Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Oor die op-skrif-stelling van Jesus se woorde.

18 "Markus, die môrerooi begin reeds die toppe van die berge te kleur, sorg jy nou daarvoor dat ons `n ontbyt kry, want op `n nugter maag kan ons nie na die vyf misdadigers toe gaan nie! Hulle sal wel baie teen ons te kere gaan voordat hulle genees word! Sodra hulle genees is, moet daar sout, brood en wyn gereed staan om hulle te versterk, want hulle sal na die genesing baie swak wees. Sout, brood en wyn sal hulle weldra krag gee!"

[2] Markus sê: "Heer, dit sal dadelik gehaal word!" - Toe gee hy dadelik opdrag aan sy vrou en kinders om alle hande in die kombuis aan die werk te sit om alles betyds gereed te hê. Onmiddellik verdwyn die vrou, die twee seuns en die vier dogters na die kombuis en ontplooi `n groot bedrywigheid; ook sommige van My leerlinge bied hul dienste aan en help vis skoonmaak, waarin hulle as vissers baie bedrewe was.

[3] Matthéüs en Johannes lees nou nogmaals wat hulle hierdie nag alles van My woorde opgeskryf het, waarna hulle egter tot die uitgeputte gevolgtrekking kom dat hulle, ondanks hul vlytige opskrywe, tog nog groot stukke uitgelaat het.

[4] Johannes vra My toe of Ek die ontbrekende aan hulle wil dikteer. Maar op `n wenk van My stel Rafael homself beskikbaar en voltooi alles in `n oogwink. En toe altwee van hulle hul aantekeninge daarna nog `n keer deurlees, vind hulle geen vermiste dele meer nie, en alles was heeltemal in orde.

[5] Ook Simon Juda bekyk die opgeskrewe gedeeltes deur en stel vas dat daar volgens hom niks verlore gegaan het van al die gesprekke en lesse wat in hierdie nag so rojaal, soos nog nooit voorheen nie, plaasgevind het nie. Ook die redding van die dertig is uitgebreid vermeld en die leerlinge is baie tevrede daaroor.

[6] Cyrenius vra of hy `n afskrif kon kry en wil diegene wat dit vir hom sou oorskryf `n goeie beloning gee!

[7] Toe staan Judas Iskariot skielik vooraan en bied sy dienste vir Cyrenius aan.

[8] Ek verbied Judas sy egoïstiese hebsug en sê vir Cyrenius: "Daar staan Rafael; laat hom maar skryfmateriaal kry, dan sal hy dit baie vinnig vir jou doen!"

[9] Cyrenius roep daarop sy bediendes, laat hulle vinnig `n behoorlike hoeveelheid ongeskrewe perkamentrolle bring en gee dit vir die bogenoemde doel aan Rafael, wat die rolle skaars aanraak en dan aan Cyrenius sê, terwyl hy die rolle vir hom teruggee: "U wens is al vervul; u kan die rolle nou laat vergelyk met die geskrifte van beide leerlinge om te sien of daar iets ontbreek!"

[10] Cyrenius bekyk die rolle en sien dat dit werklik heeltemal beskrewe is en hy verwonder hom natuurlik, omdat hy ondanks sy wysheid tog nie kon verstaan hoe dit so vinnig gebeur het nie.

[11] Die dertig fariseërs en leviete bekyk ook nou die rolle en die vroeëre woordvoerder, wat Hebram heet, sê: "Ja, wat ek nou hier sien en lees, is woordeliks wat hier bespreek was. Maar hoe dit vir die engel moontlik is om in `n oogwink verskeie rolle heeltemal korrek en goed leesbaar te beskryf, gaan ons niks aan nie en daaroor sou ek dan ook my hoof nie wil breek nie, omdat ek by voorbaat daarvan oortuig is dat dit niks sal oplewer nie. Want ons sterflinge sal die onsterflikheid eers dán heeltemal verstaan as ons eendag heeltemal onsterflik sal wees. En daarom sal ons die handelinge van die geeste ook dán heeltemal verstaan as ons eenmaal self algeheel suiwer geeste sal wees; maar in ons liggaam sal ons dit nooit kan doen nie.

[12] Daarom is dit beter om gladnie oor so `n verskynsel na te dink nie! Daar is tog sake en verskynsels in die natuurwêreld wat geen sterfling ooit heeltemal sal verstaan nie. En as die dwase mens daaroor sou gaan nadink, sou hy baie gou gek word! Vir die hemelse geeste sal dit sekerlik sondermeer duidelik wees en vir ons kan dit op die lange duur ook duideliker word. Maar sou ons dit nou dadelik wou verstaan, dan sal ons vinnig met ons gedagtes in `n knoop sit. Daarom kyk ek graag na `n wonderwerk, maar ek het geen behoefte daaraan om verder daaroor na te dink nie. Ook al sou mens werklik iets daarvan verstaan het, dan sou `n mens dit tog nie kon naboots nie en as `n mens dit nie kan doen nie, het `n mens ook tog niks aan `n halwe insig nie!"

[13] Cyrenius sê: "In `n bepaalde stoflike opsig het jy wel gelyk, maar vir die naboots het ek sekerlik geen belangstelling nie. Omdat daar egter in my ook `n onsterflike gees woon, sou ek juis in verband met my gees graag iets meer van die geestelike sake wou sien as met swaar geblinddoekte oë. My hele wese hunker daarna om uit die mond van `n wyse onder ons iets meer te wete te kom oor hierdie vinnige skrywery van die engel! Ek sal daarom probeer om die mond van `n wyse daaroor iets te laat sê, want wat óns daaroor sê, is niks anders as die dors van leë strooi nie. Ons kan sekerlik niks verstandig daaroor sê nie, terwyl die mond van die wyse ons dadelik verstom sal laat daaroor."

[14] Hebram sê, ietwat humeurig: "Dit is verseker, maar daardie verstom staan sal uiteindelik waarskynlik wel sy oorsaak vind in die feit dat ons dit wat die wyse daaroor sê, net so min sal verstaan as die wonderwerk self, sónder die verhelderende uitleg van `n wyse! Want om die wysheid te verstaan, moet jy self `n soort wyse wees. Al het jy hoe `n gesonde verstand, dan is dit op sigself tog nie voldoende om die wysheid tot in die kern te verstaan nie. Jy kry wel `n idee daarvan, maar nie veel meer nie. Die Hooglied van Salomo, wat `n wyse was, staan so te sê nog die naaste aan die gesonde, menslike verstand. As jy dit lees, dink jy dat jy dit ook verstaan. Gaan jy naderhand egter goed daaroor nadink, dan kom jy baie gou tot die uitgeputte oortuiging dat jy eintlik niks verstaan het nie! `n Voorbeeld sal jou laat sien wat ek bedoel!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205