Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 114

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Duidelikheid oor die geestelike ontwaking

114 Na `n tydjie sê Jarah, wat deur My vriendelike blik meer in haarself gekeer was: "Heer, U my enige liefde! Was ek miskien tog ietwat te vrypostig met my skynbare jaloersheid op hierdie heerlike Helena, en beledig ek U daarmee? As dit so was, vergeef my dit dan, U my enigste liefde!"

[2] Ek sê: "Wees gerus, My dogter! Selfs `n slegte mens kan nie deur die liefde beledig word nie, laat staan nog Ek! As jy My minder sou liefhê, sou jy nie bang wees dat My liefde vir jou swakker sou kon word as Ek ook hierdie Helena My hele liefde sou gee nie. Maar omdat jy My werklik bo alles liefhet, word jy ‘n paar oomblikke deur angs bevange en dit kom jou maar net oor omdat jy `n paar momente die oë van jou siel afgewend het van My eintlike Ek. Nou dat jy egter weer goed sien, en verseker weet wie Ek is, bring Helena jou nie meer van jou wysie af nie.

[3] Kyk na die son aan die hemel, hoe dit die veldblomme beskyn! Sê eers: sou dit nie dwaas wees as `n blom kwaad sou word vir die son omdat dit ook haar buurvrou soveel lig skenk nie?

[4] Kyk na die groot sterre, waarvan dit jou vergun was om `n paar van naderby te bekyk en te bestudeer! Kyk, al dié sterre en nog oneindig veel meer, wat geen menslike oog ooit sal sien nie, bestaan en lewe uit My liefde! As My liefde nou vir hierdie ontelbaar talle en groot kosgangers voldoende is vir ewighede der ewighede, hoe kan jy, lief dogtertjie, dan ooit enigsins vrees dat jy of Helena by My liefde te kort sou kon kom?! Sien jy nou die ongegronde in van daardie kort oomblik van angs om gekortwiek te kon word in My liefde?”

[5] Jarah sê: "Ja Heer, U my liefde en my lewe, ek sal van nou af aan `n egte vriendin vir die liewe Helena wees, en baie van haar deugde my eie maak. Ag, was my susters maar net so geaard soos hierdie Helena, hoe sou dit my vreugde verskaf! Maar hulle is wêreldgesind en oor geestelike sake kan jy met hulle vrywel nie praat nie. Dan is die dogters van die oue Markus tog wel baie geskikter as my susters! Was daar maar `n middel om my susters geestelik aktiewer te maak!"

[6] Ek sê: "Ag, laat dit daar, as jy tuis kom sal jy jou susters geestelik ook baie ontvankliker aantref as wat hulle eers was! Bowendien bly Raphaël by jou en tesame met hom sal jy jou susters en broers ook nog wel op die goeie weg bring.

[7] Dit gaan origens by meer wêreldgesinde mense nie so vinnig soos mens dink nie. Dikwels is daar baie tyd en geduld voor nodig om `n siel te reinig van alle ballas.

[8] Voordat so `n algehele suiwering egter plaasgevind het, is daar met die geestelike basis weinig aan te vang, en `n aanslag deur middel van die verstand is dieselfde as om `n huis op sand te bou.

[9] Die hart moet dit doen, maar as dit nog vol met materie sit, kan die suiwer geestelike daarin geen aanknopingspunt vind nie! Daarom moet jy by jou susters ook veral daarvoor sorg dat hul harte algeheel vry word van al die materiële, dan sal jy nie baie moeite hê met die susters waaroor jy jou nou so bekommer nie. Maar Ek prys jou besorgdheid, en sê vir jou dat dit nie so lank meer sal duur nie! - Liefste Jarah, het jy dit nou ook goed genoeg verstaan?!”

[10] Jarah sê: "O ja, vir sover `n meisie van veertien jaar sulke geestelike sake kan begryp! Agter dit wat U nou aan my gesê het kan nog ten beste eindelose dieptes verborge lê wat my hart nog lank nie kan deurgrond nie. Maar wat vir die kort tydsduur van die aardse lewe sinvol verstaan kan word, dink ek wel te begryp het en U, o Heer, sal die begrip van my hart sekerlik nie tot skande laat word nie. Maar ons liewe Helena is nou vas aan die slaap en ek sal dus nie baie met haar kan praat nie!"

[11] Ek sê: "Dit maak nie saak nie, want daar is nog genoeg mense om ons heen waarmee ons kan praat, gestel dat ons met alle geweld met iemand moet praat! Daar sal egter spoedig iets gebeur wat weer al ons aandag sal opeis en dan sal daar weinig tyd oorbly vir leë praatjies!"

[12] Jarah vra vinnig; "O Heer, wat gaan dan gebeur?"

[13] Ek sê: "Wel, dit hoef jy vooraf tog gladnie te weet nie. Wanneer dit gebeur, is dit nog altyd meer as vroeg genoeg!"

[14] Dan vra ook Ouran, wat teenoor My tesame met Mathael op `n sooibank rus, skielik: "Heer, bedreig `n moontlike gevaar ons almal miskien?"

[15] Ek sê: "Ons nouliks, maar wel ander mense wat nie by My op die heuwel is nie! Kyk maar eers na Césarea Philippi, dan sal julle gou ontdek uit watter hoek die wind gaan waai!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205