|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 50
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die twyfel van die twaalf
50 Maar op My versoek loop Jarah nou na Rafael en Josoë toe en praat met hulle oor die wysheid van Mathael wat so plotseling tot uiting gekom het, en dit verdubbel die onsekerheid van die twaalf oor My identiteit. Daarby het hulle die Verlosser as `n man voorgestel, terwyl daar met Jarah, soos gesien kan word, slegs twee seuns van ongeveer 12-14 jaar oud hulleself besig hou, en daarom verstaan die twaalf niks daarvan nie. Daarom sê een van hulle vir Suetal: "Vriend, wat ons betref het jy hierdie keer te vroeg begin juig! Die meisie is waarskynlik `n dogtertjie van die bekende herbergier Ebahl uit Genesaret, want ons bergbewoners uit daardie gebied het haar, as ons in die plek iets te doen gehad het, al dikwels in die herberg gesien. Sy loop nou tussen twee seuns wat waarskynlik seuns is van die opperstadhouder. Geeneen van hierdie twee seuns sal die Verlosser uit Nasaret kan wees nie. Maar nou is die vraag: Wie is dit dan? Ek sê jou, broer, met ons wysheid sal ons sekerlik nie daarby kom nie. Voorlopig sal ons dus maar liewer swyg!"
[2] Suetal sê: "Ek is dit heeltemal met jou eens. Volgens my het die edele meneer Julius ons hier streng gesproke maar bietjie laat in die steek gelaat, wat ook wel baie tereg was. Waarom wil ons ook altyd saampraat? Hoor, sien en swyg is helaas die beste, en in `n sekere sin die begin van alle wysheid!" Na die woorde sê die twaalf niks meer nie en hulle vervul hulle siele met allerlei gedagtes.
[3] Ek gaan nou na hulle toe en vra vir Suetal: "Ek het julle vroeëre gesprekke heeltemal gevolg, want My ore is baie skerp. Maar omdat julle gesamentlik so baie oor die Verlosser uit Nasaret met die wyse Mathael en die hoofman Julius bespreek het, waarby julle eie mening egter altyd verborge gebly het, sal Ek nou graag sonder `n omweg van julle af wil hoor wat julle eintlik self van die betrokke Persoon dink. Wees nie bang om dit openlik te sê nie, want Ek staan daarvoor borg dat julle geen las daaroor sal kry nie! Ek ken die Verlosser goed genoeg om te weet dat Hy julle geen kwaad sal aandoen as julle My, as één van Sy naaste en beste vriende, onverbloemd julle persoonlike mening kenbaar maak nie!"
[4] Suetal antwoord, terwyl hy homself bietjie agter die ore krap: "Volgens u kleding, lyk U soos `n Griek, maar aan u hare en u baard te oordeel is U `n Judeër. Die Romeine sê oor die Grieke, nie so erg prysend nie: ‘Graeca fides, nulla fides’ (Griekse trou is geen trou nie), maar daarvoor sien U te eerlik daaruit en omdat U beslis wel lewenservaring sal hê, sal U gewis verstaan dat so `n buitengewone verskyning ons wel tot nadenke moet stem!
[5] Om alles wat die wysheid van Mathael ons oor die Verlosser meegedeel het, heeltemal voetstoots aan te neem, was vir mense soos ons nog altyd geen kleinigheid nie, en ons mening oor Hom sal eweneens baie te kort skiet, want tot nou toe het ons nog altyd maar net oor Hom gehoor praat. Die vier bergbewoners uit die streek van Genesaret het vertel van `n buitengewone krag en mag wat hulle ondervind het, maar hulle het Hom nie gesien en nie met Hom gepraat nie.
[6] Ons was hier aanwesig tydens die buitengewone genesing van die vyf kwaadaardig besetenes en mense het ons daarvan vertel. Ook híer was ons egter self geen oog- en oorgetuies nie, maar het ons onsself slegs deur die sien van die geneesde mense en deur die verhaal van die hoofman, die mees tasbare en regte inligting verskaf.
[7] Die buitengewone gebeurtenisse en die duidelike beoordelinge en uiteensettinge daarby, veral van die kant van die wyse Mathael, kon nie nalaat om in ons `n voorstelling van die bewuste Verlosser op te roep wat op die minste vir ons, van alle hoëre wysheid gespeende, aardse begrippe duidelik goddelike trekke vertoon!
