26] Maar die vrou val voor My neer en kan van verbasing geen woord oor haar lippe kry nie. Na `n rukkie kon die vrou regop staan en begin My te loof en te prys, want langsamerhand dring dit al hoe meer tot haar deur dat haar man en beide haar dogters springlewend was en kerngesond en tevrede daar uitsien.
[27] Ek verwys haar egter nogmaals na die opgewektes, om hulle op hoogte te bring en duidelik te maak dat sy die geredde vrou van die man was en die moeder van beide dogters. Toe gee die vrou `n paar treë na die opgewektes. Want as iemand deur My genees of opgewek word verwyder Ek Myself, om redes wat slegs aan My bekend is, etlike treë van die geneesdes of opgewekte mense.
[28] Toe sy by die opgewektes kom, vertel sy dadelik wie sy was, en onder groot en baie blye verbasing herken die opgewektes haar en begroet haar baie inniglik.
[29] Ek verbied die vrou egter tewens om My dadelik as redder en opwekker vir hulle aan te wys, aangesien hulle nou al by hulle volle bewussyn gekom het omdat dit nie geskik was vir `n nuwe opgewekte lewe nie. Eers nadat Ek haar `n teken sou gee, kon sy hulle wel vertel, - wat die vrou toe ook gedoen het, ondanks die feit dat haar man haar baie nadruklik gevra het om die wonderdoenende weldoener aan te wys
|
|
|
|
|