Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 208

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die eerbied van die Perse vir die heiligheid van die Heer

208 Hierdie woorde van My stem die Perse baie tot nadenke en Jurah sê vir sy metgeselle, terwyl Ek My na die drie begeef wat uit die dode opgewek was, en hulle liggaamlik laat versorg: "Vriende! Sy woorde is baie merkwaardig en klink nog wonderbaarliker as wat Sy dade daar uitsien, hoewel dit al sodanig is dat ons nog nooit so iets dergeliks gesien het nie. Maar alle wonders lyk eenders en `n mens wat onervare daarin is, is blind en kyk nie daar waar hy die skerpste en aandagtigste moes gekyk het nie! Die genesing van ons juwelier is wel buitengewoon verrassend, maar dit is miskien nie onmoontlik om so iets op natuurlike wyse tot stand te bring nie. Ons weet natuurlik nie hoe dit gedoen sou moet word nie, maar ons weet tog wel uit ervaring dat die Indiërs die byt van die giftigste slange sonder kruie en sap en olie genees. Hy het hierdie drie ook sonder kruie, sap en olie genees, - hoe, dit weet ons nie - dit kan ons ook nie weet nie!

[2] Die drie drenkelinge is werklik weer in die lewe teruggeroep, maar dit is nog maar `n vraag of hulle werklik heeltemal dood was, of dit kon dalk nagemaak gewees het! Kortom, dade bewys nog lank nie alles nie! Maar Sy magtige Woord bewys na my mening méér as beide die wonders. So oneindig wys en ewig waar kan geen mond van `n sterfling spreek nie! Skabbi, dink nou maar net eers na oor die uitleg van die enig ware aanbidding van God, dan sal jy ontdek watter deurdringende wysheid alles daarin lê. Dit is vir my die bewys van iets ontsaglik. Ja iets wat ek nouliks durf uit te spreek!"

[3] Skabbi vra baie verbaas: "Wel, wat is dit dan wat jy nouliks durf uitspreek?"

[4] Jurah sê: "Dink self maar eers goed daaroor na en dit verbaas my baie dat jy nie so gou dieselfde gevind het nie!" Skabbi begin nou om diep na te dink, maar weet tog nog nie so goed wat Jurah nou eintlik met die vraag bedoel het nie.

[5] Na `n rukkie sê Skabbi vir Jurah: "Laat ek jou eers iets sê, want ek glo dat daar `n baie wonderlike ding hom voorgedoen het; maar hierdie wonderlike ding is en bly iets baie riskant! Veronderstel nou eers dat dit bykans sonder enige twyfel die Messias is, dan is Hy volgens Jesaja nie net die eenvoudige mens wat hier met ons gepraat het nie, maar let wel, wat betref Sy siel is Hy ook God, die enige Ware van die ewigheid af! Maar as dit so is, waar bly ons dan? Hoe kan ons swakke mense voor Hom, die Allerhoogste, bestaan? Wat moet ons nou doen, waar bly ons nou?"

[6] Jurah sê: "Ja, dit hou my ook besig en is nou my grootste sorg! Ek vermoed dat iets baie duidelik hier sigbaar sal word, ek verstaan net niks van die hoë heidene nie, want hulle skyn vir Hom van lewensbelang te wees!"

[7] Skabbi sê: "Hoor jy, dat dit in Jesaja geskrywe staan: 'En Hy sal die omhulsel, waarmee die heidene omhul is, wegneem'! Dit beteken so ongeveer: Aan hierdie vooraanstaande heidene het Hy Hom reeds geopenbaar! Hulle ken Hom reeds en betoon Hom daarom so eerbiedig hulle geneentheid. Hulle sal reeds ten volle daarvan oortuig wees dat Hy, die ewige Almagtige, hulle met één sug vir ewig as los kaf kan wegblaas en daarom het hulle die grootste hoogagting vir Hom en dit lyk vir my dat Hy hulle reeds oorwin het en dat die goeie Judeërs vry is! - Dit is my mening.

[8] En verder aan vind jy ook nog by die profeet: 'En JaHWeH sal die trane van alle aangesigte afwas en die smaad van Sy volk in alle lande wegneem!' Dit beteken: seker ook by ons in Persië. Ons sal seker nie die eerste wees met wie Hy dit doen nie, maar tog is ons nou aan die beurt en dit skyn die oomblik te wees waarop Hy aan die Judeërs in ander lande gedink het. By ons het Hy begin om ons trane af te droog en ons smaad weg te neem! Aards gesien gaan dit met ons by wyse van uitsondering wel só goed dat ons ook in die vreemde geen rede het vir trane en ons het geen smaad om te verduur nie, maar daar is nog duisende broeders en susters wat tog groot nood ly. Hulle word wel afskuwelik deur die heidene gehoon en oor die algemeen verag. Maar ons is baie goed in staat om hulle almal te help en in Sy Naam hulle trane af te droog van hulle aangesigte en hulle jarelange smaad te delg! JaHWeH, wat nou kennelik hier is, het ons ook gered en na hierdie nie so hoë berg gebring om ons as Sy werktuie te gebruik by diegene wat in vreemde lande woon. Dit is my opvatting van alles. - En nou is jy aan die woord, my vriend!"

[9] Jurah sê: "Ja, volgens my het jy nou die spyker op die kop geslaan! So sal dit wel inmekaar steek! Maar omdat dit nou baie seker so is, kom die groot en belangrike vraag weer: Hoe kan ons na Hom toe gaan, terwyl ons tog sekerlik tot oor ons ore in die sonde gedompel is? En tog staan daar geskrywe: ‘Niemand mag en kan God benader wat sondig is nie!' Ons is ontsettend onrein! Waar sal ons onsself nou kan reinig? Waar is hy wat `n regsgeldige offer van ons kan aanneem wat ons voor God kan reinig van ons sonde?!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205