[8] Of ons egter as mense sonder kennis en meer nog, sonder wysheid, met ons voorstelling tog nog op die verkeerde pad is, daaroor verskil ons nog geensins van gedagtes en begrippe nie! Maar wie kan en wil dit vir ons, blindes in kennis en wysheid, só beskryf dat vir ons óf die een óf die ander so duidelik word as die son op `n helderligte dag?
[9] Kyk, die wetenskap van die mens is in ons tyd al baie ver gevorderd, en aan die menslike wysheid kon niemand nog ooit paal en perk stel nie. Daarom is dit besmoontlik dat `n mens in Nasaret, deur buitengewone, geestelike gawes gesteun, `n steen van die wyses gevind het waarvan die wêreld tot op hede geen kennis gedra het nie! Daarom kan Hy wel ongelooflike dinge doen wat ons verstand te bowe gaan, soos berge verplaas en in die hartjie van die somer die see laat bevries, ja, dooies opwek en duisende, slegs deur dit te wil, laat vergaan; maar dit is alles dinge wat reeds lank vóór sy tyd deur mense gedoen is!
[10] In Egipte behoort so iets sekerlik nie tot die ongehoorde nie. Hier by ons sal dit weliswaar seldsamer voorkom, omdat alle towery, veral by ons Judeërs, streng verbode is. Daardeur word elke buitengewone verskynsel, wat `n mens self miskien wel met heel natuurlike middele tot stand kon gebring het, as towery verdoem. Die towenaar word, as hy `n Judeër is, gestenig of selfs lewendig verbrand, terwyl `n vreemde baie ver oor die grens verban word. Slegs as sou hy `n behoorlike afkoopsom betaal, laat die mense hom slegs toe om sy kunste en towerye net vir die Grieke en die Romeine in die geheim te demonstreer. Mense soos ons het in Jerusalem niks daarvan te siene gekry nie, maar as apostel van die tempel wat na vreemde lande gereis het om vreemdes tot die Judese geloof te bekeer, het ek tog wel die een en ander te siene gekry wat vir ons onverklaarbaar moes bly.
[11] So doen die bewese Verlosser uit Nasaret dan nou ook ongelooflike dinge met betrekking tot die genesing van allerlei siekes, ja, Hy kan dan selfs dooies opwek! Maar ek sê sowel van die een as van die ander dat dit alles nog lank geen geldige bewys is van Sy besondere, goddelike aard nie en geen onweerlegbare getuienis oplewer nie.
[12] Om vir mense soos ons met woorde en dade wonders te verrig, is vir die begaafde nie so `n groot kuns nie. Vir die blindes kan jy maklik oor kleure preek, die siende het tog geen behoefte daaraan nie omdat hy die kleure ook sonder preek kan sien.
[13] Die Násareense Verlosser kan origens baie goed en ernstig `n buitengewone profeet wees wat deur die Gees van God gesalf is, - soos wat Moses, Josua, Samuel en EliJaH was - en wat Hy doen, verrig Hy deur die suiwer goddelike krag in Homself. Dit beskou ons ook as die waarskynlikste, omdat Hy tog `n Judeër is en as sodanig nooit die geleentheid gehad het om by die Essene, of by die Egiptenare in die grootste geheime ingewy te word nie.
[14] As dít egter by Hom bewys kan word, sou dit natuurlik nie so moeilik gewees het om te raai waar Hy al sy geheime kennis vandaan gekry het nie, want die Essene wek die dooie kinders meestal by die tientalle tegelyk op, waarvan ek myself terdeë oortuig het! En God weet watter siektes hulle alles kan genees!
[15] Uit dit alles sal `n Griek, wat so verstandig daaruit sien soos jy, wel in staat wees om te beoordeel waarom, ondanks al die buitengewone wat ons hier gehoor het, in ons binneste noodgedwonge allerlei gedagtes om die oorhand stry.
[16] Om alles skielik sonder meer aan te neem, sou tog net so gek wees as om alles skielik by voorbaat te verwerp. Afwag, luister, kyk en goed toets is al wat `n mens kan doen. Dan sal dit wel blyk of `n mens jou by die voor- of teenstanders moet voeg, want ons koop nooit duiwe in `n sak nie, omdat die mense ons andersins wel aasvoëls vir duiwe sou kon verkoop! - Sê u nou vir ons of ons gelyk het of nie!"
|
|
|
|
|