Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Mathael oor die innerlike lewe van Cyrenius

27 Cyrenius is baie verwonderd en terwyl hy die spreker se hand druk, sê hy vir My: "Heer, dié een het `n baie eienaardige lewensbeskouing! Eintlik kan `n mens hom niks teenwerp nie, helaas is dit in alle opsigte werklik die naakte waarheid! Maar wat sê U daarvan?"

[2] Ek sê: "Waarom is jy nou so verbaas daaroor? Ek het tog voorheen vir julle gesê dat hierdie vyf dit vir julle almal baie moeilik sal maak! O, luister maar na hulle, daardeur sal julle My stellig heelwat makliker en beter kan verstaan!"

[3] Cyrenius sê toe vir die spreker van die vyf, wat Mathael heet: "Maar sou jy ook in dieselfde trant kan beredeneer dat dit meer waarskynlik is dat God tog vroeër daar was as jou hemelliggame, wat ek my nog nie so goed kan voorstel nie? Want ek ken in elk geval geen volk op aarde wat nie veronderstel dat daar vóór die bestaan van alle dinge, `n verstandige en magtige God was wat hulle vereer en aanbid het, en jy bewys nou juis die teendeel. Wel, dit vervul my hart met groot angs; lewer jy daarom nou ook die bewys vir die teendeel; ek, die opperstadhouder, smeek dit selfs van jou!"

[4] Mathael sê: "Swakke, aardse suigeling, ek het medelye met jou! Jy het, soos wat ek nou in my siel sien, tog al sóveel wyse woorde vol krag, vol lewe en vol waarheid gehoor en jy het met jou oë gesien waartoe God se woord in staat is en tog kan jy in jou hart nog steeds nie die dieptes van baie gedagtes peil nie!

[5] Ja, ja, vriend, kyk, jy hou nog te veel van jou lewe en bevind jou in die midde daarvan. Maar vanuit daardie posisie is die lewe juis die slegste te herken.

[6] Vriend, `n mens moet die lewe, dit wil sê hierdie aardse lewe, volkome verloor het, dan weet `n mens eintlik wat die lewe is!

[7] Neem `n pot en vul dit met water. Die water sal rustig in die pot bly staan en jy sal nie die dampgeeste in die rustige water ontdek nie. Ook al roer jy nóg hoe ywerig in die water en bring jy dit in beweging, dan sal die magtige dampgeeste hulle ook nie daardeur aan jou vertoon nie. Plaas jy die water egter op die vuur, dan sal dit weldra begin kook, en sodra dit kook sal die magtige dampgeeste hulle bo die verhitte-borrelende oppervlakte van die water begin verhef. Die rustende geeste wat nog in die kokende water is, sal nou gou die magtige dampgeeste herken, wat, toe die water koud was, baie rustig en sonder `n spoor van bestaan in die water gerus het en wat nou met talle oë eers hulleself bekyk en vervolgens bekyk hulle onder hulle die deur die hitte beweegde water wat hulle gedra het. En die rustende geeste wat nog in die kokende water is, sal besef dat die dampgeeste voorheen geen ander gewaarwording gehad het as `n volkome éénwees met die koue water nie.

[8] Op die wyse bemerk die water tydens die kookproses egter tewens dat hy afsonderlike geeste in homself gehad het en tot die laaste druppel in hom het. Ja, ja, die kokende water besef dat hy self deurgaans uit gees en krag bestaan het, maar tydens die koue rus kon hy dit self nie waargeneem en verstaan het nie!

[9] Vind jy dit nie `n treffende beeld nie? Jou lewe is ook nou nog weliswaar rein, maar origens baie rustige, koue water in die pot van jou liggaam. Jou pot kan wel behoorlik na alle kante toe heen en weer geskommel word, maar daaruit sal jy tog nie jou lewenskrag leer ken nie. Inteendeel, hoe meer die water in sy koue rustoestand beweeg word, soos wat dit by alle belangrike wêreldse mense die geval is, des te minder herken die lewenswater in die sterk geskommelde mensepot homself en sy omgewing, want `n geskommelde, spieëlende watervlak laat geen suiwer beelde meer weerkaats nie, maar `n baie gebroke een.

[10] Word jou lewenswaterpot egter op die ware vuur van die liefde, van groot kastyding en baie lyding en pyne geplaas, o, dan begin dit geweldig in die pot te kook en daardeur sal al die vrygekome lewensdampgeeste baie gou hulleself, hul vroeëre koue, trae toestand, dit wil sê die sinlike siel en die ondeugdelike pot, herken. Wat hom nog in die pot bevind, kokende borrelende lewenswater, sal dan met duisend helder ogies die lewensgeeste wat bo hom opstyg sien en besef dat dit nie net `n lui draer daarvan was nie, maar dat dit één geheel daarmee gevorm het! Maar verstaan goed, vriend, die pot sal die opstygende vrye lewensgeeste nie as `n deel van homself sien nie, maar slegs as `n onplesierige uitwendige omhulsel wat later in skerwe gebreek moet word en op straat gegooi moet word. - Het jy nou enige idee van wat ek eintlik aan jou wou duidelik maak?"

[11] Cyrenius sê: "Ek glo dat ek jou vergelyking min of meer verstaan het, dit wil sê, as vergelyking met ons innerlike sielelewe, maar watter diepere betekenis jy daarmee wou blootgelê het, kan ek nog lank nie verstaan nie! Moet daarin ook beredeneer word dat daar dan tóg `n God moes gewees het voordat alle dinge daar was?"

[12] Mathael sê: "Ongetwyfeld, maar jy kan nog geen idee daarvan vorm nie, omdat daar uit jou pot nog lank geen damp opstyg nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205