Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die Hooglied van Salomo

19 In die vierde hoofstuk sê Salomo: 'Kyk, my vriendin, jy is mooi, kyk, mooi is jy! Tussen jou sluier is jou oë soos die oë van `n duif. Jou hare laat my dink aan `n kudde bokke op die berg Gilead, afgegolf soos koring. Jou tande is soos die geskeerde wol van `n kudde skape wanneer hulle van die drinkplek af terugkom, wat almal tweelinge dra en waarvan daar geen onvrugbare is nie. Jou lippe lyk soos `n koord met die kleur van rosyne en jou woorde is lieflik. Jou wange tussen jou sluier het die kleure van die insnyding van `n granaatappel. Jou hals is soos die toring van Dawid, voorsien van `n borswering waaraan talle skilde hang met allerhande wapens van helde. Jou twee borste is soos tweelinglammers, wat onder die rose wei tot die dag koel word en die skadu wyk. Ek sal na die mirreberg gaan en na die wierook heuwel. Jy is ongetwyfeld mooi en jy is smetteloos. Kom, my bruid van die Libanon, kom van die Libanon! Tree binne, kom van die berg Amana, van die berg Senir en Hermon waar die lêplekke van die leeus is en waar die luiperds hulle huise het! Jy het my hart gesteel, my suster, liewe bruid, met `n straal van jou oë en met een kettinkie van jou halssnoer. Hoe mooi is jou borste, suster van my, liewe bruid! Jou borste is liefliker as wyn en die geur van jou salwe oortref alle bekoring. Jou lippe, my bruid, is soos oorlopende heuningstroop, onder jou tong is heuning en melk en die geur van jou klere is soos die geur van die Libanon. Suster, liewe bruid, jy is `n geslote tuin, `n geslote bron, `n verseëlde put. Jy is soos `n lushof van granaatbome met kostelike vrugte, cyprus (henna blomme) en nardus, nardus en saffraan, kalmoes en kaneel en van wierookbome, mirre en heerlik geurende alewee; soos `n fontein in `n tuin, soos `n bron van lewende water wat van die Libanon af stroom. Verhef u, noordewind, en kom, suidewind, waai deur my tuin dat die geure haar oorstroom!'

[2] Sien, hoë Cyrenius, so lui die vierde hoofstuk feitlik woordeliks, wat nog die eenvoudigste te verstane gedeelte van die Hooglied van Salomo skyn te wees, wat `n wyse was. En ek gee u al die skatte in die wêreld as u met u ongetwyfeld gesonde menseverstand in staat sal wees om ook maar één sin daarvan te ontrafel!

[3] Wie is die altyd genoemde suster, die liewe bruid, wat, as sy so daar sou uitsien soos Salomo haar so prysenswaardig beskryf, `n skrikbeeld sou wees vir alle mense, waarby vergeleke `n heidense Medusa nog `n Venus sou wees! Kortom, vir die verstand van `n mens is dit tog die toppunt van onsin; watter betekenis egter daaragter skuil, los geen menseverstand op nie maar slegs weer die Wysheid! Wie dus die Wysheid besit, sal begrip hê, wie Haar egter nie besit nie, moet so iets maar nie lees nie en as hy dit wel gelees het, dan moet hy nie verder daaroor nadink nie. Want hoe meer hy daaroor gaan nadink, hoe minder sal hy daarvan verstaan. Ek het die hele Hooglied van Salomo selfs heeltemal uit my kop geleer om dit daardeur beter te kan verstaan - maar verniet; nou eers het dit stadig maar seker tot my deurgedring dat dit nie vir my weggelê was nie.

[4] Doen dus liewer `n beroep op die helder verstand van ons metgeselle as op hul groot wysheid! Want as hulle hul wysheid gebruik om oor die vinnige skrywery van ons engel die uitleg te gee, sal jy net soveel daarvan verstaan as van die vierde hoofstuk van die Hooglied van Salomo. As iemand dit egter met sy gesonde verstand sou uitlê, vooropgestel dat dit moontlik is, wel, dan sal jy dit in soverre verstaan as iets wat suiwer geestelik is, maar ook stoflik verstaan kan word. Maar volgens my mening sal mens ook daarmee nie so baie bereik nie!"

