Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 162

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die weë van die goddelike leiding

162 Ek sê: "Luister, beste Floran, jy het jou innerlik al baie meer voor My blootgelê as wat Ek van jou verlang het. Maar dit maak nie saak nie, en dit was goed so!

[2] Ja, Ek sal aan die gruwels in Jerusalem en op ander plekke `n einde maak, maar dan moet vele net so daaroor dink soos jy! Dan is daar nog altyd baie wat in hul groot blindheid nog baie erg aan die tempel hang, en alle verlossing en alle hulp daarvandaan verwag. As `n mens hierdie blindes van vandag more die tempel sou ontneem, sou hulle dit nie sien as `n seën van bo nie, maar as `n verskriklike oordeel, en daardeur in `n vreeslike, wilde vertwyfeling raak, wat dan `n baie erger nasleep sou hê as hul teenswoordige, ontsettende blindheid. Die volk beskou julle nou as verteenwoordigers van die tempel, en hulle sien julle as die uitdelers van die verlossing, waarvan die tempel vervul is.

[3] Wat wil Ek julle nou hiermee sê? Niks anders nie as: Julle moet die volk langsaam maar seker en, as die geleentheid gunstig is, ook ietwat vinniger wys wat die tempel nou is, wat sy dienaars doen, en hoe hul onderlinge geaardheid is!

[4] Maar daarnaas moet julle die aandag van die volk veral rig op wat julle hier gehoor en gesien het, dan sal die bedenklike gedrag van die tempel daardeur, en die tempel self op die beste en doeltreffendste wyse totaal ondermyn word, en dit sal dan heeltemal in die niet verdwyn, en so ophou om te wees wat hy is. En in sy plek sal die nuwe tempels van God se gees kom, waaruit `n heeltemal nuwe Jerusalem in die hemele gebou sal word.

[5] Dié goeie werk moet julle natuurlik so ongemerk moontlik doen. Dit kan julle des te makliker doen omdat julle nou geheel en al Romeinse burgers geword het, en die tempel sal julle nie kan bykom nie, omdat die swaard van Rome tussen julle en die tempel staan en waak.

[6] Dit is dus al een taak wat Ek aan julle opdra. Voer dit uit, en die loon sal nie wegbly nie, daarvan kan julle volkome seker van wees! - Is julle eens daarmee?"

[7] Stahar sê: "Heer, moet ons ons ou plek in Caesarea Philippi weer inneem, of moet ons na `n ander plek gaan?"

[8] Ek sê: "Julle moet hier in Caesarea Philippi bly, en onder die leiding staan van ons gasheer Markus, waaraan Cyrenius en Ek die mag oor hierdie hele omgewing sal verleen, en wat dit grotendeels eintlik al het. Die distrik van Caesarea Philippi is groot en bevat baie honderde duisende mense. Wanneer hulle eenmaal voorligting sal kry, sal die lig hom vanself verder uitbrei. Maar dit sal van julle wysheid afhang, om dit gedoen te kry!"

[9] Stahar sê: "Heer, dit is alles baie goed en wel, maar nou is die hele stad nog `n puin- en ashoop! Ons het geen huise nie, en ons sinagoge was een van die eerste geboue wat die vlamme ten prooi geval het. Waar sal ons gaan woon?"

[10] Ek sê: "Laat dit julle minste sorg wees! As Ek dit wil, kan daar in `n oomblik `n kant en klare wêreld vir julle daar staan, laat staan nog so `n ou stadjie! Origens sal Cyrenius, ondersteun deur My barmhartigheid, wel alles aan die werk stel, en dus ook vir julle onderhoud sorg. Bowendien sal die hoë gaste wat ons al sedert vanmore verwag, nou weldra hier aankom, en dan sal daar nog baie bespreek en besluit word".

[11] Stahar buig hom baie diep en sê daarna met gedempte stem aan Floran: "Die Almagtige praat net soos `n mens en dit geval my baie, maar Hy sou die tempel en die oormoedige Jerusalem tog met één enkele gedagte vir ewig kon uitskakel! Waarom die langsame ondermyning?"

[12] Floran sê: "Kyk, broer, dit gebeur omdat ons beide so goed nou verbonde is aan die geslag van die esels, wat van die goddelike orde nog lank geen kaas geniet het nie!

[13] As jy in die voorjaar nog baie groen, onryp en klipharde vrugte sien hang, sou jy graag dadelik `n bietjie almag wou hê! Dan sou jy kon sê: “Fiat!” (Het geskied), en alle vye, appels, pere, pruime en druiwe, sal dan oombliklik ryp moet wees! Maar die almagtige Skepper het dit baie anders gereël, wat die daaglikse en jaarlikse ervaring ons laat sien. Moet ons dan soms ook daarby vra: 'Die Almagtige ken tog die behoeftes van die mense, waarom wag Hy dan so lank met die rypword van die vrugte?”

[14] Ook moet `n mens jare lank eers `n onvolwasse, dus `n dom kind bly, om dan geleidelik groot te word tot `n mens, terwyl die muis veertien dae na sy geboorte al `n heel volwasse muis is en baie goed tuis is in sy lugtige huishouding. Ja, die meeste diere is dadelik by die geboorte al uitstekend toegerus vir hul huishouding, - en die mens het wel twintig jaar nodig om hom `n bietjie in die goeie wêreld tuis te laat voel! Hy, die kroon van die skepping, moet die langste wag, om dit te wees waarvoor hy bestem is! Sou hy dan nie ook kan sê: “Heer, Almagtige, waarom het U nou juis vir die mens, U liefling, nie beter gesorg nie, - waarom moet nou juis die opgroeiende mens so lank wag totdat hy mens is?!”

[15] Kyk, so gebeur reeds in God se orde, dit wat vir ons nou sekerlik nog baie onverstaanbaar voorkom, en daarom sal dit wel op ooreenkomstige wyse in Sy orde tuishoort as ons die tempel net geleidelik sal ondergrawe. Want `n plotselinge verwoesting sou die vele blindes, vir wie die tempel nog altyd alles in alles is, in die grootste vertwyfeling stort, - wat baie erger sou wees as om die bedrog van sy boosaardige dienaars nog `n tydlank te duld!

[16] Weet jy, ek het wat dit betref, die wil van die Heer baie goed herken en ek verstaan nie dat dit jou so heeltemal ontgaan het nie! Ek verstaan ook nie dat jy die Heer durf vra na ons wêreldse onderhoud nie! Is dit dan nie voldoende as Hy sê dat ons die bepaalde dinge moet doen nie?! Dit is tog van oudsher bekend dat diegene wat werk aan my opdra, my ook sal onderhou! As selfsugtige mense dit al doen, hoeveel te meer sal die Heer van hemel en aarde dit doen, sonder dat ons Hom daarom hoef te vra!

[17] Sien jy, dit was wel baie menslik van jou, beste broer! Want deur so `n vraag het jy `n duidelike blyke gegee van jou nog steeds veelsydige ongeloof, en met reg kan daar by jou nie anders veronderstel word as dat jy nog `n groot mate van ongeloof besit nie, wat jy nou vir eens en altyd sal moet afsweer!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205