|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 196
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die meester ondervra die Perse oor die Messias
196 "Wat dink julle nou van die beloofde Messias, wat volgens die voorspelling van al die profete juis in hierdie tyd moet kom vir die verlossing van die Judeërs? Glo julle as verstandige mense werklik iets daarvan, of heg julle, soos vele dit tans doen, geen waarde aan sulke voorspellings wat vir die menslike verstand te mistiek gehou word nie?"
[2] Die afgevaardigde sê: "Verhewe vriend! Dit is `n uiters netelige vraag! Om heeltemal geen waarde daaraan te heg nie sou vir `n egte Judeër tog baie vermetel wees, - en om dit heeltemal ernstig te glo, is sekerlik ook `n baie gewaagde onderneming. Want `n mens kan daardeur vir die duistere bygeloof die deur wawyd oopmaak en op die manier vrye toegang daaraan verleen!
[3] Of heeltemal geen geloof nou beter is as die duistere bygeloof - of omgekeerd, die beslissing laat ek graag oor aan groter wyses as wat ek is. Maar my altyd nugtere verstand sê wel vir my dat heeltemal geen geloof aanmerklik beter blyk te wees as `n duister bygeloof.
[4] Want heeltemal geen geloof lyk na my mening soos `n pasgebore kind, of soos `n leë akker wat braaklê, waarin nog niks gesaai is nie. Die kind kan deur `n goeie opvoeding `n wyse man word, en in die akker wat braaklê kan elke edele vrugtesoort gesaai word. As die akker egter deur allerlei soorte onkruid oortrek is, en `n volwasse kind in allerlei dom dinge onderrig is, dan geluk dit glad nie meer met die ontwikkeling van die wysheid nie, of slegs baie moeisaam. En hoe moeilik `n akker van alle onkruid gereinig kan word, weet elke eerlike landbouer wat ooit besig was om die akker van alle onkruid te reinig, en vervolgens suiwer te hou! - Wel, verhewe vriend, dit is so ongeveer ons nugtere mening.
[5] Met betrekking tot die beloofde Messias sê ons nóg ja nóg nee. As `n egte wyse deskundige in die Skrif egter hierdie saak vir ons wil duidelik maak, dan sal hy vir ons as Judeërs en mense baie kan doen. As U enige houvas daaromtrent kan gee, vertel dit dan vir ons, ons sal U ewig dankbaar daarvoor wees!"
[6] "Dit is `n baie korrekte oordeel!" sê Ek aan die afgevaardigde. "Geen geloof is baie beter as `n duister bygeloof. Maar ondanks dit, sit daar tog `n paar kwaadaardige gewasse daaraan wat uiteindelik, wanneer dit maar eenmaal verhard het, net so moeilik is om te genees as om `n akker wat met onkruid oortrek is, skoon te maak.
[7] Die akker vol onkruid laat in elk geval nog sien dat sy bodem goed is, want andersins sou geen onkruid daarop gegroei het nie. Maar aan `n heeltemal braakliggende akker kan jy dit nie sien nie.
[8] Weet jy, as die sogenaamde wiskundig bepaalde, wêreldse verstand by `n mens eenmaal `n harde kern gevorm het, is `n geloof in iets suiwer geestelik, hoe verhewe en wys ookal, baie moeilik te verwesentlik! So `n verstandsmens wil uiteindelik alles wiskundig bewys sien. Van dinge wat hy nie kan sien en meet nie, wil hy heeltemal geen notisie neem nie.
[9] Oordeel nou self eers of dit dan by so `n mens met betrekking tot die aanneem van die suiwer geestelike ook nie `n moeilike saak is nie!"
[10] Die afgevaardigde sê: "Seker, verhewe en wyse Vriend! Maar `n mens mag tog wel daarvan uitgaan dat daar nie baie van die soort mense is nie, en hierdie baie sporadiese swaeltjies maak nog lank geen somer nie. Hierdie verstandelike geleerdes is egter uiteindelik tog baie toegankliker vir die waarheid as al die swarte helde van die duistere bygeloof, veral as dit `n geloof om dien brode geword het! Met so iemand is glad nie te praat nie, en hy probeer alles wat hom ook maar enigsins sou kan benadeel, met vuur en met swaard te vervolg. Dit ondervind ons van die kant van ons priesters af, vir wie geen middel nou meer te sleg is om daarmee hul snode bedrieërye vir vervolging te beskerm nie!
