Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die wysheid van Cyrenius teenoor dié van Mathael

29 Cyrenius sê: "O, ja, ek verstaan dit nou baie goed, en dit des te beter omdat ek juis vannag `n soortgelyke uitleg oor die Mosaïese skeppingsgeskiedenis gehoor het. Dit sal goed wees, maar vir my is die wysheid te diep en kan en wil ek my nie te veel inspan om iets tot en met “te” verstaan nie. Dit moet by my nie met veel moeite gepaardgaan nie, anders wil ek niks daarvan hê nie. As dit te diepgaande en te wys is, dan hou my begrip dikwels meteens op!

[2] Kort en saaklik, dit bly soos ek gesê het, ek neem julle versorging op my en daar sal al die geleentheid vir julle gegee word om so diep as moontlik in julle wysheid in te dring en die arme mensdom, waar moontlik, op die goeie weg te bring - hoewel ek openlik aan julle beken dat dit oor die algemeen eerder nadelig as voordelig is om so diep in die wesenlikheid van die lewe in te dring.

[3] Neem jouself nou en vra jou af of julle waarlik buitengewone kennis en wysheid julle gelukkig maak! Ja, die menslike gees kan in die oneindige dieptes van die Wysheid deurdring en dan die wonderbaarlikste sake aan die lig bring. Maar volgens my is net dié mens wat heel eenvoudig is, gelukkig en wat God, sy Skepper, in alle liefde toegewy is en wat Sy gebooie onderhou. As God hom dan, net soos vir Salomo, wysheid wil gee, dan moet hy dit baie dankbaar aanvaar en met `n opgewekte gemoed wyslik gebruik. Maar as die geskenkte wysheid die mens net ongelukkig maak, dan verkies ek liewer elke domheid waardeur die hart van die mens bly word.

[4] Ek leef nou eenmaal en weet nou dat ek ewig sal lewe en die weë om `n geluksalige, ewige lewe te bereik is aan my bekend; wat sou ek dan nog meer daarby verlang?!

[5] As julle ook my opvatting hierin deel, sal julle ook, net soos ek, nog op hierdie aarde werklik gelukkig wees, maar met julle gepeins oor die allerdiepste wyshede sal julle nouliks die waarde en die geluk van menswees voel!

[6] Volg daarom my raad na, ook al kom dit nie uit die gebied van die diepste wysheid nie; dit kom egter uit `n vriendelik hart wat sekerlik nie sonder liefde is nie en dít het selfs by God baie waarde! Waarom sou júlle dan geen waarde daaraan heg nie?

[7] Dit is nie die Wysheid wat ons die lewe gee nie, maar die Liefde. Laat ons daarom by die Liefde bly, dan sal dit ons nie aan lewe ontbreek en aan sy geluksalige gevoel nie! Kyk, dit is nou my wysheid en ek sou haas wou beweer dat dit vir hierdie lewe van die mense baie nuttiger is as al julle wysheid, al is dit ook hoe diep!"

[8] Mathael sê: "O ja, o ja, jy het heeltemal gelyk! Kyk, solank die water nie in die pot verhit word nie, het dit ook `n goeie en rustige bestaan, maar as dit vervolgens op die vuur kom, dan sien dit egter gou baie anders daaruit. Die rus moet éénmaal verbreek word!

[9] As jy iets wil word, mag die nodige kennis jou beslis nie ontbreek nie. As jy veldheer wil word, moet jy met alle kennis vir daardie amp toegerus wees, omdat jy andersins `n slegte figuur as veldheer sal uitmaak . As jy apteker en geneesheer wil wees, moet jy gewis al die nodige kennis daarvoor besit!

[10] Wel, jy wil nou die ewige lewe hê, maar die lewe beslis nie self van naderby ondersoek en leer ken nie, hoe dink jy dat dit moontlik sal wees?

[11] Kyk, as ek `n vrou sou wou neem, maar elke geleentheid misloop om ook maar op `n afstand `n meisie te ontmoet, dan weet ek werklik nie hoe ek en `n vrou by mekaar sal kan kom nie!

[12] Maar jy verlang uiteindelik selfs `n ewige lewe, terwyl jy nou al die geringe moeite misloop om hierdie aardse lewe ook maar `n ietsie dieper te leer ken en op soek te gaan na sy aardse wortels!

[13] Ja, beste vriend, as die ewige lewe maar net daarvan afgehang het of `n God dit my sou kon gee, soos wat jy vir my `n stuk brood sou gee, dan sou jou lewensopvatting duidelik verkieslik wees bokant die van ons. Maar die besorging en bereiking van die toekomstige, ewige lewe hang heeltemal van onsself af!

[14] Ons moet doen en dade wys en ons moet werklik deur die water met ons lewenswater en deur die vuur met ons liefdeslewensvuur. Dán eers begin ons lewenswater op die vuur van die innerlike liefde tot God, tot die naaste en uiteindelik tot onsself, te kook en te borrel, en eers dáárdeur sal ons bemerk dat daar `n onverwoesbare lewenskrag in onsself skuil, wat dán eers van homself bewus word en die regte middele aangryp en aanwend om hom so vir ewig in stand te hou!

[15] Voorlopig is daar dus nog glad geen sprake van `n sogenaamde gemoedelike lewe wat nes `n soete droom lyk nie, maar daar moet sonder ophou gewerk, gestry en ondersoek word!

[16] Sodra `n mens oor die altyd maar so graag inslapende, sterwende lewe `n volledige waaksame, lewende oorwinning behaal het, eers dán kan daar sprake wees van `n bepaalde saligheid!

[17] Jy is soos `n mens wat soggens nog lekker lê en slaap en deur sy vriende wat reeds lankal wakker geword het, gewek word, waarop hy eers baie vererg reageer; eers wanneer hy met bietjie moeite heeltemal wakker word, sien hy die weldaad van die algeheel wakkerwees in en verbly hom vervolgens oor sy ligte en vrye lewe.

[18] Ons het die volste reg tot ons wysheid, maar jy nog lank nie! Eers wanneer jy wakker geword het, sal jy óók insien dat ons die volle reg aan ons kant het."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205