Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 209

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Oor die gebed

209 Ek gaan nou weer by hulle staan en sê: "Ek Self! Soos wat Ek teen die dode kon sê: 'Ontwaak uit die dood en leef!', so kan Ek ook net so doeltreffend, goed en regsgeldig vir julle sê: 'Wees rein en al julle sonde is vergewe!' en nou staan julle rein en sonder sonde voor My! Glo julle dit nou?"

[2] Jurah en Skabbi sê: "Heer, dit glo ons! Omdat dit met alles volgens U ewige, heilige raadsbesluit nou eenmaal tot verlossing van alle Judeërs en heidene so gesteld is, skenk aan ons arme sondaars U barmhartigheid en U kwytskelding en erbarming! O Heer, wees sowel nou as tot in alle ewigheid van die ewighede met ons en voortaan met die gees van almal wat reeds deur U tot die ewige lewe gewek is! Maar nou, Heer, staan ons toe, omdat ons U herken het en ons harte nou ook brandend van liefde vir U is, dat ons ons harte kan lug en U met `n vurige en berouvolle gemoed kan aanbid!"

[3] Ek sê: "Beste vriende en broeders, daar sal niks van kom nie! Julle het gelees wat My Gees deur die mond van `n profeet gespreek het toe hy sê: 'Die volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My!' En Ek Self herhaal dit vir julle: Elke lippegebed, van welke aard ookal, vervul My met afgryse!

[4] Gebruik julle verstand goed en met `n verstaanbare hart, doen aan elkeen goed wat julle hulp nodig mag hê! Ja, doen selfs aan jou vyande goed en seën hulle wat jou vervloek! Daardeur sal julle soos Ek wees, want Ek laat My son skyn oor die goeies en die boses en My ergste vyande word daagliks deur My almagtige Hand met weldade oorlaai. Slegs oor die ergste boosdoeners word My roede geswaai. Ja, Ek sê vir julle: Julle is almal kinders van My hart en broers van My siel. Bid daarom, as julle bid, nie soos die heidene en fariseërs met die lippe nie, deur middel van die vleeslike tong gevormde woorde nie, maar bid, soos wat Ek vir julle gesê het, in gees en in waarheid, deur lewende werke en dade van liefde aan julle naaste, dan sal elke woord in My Naam `n waaragtige gebed wees wat Ek altyd, vas en seker sal verhoor. Die gesug van die lippe verhoor Ek egter nooit. - Verstaan julle goed wat Ek nou gesê het?"

[5] Skabbi sê: "O Heer, U is tog baie anders as wat ons U voorgestel het! Wie sou U nie bo alles kan liefhê wat U eenmaal leer ken het nie?! U is die liefde en die grootste sagmoedigheid in persoon en hoe is U heilige leer eindeloos ver verwyderd van elke nag en duisternis en hoe verstaanbaar is elke woord tog uit U mond! Ja, nou glo ons eers volkome dat U waarlik die verwagte Messias is, en buiten U is daar geen ander nie!"

[6] Ek sê: "Baie goed, baie goed, beste vriende! Ek ken julle en lei julle op `n weg na My, soos die profeet Elia die gesegde gehad het: In die magtige storm was My Wil, in die vuur My Krag, maar in die sagte windjie is Ek Self. En so moes julle ook deur `n ontsettende storm en deur water en vuur gaan om by My uit te kom. Maar nou is julle by My en het My, die lankgesoekte, gevind. Hoe moeilik Ek egter vir menigeen te vinde is, tog is Ek, as Ek eenmaal gevind is, nog baie moeiliker te verloor! Hulle wat My in hulle hart vasgegryp het, word óók deur My vasgegryp. Wie my egter vasgegryp het, kan My wel weer loslaat, maar Ek sal hom tog nooit weer loslaat nie. Want My Liefde duur nie tydelik nie, maar ewig en wie Haar in sy hart opgeneem het, kan My nooit meer kwytraak nie! Want My liefde hou hom vir ewig vas in toom, dat hy in ewigheid nie meer heeltemal van My af kan wegdwaal nie. En so sal dit ook met julle gaan! Julle sal wel in omstandighede en wêreldse toestande tereg kom waarin dit vir julle ietwat moeilik sal word om My Naam te bely en die geloof vas te bewaar - want binnekort sal daar dinge gebeur, omdat dit moet gebeur, wat julle ten opsigte van My kleingelowig sal maak - , maar Ek sal julle op die regte oomblik egter weer versterk en die kamertjie van julle hart heeltemal verlig. Daarna sal julle terwille van My Naam nie meer in die versoeking kom nie, maar altyd in My Liefde en in My Krag bly.

[7] Maar nou nog iets anders! Julle sal weer na Persië gaan. Sodra julle binnekort weer daar sal wees, vertel julle waarheidsgetrou sonder toevoeging wat julle hier gevind het en wat julle tot verlossing van alle mense van die aarde almal oorgekom het! Op die wyse sal julle ook arbeiders in My wingerd word. Verkondig dit ook aan julle koning, sodat hy weet waarmee hy te doen het! Hy moet die swarte heidendom afsweer en nooit meer luister na die bedrieglike woorde van die magiërs, wat hulle priesters van God noem maar eintlik dienaars en knegte van die hel is. Ook moet hy die slegte apostels van Jerusalem, wat oor land en seë trek om van die heidene Jode te maak, uit sy land verdrywe. As hulle van `n heiden `n Jood gemaak het, het hy nog baie erger in diens van die hel getree as wat hy voorheen as heiden was. Langs sulke bekerings versprei die slegte apostels uit Jerusalem ook bose gerugte van `n ander aard, soos wat julle één daarvan aan ons vertel het wat betrekking gehad het op die wreedhede van die Romeine, waardeur julle julleself, uit vrees vir die Romeine, so ontsettend versigtig teenoor My gedra het!

[8] Om al die bose dinge te bestry, het Ek julle uit vele duisendmaal duisende mense uit julle land geroep om hierdie ligte taak op julle skouers te lê, waarvoor julle krag en middele ten oorvloede besit om dit te volbring! Julle loon sal eendag in My ewige ryk nie gering wees nie!

[9] Nou weet julle wat julle in My Naam te doen staan en daarnaas ook in die naam van die Romeine, wat daar skandelik belaster is. Laat dit julle nie aan goeie wil, vlyt en aktiwiteite ontbreek nie, dan sal ook Ek dit aan niks laat ontbreek nie!

[10] Maar nou sien Ek Markus na buite kom. Hy kom ons uitnooi vir die aandete wat vandag wel `n paar uurtjies later gereed is as ander tye, maar dit het gebeur as gevolg van die storm. Die hael het baie banke ietwat beskadig; die moes toe herstel word. Nou is alles egter weer heeltemal in orde en die ete is voortreflik en ryklik voorberei en dus sal ons onsself na gedane arbeid weer eers `n keer baie goed laat versorg!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205