[11] Daarmee wil ek nie beweer dat die priesters ook maar enigsins glo in dit wat hulle die ander met geweld wil opdring nie. Want hulle motief is brood, baie brood en baie goud, silwer en edelstene. Maar die dikwels misleide mensdom glo dit tog, en dan nog met die weersinwekkendste en gruwelikste fanatisme!
[12] Wel, op so `n besete groep geloofsmense is selfs die mees starre verstandsmens tog enorm baie ver voor! Hy is in elk geval `n vriend van `n waarheid, ook al is dit dan `n erg starre waarheid, terwyl die werklik bygelowige mensdom elke soort waarheid afwys en liewer `n boomtak aansien vir `n aap as vir dit wat dit is.
[13] `n Vriend van die waarheid is tog altyd op die een of ander verstandige manier toeganklik, terwyl by die swarte bygelowige selfs niks gedink word aan `n net skynbaar verstandelike toeganklikheid vir die een of ander waarheid nie.
[14] Dat die sterk op die matematiese gerigte mense moeilik tot die suiwer geloof gebring kan word, is `n baie bekende saak. Maar as so `n mens eenmaal iets aanvaar het, ook al is dit maar as hipotese, sal hy dit ook rotsvas volg, en alles aan die werk stel om hierdie as `n soliede waarheid, indien moontlik selfs wiskundig, te bewys.
[15] Sal `n duistere bygelowige dit ooit doen?! Modder en werklike goud is vir hom dieselfde, en ek bly dan ook daarby staan dat heeltemal geen geloof baie beter is as `n geloof soos wat byvoorbeeld by ons gebruiklik is!
[16] Soos wat ons egter gehoor het, is ook die tempelpriesters in Jerusalem nou nie meer baie beter as ons Persiese priesters nie. Met die wonderbaarlike ark van die verbond moet al sedert lank iets aan die gang wees, want ons weet maar al te goed wanneer, en waar, daar vir die oue `n nuwe gemaak is. Natuurlik nie in Jerusalem nie, maar so diep moontlik by ons in die land van die Perse, omdat dit nie verraai moes word nie. Dit het hulle egter nie so baie gehelp nie, want hulle moes die Persiese kunstenaars uiteindelik vir hul swye, tienmaal meer betaal as wat die hele ark werd was, en die kunstenaars het dit later tog aan hul eie mense vertel, en hulle weer aan ons Judeërs. Daarom, verhewe Vriend, hou ons onsself rotsvas aan die leer van Moses, hoewel daar ook dinge voorkom wat in `n natuurlike opsig tog wel pure onsin is. Maar niemand weet om `n redelike verklaring daarvoor te gee nie, en daarom breek niemand hom verder die hoof daaroor nie. Maar die wet en die moraal kan in goedheid en wysheid nie oortref word nie, en niemand kan homself, selfs in sy helderste oggenddroom, iets wyser en beter bedink nie!
[17] Die deel van die Skrif noem ons dan ook alleen die goddelike. Al die ander, by name die profetiese deel, wat geen mens kan verstaan nie, gaan ons weinig of glad nie aan nie.
[18] Die beeld van Elia wat deur U uitgelê is, is weliswaar baie treffend en mooi met betrekking tot die verwagte Messias, wat hoogs waarskynlik maar net suiwer geestelik gesien moet word, - maar wat die ander profete daaroor voorspel het, is uiters misterieus, wat `n goeie uitleg benodig, en `n nog beter geloof, wat gelukkig glad nie meer by ons te vinde is nie!
[19] Ons vind dit gewoonweg prysenswaardig dat ons weinig of heeltemal geen geloof heg aan sulke buitengewone dinge nie. In stede daarvan glo ons des te intenser in die enige ware God, wat sonder enige twyfel deur Moses tot die kinders van hierdie aarde gespreek het!
[20] Maar veel van ons oortuigde, vaste geloof in God het ons ook aan Plato te danke, wie se geskrifte ons lees en navolg. Moses was prakties en het die lewensweg met skerp gemarkeerde lyne geteken; Plato is oor die algemeen gees en siel, en toon die siel aan die siel en die gees aan die gees. En dit almal by mekaar: Moses, Plato, Sokrates en `n aantal profete, in die regte lig beskou, goed verstaanbaar, noem ons die eintlike Messias. Hy sal van bo kom, vanwaar al die lig na die aarde toe kom, na die mense wat van goeie wil is.
[21] Nou, verhewe en wyse Vriend, het ek heeltemal aan U onthul hoe ons is, dink en voel. Dit is nou oor aan U, as U met iets beter bekend is, om dit aan ons mee te deel, as U dit wil! Wat is dan byvoorbeeld U mening oor die profete en oor die beloofde Messias?"
|
|
|
|
|