|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 35
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die dood met sy eie wapens oorwin
35 `n Tweede uit die groep van vyf sê: "Ja, broer, ons hoop is nou alleen daarop gevestig! Hy Self moet weliswaar `n groot stryd met die mag van die dood stry, maar nou is daar geen twyfel meer aan `n sekerlike oorwinning nie! Want Hy ken die onmag van die dood en ken al sy grense en Hy weet ook dat die enigste mag wat die dood nog het, niks anders is as `n reeds gebonde drang om te lewe nie, en hierdie enigste mag kan nie téén Hom nie, maar slegs vir en saam met Hom teen homself stry as dit homself nie volledig kragteloos en daardeur heeltemal dood wil maak nie!
[2] Die strydende lewe, wat Hy Self is, het altyd die voordeel teen al die mag van die dood, omdat die eintlike, totale dood in die geheel geen mag het nie, en gelyk is aan `n swyende slingerklip in die hand van `n lewenskragtige slingeraar, wat daarmee kan doen wat hy wil.
[3] As daar egter in die dood, net soos in die fisiese liggaam van `n mens, `n mag homself bevind, dan is hy ook lewe, ook al staan hy ook op `n baie lae trap. Hierdie lewe sal sekerlik nie met die egte lewe gaan stry om homself te vernietig nie, maar hy sal hom aan die lewe vasklamp en, daarmee verenig, worstel teen die veronderstelde mag van die dood soos wat `n doodsiek liggaam begerig die beker van die gesondheid aangryp en na die mond toe bring om daaruit nog langer tyd met die eintlike lewe te lewe en om uiteindelik heeltemal daardeur opgeneem te word.
[4] As die lewe homself eenmaal so gevind het, soos in ons Verlosser, vir wie ons persoonlik tot op hede nog nie met sekerheid herken het nie, dan is dit al volkome goddelik en daarbuite bestaan daar dan geen mag wat dit sou kon oorwin nie, omdat daar geen ander mag meer buite hierdie kan wees nie!
[5] Ons weet wat hierdie aarde is, wat son, maan en al die tallose sterre is. Dit is merendeels ontsettende groot hemelliggame, talle is selfs onuitspreeklik groter as hierdie aarde van ons. Op sigself is hulle wel dood, dit wil sê wat betref hul groot liggaam, maar die mag van die goddelike lewe dwing al die ontelbare liggame tot `n noodsaaklike beweging en nie somaar `n eenvoudige beweging nie, maar `n baie ingewikkelde een.
[6] Wat kan al die ontelbare wêreldreuse teen die altyd dwingende mag van die vrye, goddelike lewe doen? Niks! Soos stof deur die storm word hulle deur die goddelike lewenskrag in onmeetlike, groot bane voortgedryf en al die oneindige ontelbares kan hulleself in ewigheid nooit verset teen die vrye lewenskrag nie. Hulle kan hulle net so min verset as die miriades stofkorreltjies teen die storm wat hulle van `n woeste heide optel en deur die lug na verre vertes voortstu!
[7] Daarom sal Hy oorwin, en het Hy eintlik lankal oorwin! Maar sodat die mense deel sal hê aan die oorwinning van die lewe oor die dood, sal daar nou `n nuwe en laaste stryd gevoer moet word!
[8] Ek sien dan ook bo die hele oneindigheid met ewig stralende letters die volgende geskrywe: 'Hy, die Ewige Lewe Self, het vir ewig die dood met haar eie wapens oorwin, en die dood moes haarself vernietig, sodat al die lewe slegs deur Hom, die ewige Stryder, vry kan word! Daarom aan U, die Ewige, verhewe Een, al die heil!'"
[9] Hierdie woorde tref alle aanwesiges so dat hulle hulleself voor My op die aarde neerwerp en met alle mag uitroep: "Ja, ja, ja, U, Ewige, Verhewe Een, al die heil!"
[10] Hierdeur herken die vyf My en Mathael sê uiteindelik baie ontroer, terwyl trane van dankbaarheid oor sy wange rol: "Dus U - U - is die Ewige, Verhewe Een! O, wat `n skouspel vir ons dooies, om die alleen Lewende te sien!" - Daarna swyg hy en is net soos alle aanwesiges in diepe beskouing versonke.
|
|
|
|
|