Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die geloofsdwang van die tempel

7 Die fariseër sê: "Hoë gebieder, alles wat u sê, is so oortuigend goed en waar dat ons niks anders kan sê as dat elke mens met `n bietjie gees, deur vir één uur met u te verkeer, sigbaar meer vir sy hoof en vir sy hart sou wen as wanneer hy vir `n honderd jaar lank die domhede van die tempel sou aanhoor, wat uit niks anders as leë krete bestaan nie.

[2] Daar word wel baie geklets en nog meer geblêr, maar dit is net so sinvol as wat `n mens vir iemand sou sê: 'Vriend, was my hande en voete, maar pasop dat jy dit glad nie nat maak nie!' - En by die lesse wat in die tempel aan ons gegee word, word uitdruklik geëis dat `n mens dit baie aandagtig aanhoor en doen wat daarin gesê word. Maar waarom dit gedoen moet word, en watter betekenis agter die gegewe les skuil, daarmee mag niemand hom mee besig hou nie - want dit is geheime van God waar niemand, behalwe die hoëpriester slegs onder die seël van strenge geheimhouding, iets van naderby mag weet nie.

[3] Watter nut het die mens van `n leer waarvan hy die teks kan aanhoor, selfs moet aanhoor, maar waarvan hy maar nooit net één lettergreep mag verstaan nie?! As jy van so `n leer niks hoor nie, is jy net so ver weg!

[4] By God! As `n mens die godsdienstige sake van die mense eers goed bekyk, kom `n mens dikwels op dinge af wat elke volstruis te swaar op die maag sou lê! Want al is die mens meestal in hul ander doen en late bepaald nie so dom en duister soos `n maanlose, swaarbewolkte herfsnag nie, tog is hulle dit beslis honderdvoudig in hul godsdienste! Hulle heg óf dikwels geloof aan alle soorte boerebedrog sodat selfs `n hond daaraan sou walg - laat staan `n eerlike mens - óf hulle glo glad niks nie.

[5] O meester en gebieder, U kan U nie voorstel hoe dit baiekeer swaar op my gemoed was wanneer ek op hierdie manier aan die mense iets as goed en waar moes voorhou, wat na my vaste oortuiging `n groot leuen was nie. Ek kon myself dikwels van pure ergernis byna verwurg. Maar wat help dit? As die os eenmaal die juk dra, moet hy trek - of dit nou maklik of swaar gaan - anders val daar slae in oorvloed! Tydens my toesprake het ek dikwels stilletjies gedink: 'Wie van ons is nou die beklaenswaardigste os; ek, die prediker, of diegene vir wie ek preek?' En ek kon my nooit van die gedagte onttrek dat ek tog maar altyd die grootste en, eintlik noodgedwonge, die domste os was nie! Want my toehoorder kon, as hy `n verstandige mens was, my na hartelus agteraf uitlag en hom in die geselskap van sy vriende oor my verlekker; maar ek mog dit, in elk geval in die tempel, op straf van die vervloekte water na, nie doen nie.

[6] Daarom, hoë gebieder, sê ek: Weg uit ons midde met alles wat in alle erns suiwer van die duiwel is! Van nou af aan word ons werklik verstandige mense en sal in ewigheid aan geen enkele menslike domheid meer saamwerk nie, want dit is iets ontsettend om dienaar te wees van die domheid van die mense! Van nou af aan die wapens en die gesonde verstand! Alle ander hoort tussen die horings van die ou sondebok, wat mens met die vuur van regverdige ergernis moet doodmaak en verbrand. - Maar nou oor iets anders!

[7] Hoë gebieder, weet u miskien wat hierdie goeie menslike God egter sou wou hê, sou Hy ons vir `n kort tydperk van enkele dae by Sy leerlinge wil opneem? Want van Hom sou ons in die kortste moontlike tyd besonder baie kan leer! Dink u dat ons dit sonder enige gevaar vir Hom sou kon vra?"

[8] Julius sê: "Ongetwyfeld, maar ek weet ook baie goed dat Hy nooit enige stoflike loon aanneem nie, maar altyd slegs `n suiwer geestelike! O, Hy het ook nooit enige geld by Hom nie, en bly tog nooit iemand iets skuldig nie! Wie iets vir hom doen, vergeld Hy duisendvoudig op `n ander wyse. Want Sy Woord en Sy Wil is meer werd as die hele wêreld. Meer hoef julle nie te weet nie en julle kan nou doen wat julle wil!"

[9] Die jong fariseër sê: "Dit verheug ons, en u, hoë gebieder, baie dankie vir die lig wat u in ons hart laat skyn het, want nou weet ek verseker wat ons almal te doen staan en wat ons in `n sekere sin moet doen! Nou sal ons onsself dadelik in alle opregtheid na Hom wend en wat Hy sal sê, dit sal ons ook doen!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205