Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 194

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Opvattings van die Perse oor die Heer

194 Terwyl Ek Cyrenius uitleg gegee het oor vrygewigheid en gierigheid, het die Perse onder mekaar beraadslaag wie Ek sou kon wees. Baie het gedink dat Ek `n profeet was, ander beskou My as iemand wat bekend was met alle skole van Egipte, Griekeland en Jerusalem. `n Paar het selfs gedink dat Ek miskien `n Romeinse prins was, alle omstandighede van die groot ryk geken het en daarom baie hoë status in die staat gehad het. Mense moes daarom baie ag slaan op My anders sou die trotse Romein Cyrenius, as opperstadhouer van geheel Asië, tog nie so eerbiedig met My omgegaan het nie! Maar een van die twee afgevaardigdes sê: "Wat Hy ook al mag wees, Hy is in elk geval `n vername Persoon en ons kan iets van Hom leer, en daaraan het ons almal in hierdie tyd die meeste behoefte voor!"

[2] Daarmee was almal dit uiteindelik eens. Hulle maak hulle gereed en begeef hulle na My toe op die heuwel, alhoewel dit al taamlik donker begin word het.

[3] Terselfdertyd kom die ou Markus ook met `n vraag by My oor die aandete en oor die tafels wat deur die hael verniel was sowel as die bodem, wat nog baie vogtig was, en wat daaraan gedoen kon word.

[4] Ek wys hom egter op die Perse en sê: "Kyk eers daar, `n uitgebreide en `n baie smaaklike gereg vir My. Hulle moet nog vóór die aandete heeltemal deur My Liefde opgeneem wees! Tot dan sal jy wel genoeg tyd hê om die liggaamlike maaltyd gereed te maak, en die tafels in orde te kry, want daar is maar `n paar daarvan gebreek, en hulle sal op die regte oomblik weer herstel word. Maar steek gou ligte aan sodat die mense nie in die donker hoef te loop nie!" Markus gaan toe verheug terug en sit alles aan die werk.

[5] Die Perse nader My, buig volgens hul gebruik weer tot op die grond, maar gaan daarna tog weer regop staan en bly nie op hul gesigte lê nie.

[6] Een van die vroeëre twee afgevaardigdes neem die woord en sê: "Heer, U wat seker `n groot vriend is van mense wat van goeie wil is, kyk, hier is ons dan! Ons probleme ken U en ook die rede wat ons na hierdie omgewing gebring het. Maar ons sien dit as `n wonderbare beskikking van bo en sê soos Job: 'Heer, alles is van U, hemel en aarde, lug en water! U gee en neem, wanneer en op die manier wat U welgevallig is. U kan `n bedelaar `n kroon en septer verleen, en die hoofde van konings buig in die stof van die algehele verganklikheid!” Daarom gee dit ons ook geen pyn nie. Want die mens wat die almagtige wil van God altyd op die voorgrond plaas, en in die hart dra, treur nooit, behalwe wanneer hy voor die Aangesig van God gesondig het. Daarom treur ons ook nie oor die aansienlike verlies wat ons gely het nie. Want as God se Wil nie die hand in die spel gehad het by hierdie treurig lykende gebeurtenis nie, sou ons nou, soos dit andersins elke jaar die geval was, sonder enige korting ons geld gekry het. God se wil was hier duidelik in die gedrang, en aan Hom offer ons graag hierdie kleinigheid - en ons sou graag nog groter offers wou bring as die Almagtige dit van ons sou verlang. Want Hy alleen is God en ons is slegs altyd Sy alleen dienende en gehoorsame knegte.

[7] Ons het slegs vir God lief en ons vrees Hom alleen, en daarom vrees ons die mense nie. As die Majesteit van hemel en aarde ons ook maar op enigerlei wyse voor die mense tot skande gemaak het, het Hy daarvoor baie goeie redes gehad! Want maar al te maklik en ligsinnig begaan die mens voor God `n sonde, wat die siel altyd baie nadeel besorg. Dan kom die Majesteit met die goeie tugroede en help die mens weer op die regte weg!

[8] Daaruit sien U, goeie Heer en Vriend, dat ons mense is wat God nog lank nie vergeet het nie. Miskien is u wel `n wyse heiden en baie vertroud met die kragte van die natuur. Maar ons ken slegs één universele krag en die is alleen in JaHWeH God. `n Ander leer is vir ons werklik nie aanvaarbaar nie!

[9] As u ons dus iets waar wil leer, vergeet dan nie dat ons onwankelbaar glo in die goddelike leer van Moses nie! Iets wat in teenspraak daarmee is, sal ons nie aanneem nie, ook al klink dit hoe goed en was dit hoe wys! Want ons almal staan liewer as dwase teenoor die wyse wêreld as sondaars voor God!"

[10] Ek sê: "Dit is baie korrek, julle is op die goeie weg! Maar net soos by Moses, as ook in die besonder by die profete, sal julle dinge vind wat vir julle nog baie duister kan wees. En dit wil Ek nou vir julle ophelder, sodat julle vir julleself en ook vir julle broers, vroue en kinders, sou verstaan in watter tydperk julle nou lewe!

[11] Toe Elia in `n grot verberg gelê het, sê die Gees aan hom dat hy solank in die grot moes bly totdat JaHWeH Self sou verbykom! En Elia stel hom vlak by die uitgang op en luister. Dadelik kom daar `n geweldige storm, wat met soveel krag verby geraas het dat die hele berg daarvan gebeef het. Toe veronderstel Elia dat JaHWeH wel verbygegaan het? Die Gees antwoord egter: “In die storm was JaHWeH nie!”

[12] Elia luister weer gespanne en kyk, nie lank daarna trek daar `n loeiende vuur langs die grot deur! Dit raas en knetter geweldig, en die buitekante van die rots glasuur as gevolg van die geweldige hitte. Toe dink Elia dat dit tog wel JaHWeH moes gewees het! Maar die Gees praat weer en sê: “Ook in die vuur was JaHWeH nie!”

[13] Toe dink die groot profeet by homself: 'Dus nóg in die storm en nóg in die almag van die vuur bevind JaHWeH Homself met die kern van Sy liefde!”

[14] Maar toe hy ernstig daaroor nagedink het, ruis daar baie teer `n fluisterende suggie wind verby sy grot en die Gees praat weer en sê: “Kyk, Elia, in die tere en sagte geruis gaan JaHWeH verby, en dit moet vir jou die beloofde teken wees dat jy nou heeltemal vry kan gaan, en hierdie grot kan verlaat waarin jy verborge moes wag op die verlossing!”

[15] Toe stap Elia blymoedig uit die grot in die groot vrye ruimte in en die weg na die groot vaderland het sonder gevare vry en oop voor hom gelê (l Konings l9:9-15).

[16] As julle goed tuis is in die Skrif, lê dan eers vir My die vreemde tafereel uit!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205