Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 85

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Ouran, die Griek, kry Mathael as toegewese leraar.

85 Hierna swyg Ouran (so heet die Griek, en sy dogter heet Helena) en hy probeer tot ruste te kom om as `n man met baie lewenservaring gedagtes te kan wissel met Mathael wat aan hom voorgestel is, wat hom deur `n paar woorde al laat merk dat hy baie wysheid besit. Daarby wil hy ook rekening hou met ‘Sapienti pauca’ (`n Wyse man het weinig woorde nodig), om hom nie soos iemand te gedra wat geen hoëre kennis het nie. Toe Ouran enigermate herstel het, en sy kalmte weer teruggekry het, vra hy na `n taamlik lang stilte aan Mathael of hy hom oral op sy wêreldreise wou begelei en wat hy daarvoor verlang.

[2] Mathael sê, terwyl hy na My wys: "Kyk na Hom, Hy is `n geneser van liggaam, siel en gees! Ek was nog maar twaalf uur gelede die miserabelste wese op hierdie aarde. My binneste was dermate besete deur die kwaadaardigste geeste dat my hele wese `n aardse duiwel daardeur geword het. By `n bende vreeslike straatrowers was ek die skrik van die hele omgewing, want al my ledemate was deur duiwels bestuur. Maar my siel was verlam en het nie geweet wat daar met haar arme liggaam gebeur het nie. Vriend, jy verstaan wel hoe ellendig ek was! Wie sou my egter kon gehelp het?! Vir elkeen wat naby my gekom het, was ek die grootste verskrikking. Jy kon liewer met tien hongerige tiers te doen gehad het as met my alleen. Slegs `n leërafdeling dappere, Romeinse krygers kon my en my metgeselle oormeester. Aan hande en voete gebind en geketting, was ek met my vier erge metgeselle hierheen gebring om ter dood veroordeel te word.

[3] Maar daar staan die groot Heelmeester, wat uit die hemele tot ons ellendige wurms van hierdie harde en van duiwels wemelende aarde gekom het, om ook ons, lewende duiwels, deur woord en daad te genees. Hy het my en my metgeselle genees en vir die genesing verlang Hy nie maar heeltemal niks van ons vyf nie, maar Hy bewys ons ook nog oorgrote liggaamlike en veral geestelike weldade!

[4] Nou het my goddelike Verlosser vir die eerste keer `n diens van my verlang, waarvoor jy my nou gevra het watter loon ek daarvoor wil hê. O vriend, ek is onmoontlik in staat om iets van jou te verlang voordat ek my skuld aan hierdie Groot Een betaal het, want daarmee dien ek slegs vir Hom wat my geroep het, en nie vir jou nie!

[5] Ek sal egter vir ewig diep by Hom in die skuld wees en nou deur te dien my groot skuld ietwat verminder. Daarom, vriend, sal jy my vir `n bewese diens ook nooit iets skuldig wees nie - behalwe jou ware vriendskap en broederliefde!

[6] Want ek het dit vir niks gekry en vir dieselfde prys sal ek dit ook aan jou gee! Goud, silwer en edelstene sal jy weliswaar nie van my kry nie, maar wat ek het, sal jy ook so kosteloos gegee word soos wat ek dit ontvang het. Vra my dus nie weer so iets in die vervolg nie!"

[7] Ouran sê: "Vriend jy is van die edelste mense wat ek nog ooit ontmoet het! Daarom moet jy die wyse leidsman van my en my dogter word en my hele lewe bly!

[8] Ek sal jou weliswaar, ooreenkomstig jou wil, nooit weer vra: 'Wat vra jy daarvoor?' nie, maar dat jy by my niks te kort sal kom as vriend en as `n ware broer nie, dit sal jy tog wel van my kan aanneem?!"

[9] Mathael sê: "Dit is nog maar die vraag of jy iets of alles of uiteindelik glad niks van my sal aanneem nie! Want my gawe smaak vir die smaaksin, soos ek al enigsins ondervind het, nou nie juis so soet soos `n met suiwer heuning gesoete wyn soos wat die Grieke dit hier en daar geniet nie, maar dikwels bitterder as gal of die vars sap van `n ou aalwyn! En daarvan geniet smaaksintuie wat aan soet gewoond is, nie graag nie! Daarom sal ons eers wel sien hoe ons wedersydse gawes uitgewissel kan word!"

[10] Ek onderbreek hulle en sê: "Weet julle wat, laat ons, omdat ons nog `n volle uur son het en die aand veel goed beloof, nou gesamentlik die heuwel van Markus opgaan, daar sal ons dan bietjie nader kennismaak! Laat jou tente voorlopig deur jou dienaars bewaak, want jy sal dit pas na middernag weer terugsien en gebruik!"

[11] Ouran sê: "Daar is egter talle en groot kosbaarhede in! Maar ek dink dat hierdie vriend betroubaar is!"

[12] Ek sê: "Vriend, toe jy skaars `n uur gelede in groot gevaar was en jy op die punt staan om jou lewe en alles te verloor, wie het jou toe gered?"

[13] Daarvan skrik Ouran. Na `n rukkie sê hy: "Ja, ja, groot Heer! U het gelyk, ek sit nog ietwat vas in my ou gewoontes en sien nou ook in hoe dom dit van my is om iets te vrees. Dit sal `n tweede keer nie meer met my gebeur nie en ek gaan nou sonder bedenkinge dadelik saam met U, waarheen U maar wil!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205