|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 81
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die Heer kondig `n sonsverduistering aan
81 Ek sê toe: "Vriende, ons liggaamlike en geestelike maaltyd het hierdie keer so ongeveer vier uur geduur, en daarom het dit tyd geword om van die tafel af op te staan! Ons sal buite na die see gaan om te kyk of daar nie iets gebeur wat al ons aandag werd is nie!
[2] Tewens maak Ek julle almal opmerksaam daarop dat ons nou oor `n halfuur `n totale sonsverduistering sal belewe. Maar laat niemand hom daaroor bekommer nie, want dit is `n heel natuurlike gebeurtenis!
[3] Die maan, komende uit die weste, op `n hoogte bo die aarde van 98000 uur gaans*, sal as `n massiewe, ondeursigtige liggaam in `n reguit lyn voor die son langs gaan en daardeur verhinder dat die sonlig op `n deel van hierdie aarde sal skyn. Die totale verduistering sal maar enige oomblikke duur, daarna sal die son weer direk bo die rand van die maan te sien wees en dan sal dit gaandeweg weer ligter word op aarde. Tydens die totale verduistering sal julle die mooie winter-sterrebeelde te siene kry wat andersins nooit in die somer te siene is nie. (*onbekende term)
[4] Ek sê dit om alle dwase vrees vir hierdie soort gebeurtenisse by julle weg te neem sodat julle die heeltemal natuurlike daarvan kan sien. Wees dus nie bang as die verskynsel hom sal voordoen nie!
[5] Maar tewens sal ons drie handelskepe op die oop see gewaar. Hulle moet vóórdat die verskynsel hom manifesteer, aan land gebring word, omdat die bose bygeloof andersins die skippersknegte sou dwing om `n seldsame mooi en deugsame dogter van `n eersame Griek saam met haar begeleidende vader in die see te gooi.
[6] Hulle reis saam na Jerusalem om die tempel te sien en hulle by die bron vertroud te maak met die leer van die Judeërs, en daarvoor neem hulle op die drie skepe `n aantal groot skatte mee wat dan as `n ryk buit in die roofsugtige hande van die slegte, Griekse skippersknegte sal val.
[7] Daarom is daar geen tyd te verspeel nie, want die hemelliggame volg onstuitbaar die baan wat volgens hul wette vasgestel is. As `n mens hulle in hul baan sou belemmer, sou die aarde daardeur ontsettend baie skade ly, wat duisende jare nie sou uitwis nie. As die drie skepe egter vinnig op `n wonderbaarlike manier aan die oewer gebring kan word, sal niemand daardeur skade ly nie, maar vir baie armes uit hierdie streek kan dit `n baie groot natuurlike en geestelike voordeel oplewer. Daarom nou vinnig aan die werk!"
[8] Almal haas hulle nou na die oewer en daar stel die mense hulle in `n lang ry op. Vir My lewer dit egter ook moeilikhede op, want Cyrenius met sy gevolg, My twaalf leerlinge en verskeie ander wat al `n tyd by ons was - in totaal ongeveer sestig - die dertig jong fariseërs en leviete aangevoer deur hul sprekers Hebram en Risa, die vyf onder leiding van die wyse Mathael en die twaalf met Suetal, Ribar en Baël aan die hoof, verdring mekaar om My heen en wil almal, so goed en so sleg as wat dit gaan, in My omgewing wees, terwyl Ebahl met Jarah en Rafael met Josoë sondermeer al vlak langs My is en Jarah selfs My mantel gladnie meer loslaat nie. Die ou Markus met sy vrou en kinders wil ook in My naaste omgewing wees en daaruit blyk wel dat daar weinig ruimte vir My oorbly. Maar Rafael lei gou alles in goeie bane deur in `n oogwink alle oewergaste `n gerieflike plek te besorg. Ek en Cyrenius en die ou Markus skeep ons in en onder die oë van die talle gaste vaar ons vlak langs die oewer heen en weer, tot tevredenheid van die gaste en My leerlinge.
[9] Maar nou kom die maan al naby die son en Ek gee Rafael opdrag deur te sê: "Jy weet wat nou gedoen moet word, wag dus nie langer nie!"
[10] En Rafael sê, eintlik slegs vanweë die gaste: "Heer, dadelik of na `n rukkie?"
[11] Ek sê: "Na twaalf tellings, dadelik!"
[12] Die drie skepe lê egter so ver weg dat mens hulle skaars kan sien; in `n reguit lyn was dit so `n vier uur se vaar.
|
|
|
|
|