[5] Cyrenius sê: "Ek sien wel dat jy sekerlik nie dom is nie, want dit is `n groot prestasie om, stoflik gesien, sulke Salomo's-onsinnighede, woord vir woord te onthou. Want dit bevat soveel onsamehangende onsin as wat my nog nooit voorheen ter ore gekom het nie! Maar desondanks begin hierdie pure onsin my nou nog meer te verontrus as die vroeëre vinnige skrywery van die engel. Wat wou daardie bekende Croesus van die Judeërs tog daarmee wou sê? Was dit `n ernstige liefdesverklaring aan `n mooi Judese meisie, wat volgens sy vergelyking baie vreemd daar uitgesien het? Of word iets heel anders daarmee bedoel? Maar wat - dit is `n ander vraag! Is daar `n sleutel voor? As daar één is, sal ons Majesteit en Heer dit seker in die eerste plek weet! Daarom kan ons liewer dadelik na die Groot Smid gaan in plaas van na die kneg van die Smid!"

[6] Hebram sê: "Dit dink ek ook, doen dit dus! Ek is nog meer nuuskierig daaroor as oor my toekomstige lewe in die hiernamaals."

[7] Toe rig Cyrenius hom na My en sê: "Heer, het U daardie bepaalde, vierde hoofstuk van die Hooglied van Salomo gehoor? Kan U my ook sê of daar iets sinvols in staan of is dit soos wat dit lyk, naamlik totale onsin?"

[8] Ek sê: "My vriend, hoewel baie verborge, het dit `n baie dieper betekenis! Salomo het dit opgeskryf soos wat dit deur die Gees aan hom gedikteer is, maar self het hy daarvan eintlik ook nie baie meer verstaan as wat jy nou verstaan nie. Want hy het wel die gawe gehad om wys te praat, maar hy het tewens ook nie die gawe gehad om Haar te verstaan nie. Ook vir hom was Sy baie onverstaanbaar, want wat hy geskryf het, was woorde vir hiérdie tyd, vervat in passende beelde.

[9] Die oplossing en die sleutel is Hy wat nou met jou praat. Die woord, `n woord van altyd durende, ewige liefde, dus die suiwer liefde van God vir julle mense, is die mooi bruid, die ware suster van die mens en sy liewe vriendin! Lees die Hooglied met hierdie sleutel en jy sal dit verstaan en die suiwer betekenis daarin vind! Snap jy nou- verstaan jy nou iets van Salomo se wysheid?"

[10] Cyrenius sê, terwyl hy Hebram aankyk: "Voel jy, jong Salomo-kenner, waar die wind vandaan begin kom? Dit is heel ander musiek as wat in die tempel te Jerusalem gesing word! Kortom, noudat ek die sleutel het, sal Salomo woordeliks tuis bestudeer word!"

[11] Hebram sê: "Die sleutel skyn waar en volkome reg te wees, maar alles is tog nie daarmee geopen nie! Die sterre sien ons ook en toevallig het die Heer daaroor in Sy gesprekke ook baie wat na sleutels lyk te berde gebring - ook die engel het daaroor `n baie belangrike mededeling gedoen; maar wat weet ons nou verder daarvan? Lê my nou eers uit wat die mooi môrester, wat vanmôre so fel geskitter het, nou presies is! Kyk, so min as wat jy in staat is om met die sleutel van die engel die oggendster voldoende te verklaar, net so min sal jy met die sleutel van die geheimsinnige Heer agter die hele wysheid van Salomo kom! Daar vind jy ook `n hele boel verskillende beelde waarvan slegs die Gees self die regte sleutel dra. Maar dat die sleutel wat die Heer jou gegee het, in algemene sin gesproke die regte een is, daaraan twyfel ek vanaf hierdie oomblik nie in die minste nie en ek sal vir myself daarmee die een en ander trag te ontraaisel."

[12] Toe vra Cyrenius My weer: "Heer, watter waarde moet ek heg aan dit wat Hebram sê?"

[13] Ek sê: "Wat hy sê is goed en waaragtig, dus weet jy nou wat jy daarvan moet dink. Maar nou hou ons op daarmee, want die ontbyt staan gereed! Ons ledemate het voedsel nodig, daarom gaan ons dit nou eers versterk en daarna gaan ons na die misdadigers daarbuite, want hulle sal nou spoedig ryp wees vir die genesing!" - Daarna word visse, brood en wyn op die tafels gebring.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205