Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 120

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Helena se dank en goeie voornemens

120 Helena sê: "O vader, watter mens sou daar ooit maar die geringste vermoede van gehad kon hê! Bowendien het ons, ondanks al ons verligte opvattinge, nog te veel aan die heidendom vasgesit, en was daardeur nie in staat om so `n suiwer gedagte te kry dat ons met behulp daarvan ook maar `n floue voorstelling kon gevorm het nie van wat ons hier enkel deur die genade van JaHWeH God direk van Hom Self ontvang het!

[2] Ons kan Hom egter ook nou en ewig niks anders daarvoor terugdoen as om Hom sonder ophou bo alles lief te hê nie. En ons onderdane, wat ons broers en susters is, sal ons soos ons eie lewe liefhê deur hulle waaragtig en getrou die Naam van die verhewendste en heiligste, enig ware God te verkondig, en hul `n so sorgvuldig moontlike grondwet te gee, waardeur hulle op die weg van die ware liefde en deemoed gou tot egte, JaHWeH God welgevallige mense word. En Mathael, nou my liefste eggenoot, sal ons saam met sy broers sy sterke arm en sy magtige, wyse hart skenk, en so sal in die Naam van die Heer ons welsyn ook syne, en sy welsyn die welsyn van al ons talle onderdane wees en word.

[3] Dit is alles wat ek hier opreg en waar voor God die Allerheiligste uit die dankbaarste diepte van my nou heeltemal berouvolle hart kan beken. O Heer, wees U my arme sondares steeds genadig en barmhartig, want U alleen weet die beste hoeveel aardse lewenslas ek kan verdra! Ek wil nie sonder laste deur hierdie lewe gaan nie, en ek wil dra in eweredigheid met die krag wat U, o Heer, my verleen het, maar Heer, ek smeek U om my nie meer as dit te dra te gee nie!"

[4] Ek sê: "My juk is sag en My las is lig, maar af en toe `n bietjie ekstra gewig daarby sal jou nooit skaad nie, maar net van groot voordeel vir jou wees vir siel en gees.

[5] Jou eggenoot Mathael sal jou dit wel op die regte oomblik meedeel watter laste hy gekry het om te dra, om alles wat wêreld heet uit hom te verwyder, sodat sy hart so `n krag kon kry. Wat hy nou het, kan geen mag en geen ewigheid van hom meer afneem nie, maar wat jy nou slegs so van buite af in jou opgeneem het, lyk nog baie na `n saad wat so pas in die aarde gesaai is, en dit moet nog baie deurmaak voordat dit `n ware, geseënde, rype vrug word.

[6] Vrees dus maar nie vir die veelvuldige lewenslaste wat jy hier en daar op jou aardse lewensweg sal ontmoet nie, want Ek sal dit ter versterking van jou siel en jou gees op jou weg bring!

[7] As jy dus so nou en dan iets sal oorkom, bedink dan dat Ek die Een is wat jou so `n versterking laat toekom! Want hoe meer Ek `n mens liefhet, hoe meer sal Ek hom ook versoek. Want elkeen moet netsoos Ek volmaak word, maar daarvoor sal baie selfverloëning, geduld, sagmoedigheid en algehele oorgawe aan My wil nodig wees.

[8] Wie dan egter volkome één word met My wil, sal in sy gees ook so volmaak wees soos Ek Self is, omdat so `n gees daardeur heeltemal één word met My. - Sê My nou eers of julle dit almal wel heeltemal duidelik en goed verstaan!"

[9] Helena sê: "O ja, vir sover dit vir `n sterflike mens in sy tydelike, groot beperktheid moontlik is om God se woorde te deurgrond!"

[10] Ek sê: "Wel, laat ons dan nou na gedane arbeid bietjie gaan rus! Wie bietjie wil slaap, doen dit; wie egter saam met My wil waak en bid, die waak en bid!"

[11] Baie roep daarop: "Heer, ons wil saam met U waak en bid!"

[12] Ek sê: "Doen wat julle wil! Julle moet julle egter goed voorberei op die dag van môre, want dit sal `n hete dag word. - (Ek wend My tot Cyrenius: ) Môre sal ook jou broer Cornelius en hoofman Festus hierheen kom om te sien wat hier mag gebeur het. Hulle vermoed nie dat jy hier is nie, en nog minder dat Ek My hier ophou. Maar daar moet tog voor gesorg word dat hulle met hul gevolg hier onderdak vind. In die stad sal hierdie keer geen woning te vinde wees nie, want die vuur sal die stad baie beskadig, omdat daar by hierdie tempel- en sinagogebrand, behalwe die tempels en sinagoges, ook enige ander geboue en burger woonhuise behoorlik beskadig word. Môre moet ons daarom die hoof koel hou en dit is dus nodig dat mens hom aan alle kante daarop voorberei. Maar wie gaan slaap het, laat hulle slaap; Ek moet egter waak en bid!"

[13] Met hierdie woorde verlaat Ek die geselskap, en gaan verder die berg op om alleen te wees en om My ewige Vadergees inniger te verenig met My hele wese.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205