Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 214

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Wat is onkuisheid?

214 Jurah sê: "Ag ja, hier is Lig, Liefde en die hoogste Waarheid op één plek verenig! Ja, Majesteit en Heer van ewigheid, so sou ek graag die hele wet van Moses toegelig wou sien, dan sou `n mens eers volkome vas en in U ewige orde kan lewe en verkeer! Dan sal die Satan daarna beslis geen gat meer kan vind waardeur hy, soos in `n skaapsvel vermomde wolf, in U helderverligte heiligdom sou kan binnesluip en van U heilige gebooie menslike wette maak nie!"

[2] Ek sê: "Vriend, die uur het nog nie gekom waarin die duistere vors van die wêreld bereg sal word nie, maar dit is al baie naby! Maar ook as hy bereg sal word, sal daar maar al te gou tog mense kom wat mettertyd nog erger met My suiwer wette sal handel as die Satan self. Op hierdie aarde sal die lig altyd met die duisternis moet stry!"

[3] Jurah sê: "Heer, waarom dan? As alle mense die lig slegs so sien soos ek nou, sal die Satan en al sy boosaardigheid `n ewige rusdag op aarde kry! Ons kinders en kindskinders sal gewetensgetrou in dieselfde lig opgevoed word en ook tot die einde van die wêreld daarin bly. Dit sal deur alle tye heen net so vas en onveranderlik wees soos die aanname dat twee gelyksoortige eenhede plus nog twee van dieselfde eenhede tot in alle ewige tye vier gelyksoortige eenhede sal bly! Daaraan twyfel geen mens op die hele aarde nie, omdat dit `n onomstootlike en konkrete waarheid is. U uitleg van die tien gebooie van Moses maak elk daarvan tot `n matematiese grondreël. En wie kan daar in die geval dan in die verste verte op die gedagte kom om so `n waarheid op enigerlei wyse in twyfel te trek?!

[4] Omdat niemand meer daaraan sou kon twyfel nie, sou `n mens ook verplig wees om so `n duidelike vasstaande waarheid op te volg omdat `n mens homself andersins as `n dwaas moet beskou, of omdat elke verstandige mens hom dit sou vertel!

[5] Maar natuurlik, as die mees heilige en vir ons mense allerbelangrikste waarhede altyd in `n sekere, raaiselagtige verpakking gegee word en die mens daarmee kan maak wat hy maar wil, is daar natuurlik dadelik massas leuenaars wat die Satan kan gebruik om met sy lasterlike gevolg vrye intog te hou in die menslike maatskappy.

[6] Daarom, verhewe Majesteit en Heer, gee ons die Waarheid oop en bloot, sodat alle toegang van die Satan by die mense daarna deur die sterk muur van die onwrikbare Waarheid versper kan word!

[7] Ek wil byvoorbeeld slegs die gebod van Moses noem waarmee hy die onkuisheid as sonde verbied. Wat is onkuisheid nou eintlik presies? Bestaan dit alleen daaruit dat `n mens nie met `n ongewaste liggaam gemeenskap mag hê met `n vroulike wese en hom na die saamslaap nie wéér laat was nie? Of verstaan `n mens daaronder die geilheid van die begeerte, en die gemeenskap met `n vroulike persoon, `n maagd, `n hoer, `n konkubine of `n jong weduwee?

[8] Val die blinde ontug onder hierdie klousule, of dalk die stomme, sodomitiese sonde, of miskien dalk `n verhouding met `n baie begeerlike vrou van `n ander man? Moet mans, om heeltemal kuis te wees, hierdie sterkste van alle natuurdrifte heeltemal onderdruk? Maar as dit so is, dan is die egtelike bed tog seker ook niks anders as `n plek vir `n, as sedelik geldend, bedryf van onkuisheid nie. Want wie staan daarvoor in dat die man nie met sy aantreklike vrou gemeenskap sal hê as maar net vir die verwekking van `n vrug nie?!

[9] Ek het mense gesien en geken wat `n mens ware goue mense sou kon noem wat betref goedheid, liefdadigheid, geduld, sagmoedigheid en barmhartigheid, maar op die noodlottige punt van kuisheid was en bly hulle swak. Hulle probeer weliswaar om ook op die punt baie sterk te word, maar hulle natuur laat hulle nie dwing nie, selfs nie toe die natuurlike, algehele impotensie hulle deel geword het nie. `n Maagd wat weelderig gebou is, het nog altyd dieselfde wellustige indruk op hulle gemaak.

[10] Ook het ek mense gesien en geken wat by die grootste vroulike skoonheid so koud kon bly soos `n stuk klip, egte voorbeelde van kuisheid, maar vir die res was hulle ook in alles ongevoelig! Niks ontroer hulle nie! Nood en ellende van die armes was vir hulle belaglike dinge, trane van lyding- `n truuk om medelye op te wek. `n Vrou beskou hulle as `n veragtelike en `n onding wat maklik gemis kan word, wat in die wêreld geen ander doel het as om `n akker te wees vir die saai van `n soort graan nie. Die huwelik beskou hulle as van die belaglikste instellings van die menslike orde. Na hulle mening moet `n mens alle gesonde vroue in `n groot gebou opsluit en hulle daar deur sterk en vrugbare manne laat bevrug, dan sal daar suiwer mooi, gesonde en sterk mense daaruit voortkom. Die lelike en swak vroue moet `n mens egter uitroei, of hulle net soos vee vir die nederigste werk gebruik en so lank laat werk totdat hulle krepeer! Dit is dinge wat ek deurgemaak het!

[11] Nou vra ek of die mens wat swak in die kuisheid is, nie in almal se oë baie ver vóór die yskoue kuisheidsheld is nie! Volgens my wel! Hoe u, verhewe Majesteit en Heer, daaroor dink, weet ek nie en dit kan ek ook nie weet nie. Kan U daarom ook op die klousule wat deur Moses verbied is, duidelikheid skep, sodat ek nie altyd in sidderende angs hoef te lewe elke keer as ek geslagtelike gemeenskap gehad het nie. As ek dan voor God gesondig het en as die geslagsdaad hoe dan ook altyd `n sonde is, sal U, o Majesteit en Heer, ook dalk `n geneesmiddel daarvoor ken, waardeur `n mens die begeerte en die drang soos `n verkoue kan verdryf! Want daar is niks meer ellendig vir `n eerlike mens as om maar altyd van `n bepaalde kant geprikkel te word om te sondig nie. Die natuur dwing maar altyd die liggaam daartoe deur `n onweerstaanbare krag en as `n mens van nature as `n swaar liggaam deur die vrye lug val, dan het `n mens egter ook dadelik `n doodsonde begaan! Dit is tog `n bietjie te erg, veral vir `n mens, wat, prys God, nog altyd so as goed moontlik sy kop en hart op die regte plek gehad het. Ek sou dus daaroor, Majesteit en Heer, ook graag van U `n duidelike uitleg wou kry! Want dit lyk my in elke geval `n netelige punt te wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205