Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 153

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Rafael gee uitleg oor Messiasbeloftes

153 Rafael sê: "Maar dit was tog voor die hand liggend dat dit `n geestelike en geen letterlike betekenis gehad het nie! Dit het betrekking gehad op die Messias wat in die tyd moes kom, wat reeds deur alle profete, ja ook al deur Adam en Henog, netsoos deur Kenan tydens sy geestesvervoering, voorspel is!

[2] Die tyd het toe gekom waarin al die voorspellings vervul was! Sagaria het as laaste profeet op geestelike wyse voorspel oor die reeds plaasgevinde koms van die Beloofde, en julle het Sy liggaam daaroor gedood en het daardeur opnuut `n hegte verbond met die hel verseël, wat Kaïn, al vegtend met die vrome Abel, as eerste voor die blinde, domme en slegte mensdom geopen het.

[3] Maar dit kan die te blinde en te domme mensdom tog nie te erg aangereken word as hulle in hulle blindheid alle soorte gruwelike sondes begaan het nie, en daarom sal ook u, vanweë Sagaria, nie geoordeel word nie, en dit nog des te minder omdat u wel die misdaad al goed ernstig berou het, wat u ten goede gereken sal word. Maar nou is die vraag, wat sou u doen as u van aangesig tot aangesig met die Messias,wat reeds dertig jaar in hierdie wêreld onder die Judeërs rondwandel en leer, te staan sou kom, en wat u vyftig kollegas sou doen! Sou u Hom die verskuldigde eer gee, en Hom in u hart as die Een aanvaar wie Hy is?"

[4] Stahar sê: "Almagtige vriend, dit is alweer `n vraag waarby `n mens by die beantwoording heeltemal die mis in sou kan gaan! Wie is die erg mistieke, beloofde Messias? Waar is Hy? Wat wil Hy, en wat leer Hy? As jy dit nie weet nie, kan jy tog om JaHWeH se wil geen duidelike antwoord gee nie!"

[5] Rafael sê: "HY IS Hy waaroor Dawid sing toe hy sê: 'Maak die poorte hoog en die deure breed, dat die Heer van alle heerlikheid kan inkom! Maar wie is die Heer van die heerlikheid? Hy is JaHWeH Sebaoth!” Kyk, hierdie getuienis gee hy die Messias, wat Hom nou heilig, heilig, heilig in hierdie wêreld bevind in `n liggaam net soos ons!

[6] Maar as Dawid op hierdie wyse duidelik oor Hom getuig het, dan is u vraag daarmee beantwoord, en weet u nou goed wat u van die Messias kan verwag. Daarom eis ek nou ook `n duidelike antwoord op die vraag wat ek aan u gestel het!"

[7] Stahar sê: "As dit so is, wat ek binne my persoonlike sfeer gladnie wil betwyfel nie, vra ek egter: Wat doen ons dan met Moses, by wie tog ook goed uitdruklik en duidelik staan: 'Geen mens kan JaHWeH sien en tewens die lewe behou nie!”? Tewens vind ons in Moses `n formele verbod, van JaHWeH se kant af aan die groot siener, waarin daar staan dat `n mens God met geen enkele afbeelding, hoe verhewe ookal, mag voorstel nie! Maar jy sê dat die Messias, volgens die gesegde van Dawid, nou Self as `n mens In corpore (liggaamlik), dus volkome en in daardie vorm, rondwandel!? Hoe staan dit nou met die verbod van God aan Moses, wat moet daarmee gebeur?! Eén moet verval, hetsy Moses of jou Messias, want beide Moses en Dawid kan tog onmoontlik gelyk hê!"

[8] Rafael sê: "Nie Moses nie en Dawid ook nie! Want beide verkondig aan die mense die regte, goeie en ware! Moses het nie op bevel van JaHWeH gesê dat Hy nie te enigertyd as Mens onder die mense sou kan kom nie, hy verbied slegs om `n gesnede beeld van God te maak op die manier van die goue kalf. So sê JaHWeH ook aan Moses, dat niemand vir Hom as God of Gees sou kan sien en lewe nie. Dadelik daarna sê JaHWeH egter tog aan Moses: 'Kyk My na, - maar bly agter die rots!”, en Moses het die rug van JaHWeH gesien.

[9] Wat sou dit nou wil sê? Kyk, die rug van JaHWeH wat Moses sien, is nou juis die simbool van die menslik-liggaamlike van Hom, wat Self eendag voor die mense as die volkome Mens sigbaar sou word! Maar as dit nou só is, hoe kan `n mens Moses dan verwerp as `n mens Dawid se getuienis aanvaar?

[10] U het tog ook al reeds dertig jaar gelede die ou Ark van die verbond opsy gesit omdat die vuursuil en die rookkolom verdwyn het, en in plek daarvan het u daar `n nuwe, heeltemal materiële een neergesit! Dit was egter ook, sonder dat u dit verstaan het, `n getuienis vir hierdie tyd. Dit beteken dat JaHWeH nou nie meer slegs as Gees, bo alle materie verhewe, sweef nie, soos eertyds bo die nagtelike waters nie. Hy het Self die plek verlaat waar Hy Hom as Skepper en Vader maar moeilik en onduidelik deur middel van die gewekte siener voor die ander kinders herkenbaar kon maak. Hy het daarom Self in die liggaam van `n mens gekom en leer nou Self die mense, en bemoei Hom met Sy kinders!

[11] Sien u hier ook nie `n nuwe Ark van die Nuwe Verbond nie, waarvan die dooie nuwe een in die tempel slegs `n vermanende simbool is nie? Maar die geestelike lewe van JaHWeH, wat eers bo die ou ark gesweef het, het JaHWeH Self al dertig jaar gelede in die Godmens geplaas, en Hy is nou hier in die wêreld en leer Self die mense om Hom te herken!

[12] As dit nou so is, kan u dan nog sê: Om dit te aanvaar sal `n mens Moses of Dawid moet afwys?

[13] Ook staan daar geskryf: 'In dié tyd sal die hemele wyd oop staan en die engele sal opstyg en neerdaal na die mense wat van goeie wil is, en hulle sal vir hulle getuig van die vleesgeworde, ewige Woord, wat God Self is!” Dit gebeur op die oomblik voor u ore en oë! Wat wil en kan u dan nog meer vra?! Of dink u nog altyd dat ek slegs `n mens is?"

[14] Stahar antwoord, terwyl hy nou diep nadink oor die woorde van die engel: "Hm, dit is `n heel vreemde gewaarwording! Dit is sekerlik waar, en die waarheid straal uit elke woord van jou hemelse mond. Ek is nou bekeer. Dit gaan nou egter oor my kollegas, dat hulle ook kan bekeer, en dan gaan dit daaroor waar ons die groot Messias kan ontmoet om Hom Self te kan hoor!"

[15] Rafael sê: "Gaan heen en vertel aan u broeders dat ook hulle gelowig en salig kan word. Kom dan weer terug en verneem waar u die Mees Heilige sal kan sien en spreek!"

[16] Toe gaan Stahar dadelik na sy nog sombere vriende.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205